7 positiewe dae

Dis nou op hierdie stadium die in-ding om mense te “tag” vir een of ander positiewe iets. Ek is altyd opgewonde hieroor omdat ek weet dat dit positiewe denke bevorder,  ek skei sommer meer goedvoelhormone af, en in die proses gaan dit beter met my. Gelukkig is hierdie tagspeleties almal vrywillig.

Terloops, van “tag” speletjies gepraat, ons blog het die afgelope tyd twee toekennings gekry, die een was vir die mees bemoedigende blog, en Kameel het my vir die “Written Acts of Kindness Award” benoem. Syself was eers benoem, waarná sy my benoem het. Ek staan met ‘n rooi gesig. Weet julle, danksy my toerdery, is my lewe uiters deurmekaar. Baie baie dankie vir die toekennings, maar vergewe my dat ek nog niks daaraan gedoen het nie. Asseblief.

My sewe positiewe dinge was:

1)  OESTYD. Die besigste, rofste tyd van die jaar. Die tyd vwanneer ons die DANKBAARSTE is dat God ons gesaaides beskerm, gevoed, gereën het vir die hele jaar. Positief? God kyk na ons!

2) Om ‘n werk te hê, is ‘n geskenk van God. Daarom sal ek my werk met ‘n lekker hart doen, uit dankbaarheid aan God, sodat Hy daardeur geëer sal word en die mense aan wie ek verantwoording moet doen, tevrede sal wees. Só wys ek dat ek omgee vir God en ook vir die mense om my.

3)TALENTE, daardie wonderlike gawes wat God vir elke liewe persoon uitdeel, spesiaal uitgesoek, sodat ons dit kan gebruik, geniet, ontwikkel soveel soos ons wil. Tot voordeel van onsself en ook van ander. Tot eer van God.

4) Sport, en wel stap en draf, wat so ‘n ondersteunende sport is.

5) Sondag. Die dag wat God spesiaal vir ons mense gemaak het om te kan RUS. Die dag waarop ons kan stil word en aan ons verhouding met Hom en ook ons vriende en familie werk.
Mag ons almal ware dissipels wees wat daagliks Oorgee, Omgee en Aangee.
Oorgee aan God, Omgee vir ander, en die Goeie nuus van Jesus aangee sodat ander dit ook mag glo en beleef.

6) Maandag. Die eerste dag van ‘n splinternuwe week wat gratis vir ons gegee word. ‘n Hele week wat ons kan maak net wat ons wil, dit kan inkleur soos ons graag wil, selfs al het ons ‘n voltydse werk of vol program.  Wat ons met ons week doen en hoe ons hom volmaak is en bly ons keuse.

7) Ek is sommer net positief na ‘n goeie nagrus, positief oor die dag wat voorlê, ‘n dag waarop ek my beste sal lewer met waarmee ek besig is.
Mag julle ook ‘n wonderlike dag hê.

Toe, vanoggend, voeg ek ‘n nr 8 by: Hoe kan ek nie anders as om positief te wees as ek soggens die een na die ander mooi, eenvoudige, opregte gebed uit ons plaaswerkers se monde hoor nie? Sooo spyt ek het so laat in my lewe daarmee begin. Sooo dankbaar ons het wel dit begin doen. Sooo positief oor die Lig wat nog hiervandaan gaan skyn, die getuienisse wat uit ons werkers se monde van die een na die ander gedra gaan word. Jesus leef!, dis gewis!

Wat hieruit gevolg het, was:

Kan julle julle indink watter verskil dit sal maak as ELKE plaas, ELKE besigheid, ELKE kantoor waar daar Christene is, OOR DIE HELE WêRELD, elke oggend begin met ‘n kort Skriflesing en gebed?

Kan jy jou indink? Ek daag jou uit om dit te probeer.

Groete

Toorts

 

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 40 Dae van Positiwiteit, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

5 Responses to 7 positiewe dae

  1. scrapydo sê:

    Pragtige sterk positiew boodskap wat jy hier bring! Gedurende my skoolhou tyd van oor die 40 jaar het ek die voorreg gehad om elke oggend by die skool te kon open of te kon deel in die opening wat met skriflesing en gebed begin het. Die laaste 4 jaar was n privaat skool met geen godsdiens as vak of periode en tog is daar ELKE dag geopen voor ons klasse begin is.!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Tel jou seëninge tel hul een vir een, seëninge jou deur God geskenk….
    Wat ‘n eenvoudige maar doeltreffende manier om met arendsvlerke op te vaar.

    Like

    • Spokie sny spoor sê:

      Kameel, dan sou my pa verder gesing het:
      “… tel hul dikwels, tel hul een vir een, dan sien jy die Here laat jou nooit alleen…”

      Like

  3. Spokie sny spoor sê:

    Toortsie, ek kan sien jy is omtrent ‘n positiewe mensie. Vir jou moet mens in ‘n leeuhok vol depressiewe mense gooi. Jou liggie sal voorwaar tussenin skyn!
    (Ek sukkel nog steeds met my blogadres en het oor en oor probeer wat jy voorstel. Tydens kommentaarlewering vra hy nerens Url nie. Ek het die change onder ook probeer, het vanogg my dashboard deurgelees. Iewers mis ek net iets. Weet jy nie van stelling in dashboard wat kan help?)
    Hier is skrywe van my van vanoggend: http://spokiesnyspoor.wordpress.com/2014/10/22/vullisverwyderaars-van-die-natuur/
    Probeer asb link – sal jou graag op my blog wil hê.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s