Kinders en wiskunde

Ja, daar is regtig mense vir wie Wiskunde moeilik is. Tog glo ek ‘n groot deel van die “moeilik” van wiskunde gaan oor wat kinders hoor: “Wiskunde is MOEILIK.” “Ek sukkel met wiskunde.”…

My kinders het ook kleintyd met storietjies by die huis gekom: “Mamma, ons doen nou treintjiesomme, en dis MOEILIK! 😯 ” Dan sĂȘ ek maar net “O?”

Vanmiddag, in mammatyd gaan stap ons, en gesels ons, en speel ons. Ek sal sĂȘ: “P, wat is 2+2?”… “4” … “en D, wat is 4+3?” … “7” … “en P, wat is 7 – 2?” … “5” … “en D, wat is 5-1?” … “4” … ens, en ons stap en maak die een som nĂĄ die ander. Op ‘n stadium sal ek sĂȘ: “Sjoe, ons doen darem lekker treintjiesomme, nĂ©?” … “Haai mamma, maar treintjie somme is dan lekker, dis dan nie moeilik nie!”

Dan, liewe vriende is jou kind vir wiskunde 80% gewen. Want treintjiesomme is nie moeilik nie. Eintlik is treintjiesomme lekker, dis ‘n speletjie, en ek kan dit maklik doen en ek kry dit maklik reg, so, Ă©k KAN wiskunde doen, so wiskunde is maklik…

So het ek elke wiskunde probleem wat by die huis opgedaag het, probeer hanteer, net sodat hulle in hulle koppies moet dink en glo: “Ek kan wiskunde doen, ongeag die soort wiskunde.”

Woordsomme is ook een van die soorte somme wat groot oĂ« trek. MOEILIK! Selfs EK het dit geglo, want iemand het dit ook vir my vertel. Woordsomme is moeilik. So, woordsomme het ek gereeld in ons alledaagse lewe ingebring. As die tafel byvoorbeeld gedek moet word, sal ek nie sĂȘ dat M die tafel moet dek nie. Ek sal sĂȘ: “Hier is vir jou ‘n woordsom. Ons is 5 mense wat moet eet, een mes en een vurk per persoon. Hoeveel messe en vurke moet jy uithaal?” Dis mos MAKLIK, man! Enige kind kan mos weet hoeveel messe en vurke sy moet uithaal, maar in haar koppie vertel haar onderbewussyn vir haar: Woordsomme is MAKLIK.

Dit kan ‘n mens toepas as jy winkel toe gaan, op enige moontlike manier in die alledaagse lewe. Want eintlik is woordsomme die ding wat ons heeldag doen.

Haal die pyn uit wiskunde. Dankie Lomi vir jou interessante blog-inskrywings waarby soveel kan leer.

Die ding is, as die kinders die maklike konsepte van kleintydwiskunde verstaan, sonder om ‘n bohaai daaroor te maak, snap hulle die moeiliker wiskunde van later jare net soveel makliker.

Ook maar net ‘n ma

Toorts

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding, Ouerskap en ouerleiding and tagged , , . Bookmark the permalink.

35 Responses to Kinders en wiskunde

  1. Manewales sĂȘ:

    Ek stem heel hartig saam. En wat daai woordsomme betref. Is ons alledaagse berekeninge nie almal maar net woordsomme nie? Maar skielik as dit op papier staan en almal vir jou wil wys maak dis moeilik dan lyk dit sommer moeilik!

    Like

  2. annie260264 sĂȘ:

    Toortsie, wat ‘n heerlike positiewe inskrywing!! Ek is ‘n wisk-juffrou, en dit het my altyd opgevang hoe ouers hul vrese vir wiskunde oorgedra het aan hulle kinders! “Ek kon self nooit wiskunde doen nie, so ek verstaan as my kindjie sukkel” – nee NOOIT man!!! Soos jy, wen ons hulle speel-speel!

    Like

  3. ddupl3ss1s sĂȘ:

    Dit het nou nie met die liefde vir Wiskunde te doene nie..maar ek het menigmaal al gesien iemand wat musikaal is (instrument bespeel of sang ) gaan loer maar hul is goed met syfers veral Wiskunde en natuurlik loop Medies ook nog en handvashou met daardie musikale siele – Bewys? nee nie juis nie dit was nogal vir my opvallend . Ek dink Van Oosterum –Operasangeres /tandarts . Jammer kan nie haar naam onthou.

