Andrè

Vreemd dat die nuus oor Andrè se dood my so diep geraak het.  Ek onthou die man met die blou oë wat lief was vir my, en alles in sy vermoë gedoen het om my gelukkig te maak.  Dit is oor daardie man wat soos ‘n broer was vir my, dat ek sonder trane huil.  Andrè die alkoholis – met sy donker temperament wat die lewe hel gemaak het vir sy huismense – het ek nie geken nie.  Net daardie aand in die straat voor die huis wat hy vir my gebou het, het ek met sy donker kant te doen gekry.  Maar ek het hom dit vergewe, en so ook die jare van trane daarna.

Ek wens so dat almal by vergifnis sal uitkom.  Amiel met die wrok in sy hart teenoor ‘n pa wat vir die bottel gelewe, en hulle mishandel het.  Sy seun by sy tweede vrou wat reguit vir my gesê het dat “die man” nie sy pa was nie.  Bloed van sy bloed ja, maar nie ‘n pa nie.  “Ons sal die man begrawe, maar oor hom huil diè sal ons nie. My susters voel dieselfde”

Sy kinders het hom jare gelede afgeskrywe.  Dit is Timothy wat hom oor hom ontferm het, en deur die jare kontak gehou het.  Dit is ook Timothy wat hom uit ‘n tehuis vir haweloses gaan haal, en by hom ingeneem het.  Die bottel het egter te hard geroep, en hy is na sy broer toe waar hy Sondag oorlede is.  Dit is Timothy wat oor ‘n pa huil wat nie bloed van sy bloed nie.

So loop die lewe sy draaie.

Advertisements
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

19 Responses to Andrè

  1. perdebytjie sê:

    Sjoe,dis ‘n hartseer verhaal!

    Like

  2. scrapydo sê:

    Ek is nie n tranerige persoon nie(dis my groot probleem-gevoelloos na buite) maar nadat ek jou stuk oor Andre ook gelees het het my gemoed vol geskiet! Dit het my ook geraak omdat ek self ook met egskeiding, kind wat gedeel moet word, en ook Dubbele persoonlikheid gedrag te doen gehad het. Dan ook selfmoord. Ai die lewe loop maar draaie. Dit is hierdie jaar 18 Aug 21 jaar gelede en steeds kom die pyn weer op vreemdste tye! Die boek skryf help ook met heling. Dis hoekom ek elke Vrydag deurdruk met skryf sessies.

    Like

    • Kameel sê:

      Daar is defenitief heling in skrywe scrapydo. “Rachel weeping for her children” het 7 dele (dink ek.) Na elke skrywe het dit vir my gevoel ek lê oopgekerf; maar dit was goed om dit na die lig toe te bring.
      Sterkte met die skrywe van die seer pad wat jy geloop het.

      Like

  3. Net Ek sê:

    Sjoe dis hartseer.

    Maar mens verstaan albei kante se hartseer.

    Like

  4. Uit jou inskrywing lei ek af dat jy tog jou kinders kon terugvind en met hulle kontak het. Daaroor voel my hart bly.

    Like

    • Kameel sê:

      Toe ek besluit het om terug te staan sodat André kan ophou vlug met hulle, het ek my twee seuns vir 12 jaar nie gesien nie, of geweet hoe dit met hulle gaan nie. In hulle tienerjare het hulle kontak gemaak. Die volgende vyf jaar het ons ‘n redelike verhoudung opgebou. Ongelukkig het ons vêr uitmekaar gebly, en was die sien maar min. Amiel was negentien toe hy deur Timothy vir my laat weet het hy wil my nooit weer sien nie. Vir 21 jaar daarna was hy uit my lewe uit. ‘n Paar jaar gelede het hy op ‘n wonderbaarlike manier teruggekeer. Indien jy wil, lees “Die Verlore Seun” waar ek daaroor geskryf het.
      Dankie vir die inloer 🙂

      Like

  5. spokiesnyspoor sê:

    Ja – vergifnis bly die goue sleutel tot emosionele genesing. Klink my Andre was ook maar net ‘n produk van sy verlede, soos ons almal. Kameel – ek hoop werklik saam jou dat sy kinders sal kies om te vergewe, al is dit net terwille van hulself…

    Like

    • Kameel sê:

      Timothy het die grootste rede gehad om André te haat, maar hy het gekies om te vergewe, en loop vandag ‘n vry man rond. Ek bid dat Amiel – en sy ander kinders – ook daarby sal uitkom.
      Dankie dat jy kom lees het. 🙂

      Like

  6. Toortsie sê:

    Ja, dis die mense die naaste aan hulle wat die seerste kry.
    Maar dis ook ‘n MENS, gewoonlik ‘n seergemaakte mens agter die bottel. Gewoonlik ‘n liewe mens. ‘n Dierbare mens, wat vasgevang is deur iets groter as hyself.
    Sjoe, die lewe het soveel hartseer.

    Like

    • Kameel sê:

      Toorts, ek het hom geken voor die bottel en weet hoe ‘n pragtige mens hy was. Timothy het nie lank terug vir my gesê dat hy glo André se lewe sou anderste verloop het, het ek daardie jare besluit om te bly nie. Dit was nie uit verwyt gesê nie. Ek het niksvermoedend by Tomothy hulle gaan kuier, onbewus daarvan dat hy André uit ‘n plek vir haweloses gaan haal het. Ek kon my oë nie glo toe ek die ou ineengedonke mens sien, en ek hoor dit is André nie. Ek het my hand op sy arm gelê en probeer groet, maar hy het my hand weggestamp.
      Sy hele lewensverhaal is een van trane. As ek net kan weet of hy nou veilig is.

      Like

  7. Olga sê:

    Hartverskeurend, die liefde vir die bottel, pille of wat ook al. Sterkte Sally. Glo gerus dat hy veilig is.

    Like

    • Kameel sê:

      Dit is hartverskeurend Olga. Ek het twee van my dogters se huwelikke uitmekaar sien skeur deur dwelmverslaafde mans.
      Verslaafdheid is ‘n vloek in enige huis.
      Ken het ook vir my gesê hy glo André is nou veilig. Ek hoop werklik hy het uiteindelik rus vir sy siel gevind.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s