    Like

  4. Werner Olivier sĂȘ:

    Goeie skrywe Toortsie,maar so eenvoudig is dit,na my mening nie,veral as ‘n Opvoedkundige Sielkundige vir jou kind aan die einde van sy Laerskool jare meedeel dat jy nie wiskunde nodig het vir jou verdere lewe nie.Dit is absoluut fataal en ek het gevoel ek kon haar verwurg.Dit daar gelaat.Toe ek in die destydse st 7 kom het ons ‘n oujong meisie gehad wat vir ons wiskunde gegee het.Sy het haar vak geken maar die aanbieding was verkeerd en jy het haar begin haat en die vak gelos aan die einde van die jaar.Agt jaar later moes ek daardie verlore drade optel en ek het dit suksesvol gedoen danksy my wonderlike Dosente wat ek gehad het tydens my tersiere studies.
    Goetnis.

    Like

    • Toortsie sĂȘ:

      Daardie Opvoedkundige Sielkunde het seker nie in haar dae wiskunde geneem nie en het tog reggekom. Ja, Almal kan nie wiskunde doen nie. Dit is wel so. 🙂

      Like

    • Toortsie sĂȘ:

      Werner, dit is dalk nie heeltemal so eenvoudig nie, maar dit het vir my kinders gewerk. Wat betref die Opvoedkundige Sielkundige se antwoord. Dalk is dit met ‘n kind wat regtig swaarkry in wiskunde, terwyl sy ouers sĂȘ jy Moet wiskunde neem. Ja, ek dink daar is ook ‘n plek in die wĂȘreld vir kinders/mense wie nie goed is in wiskunde nie. Ook hulle sal ‘n sukses van hulle lewe maak, so in ‘n mate stem ek met haar saam.
      Miskien was my kinders dalk wiskundig BAIE goed aangelĂȘ. Tog glo ek dat ek hulle deur stimulasie gehelp het om net NOG beter in wiskunde te wees. As ek opvoedkundige speelgoed gekoop het, was dit meermale iets in die lyn van wiskunde.
      Met my laaste kind was ek al lui wat die huiswerk aanbetref. Die juffrou het dit BAIE goed geweet. Sy sou net vir my sĂȘ: Mamma, ons doen nou Dit of Dat in wiskunde. Byvoorbeeld lang deel. Ek moes met haar dorp toe ry vir musieklesse. So, op pad dorp toe, soek sy ‘n stukkie papier. Dan sal ek in die lyn van wat die juffrou gesĂȘ het, vir haar eenvoudige somme gee wat sy dan moet doen. Met tyd maak ek dit moeiliker. Teen die tyd dat ons op die dorp kom, het sy al sommer ‘n klomp van hierdie tipe somme speel-speel onder die knie. As sy sĂȘ sy het nou genoeg gehad, dan hou ons op. Wat gewoonlik gebeur het, is dat sy die klas dan ver vooruit is, want sy doen dan sommer ‘n paar weke se lesse in een rit dorp toe. Dit het haar ongelooflike selfvertroue gegee, wat haar dwarsdeur matriek en selfs op universiteit gehelp het.

      Like

  5. Sjoe, sou nie omgegee het as jy my ma was. Ek was rerig altyd bang vir wiskunde en net gemeen ek is nie slim genoeg daarvoor. Nou weet ek wat om met die kleinkinders te doen …

    Like

    • Toortsie sĂȘ:

      Jongie, ek was ‘n KWAAI ma… vra maar vir my kinders, hulle boude het permanent gebrand. Maar doen dit gerus met jou kleinkinders. Kleintyd al. Hoeveel donkies sien jy? O gits, daar is dan nou een weg. Hoeveel sien jy nou? Of tel bietjie hoeveel bome staan in daardie laning. Goed daar’s 10 bome, hoeveel van hulle het blomme aan? So hoeveel is sonder blomme. Hoeveel hoeveel hoeveel, sodra hulle kan praat, dat getalle deel is van hulle lewe en bestaan en nie net van die wiskunde klas nie.

      Liked by 1 person

  6. vvuureoc sĂȘ:

    A little boy was doing his maths homework.
    He said to himself, “Two plus five, the son of a b!tch is seven.
    Three plus six, the son of a b!tch is nine…”
    His mother heard what he was saying and gasped, “What are you doing?”
    The little boy answered, “I’m doing my maths homework, Mom.”
    “And this is how your teacher taught you to do it?” the mother asked.
    “Yes,” he answered.
    Infuriated, the mother asked the teacher the next day, “What are you teaching my son in maths?”
    The teacher replied, “Right now, we are learning addition.”
    The mother asked, “And are you teaching them to say two plus two, the Son Of a b!tch is four?”
    After the teacher stopped laughing, she answered,
    “What I taught them was, two plus two, THE SUM OF WHICH, is four.”

    Liked by 1 person

  7. Ooooo nou het ek moeilikheid Ek het altyd vir die kin ders gesĂȘ ‘Daar is ‘n lewe na wiskunde!’ Ek dink nog steeds so 🙂

    Liked by 1 person

    • Toortsie sĂȘ:

      Daar is. Nie almal is wiskundig aangelĂȘ nie. Daardie mense doen iets heeltemal anders en maak ook ‘n sukses van hul leww.
      Ek het vir my dogter se skoolhoof gesĂȘ, toe meisiekind skeinat wou los, dat ek ook nie skeinat gehad het nie en tog anderkant uitgekom het.

      Like

      • Net so… en soveel hartseer kom van mense wat goed is in Wiskunde wat nie kan verstaan dat daar mense is wat ander net so belangrike ander talente het, maar nie Wiskunde kan doen nie . Menige kind het al nagte gehuil oor die wiskunde/wiskunde onderwyser

        Like

  8. jadeseden sĂȘ:

    Stem 100% saam. Ons het ons kinders dit ook so geleer, en weet jy ek is bevoorreg genoeg om my kliendogter elke dag by my te hĂȘ en leer haar op dieselfde manier… Wiskunde is haar geliefkoosde vak, en dit juis omdat somme speel speel van kleinsaf gedoen was… en so ook van haar ander vakke.. Mens moet net keatiewe manier vind om dinge te deel wat deel uitmaak van hul daaglikse skoolwerk en sorg dat dit die belangstelling behou… lĂȘ die fondament van kleins af en bou suksesvol daarop voort…

    Dankie vir die oulike skrywe. xx

    Liked by 1 person

  9. scrapydo sĂȘ:

    Baie goed gese en gedoen! Ek het ook as kind moes hoor hoe moeilik wisk is! My eerste jaar van skoolhou was n gekombineerde gr 1 en 2 klas. Kombinasies van 10 en tot 20 was belangrik! Juffrou(dis nou ek) Kon nie eers behoorlik optel en aftrek nie, Ek moes myself dwing om die kombinasies te “leer”. Juffrou moet mos d antwoord ken as sy skoolhou?! Dit het gemaak dat ek my kombinasies en tafels geleer het deur verskillende maniere te gebruik. Siedaar en juffrou kan self ook redelik wisk doen. Het tot my seun se basis goed kon le. Hy is vandag nog dankbaar dat ek hom die basiese elke dag gegee en geoefen het. Dieselfde met engels as tweede taal. Sy eng was beter as Afr net omdat ek hom die basiese dinge gewys het en mee gehelp het. Hang af of dit afgedwing word en of dit met plesier en alledaagse maniere gedoen word. Jy is n goeie ma Tien uit tien vir jou

    Like

  10. vvuureoc sĂȘ:

    Gelukkig kon my pa wys hoe. Hy was skriba ek kon sy vinger langs ‘n kolom rand en sent aftrek teen normale leesspoed en die korrekte totaal onderaan skryf. Die geheim … maak als sente en sit komma op die end terug.

    Moes nou die dag vir iemand verduidelik hoekom jy nie ‘n ongeskryfde toets as nul tel nie maar wel nul tel as antwoorde almal verkeerd was.

    Like

  11. Terug pieng: Hoe gemaak as jy nie professionele hulp vir jou kinders kan beskostig nie? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s