Ken het huistoe gekom; nie soos in naweekhuis toe nie, nee, hy is sak en pak terug. Dit sou aanpassing kos, diè het ek geweet. Hy is ‘n opgaarder, en sou van baie goed ontslae moet raak. Ek ‘n netheid maniak sou moes leer om bo-oor goed te kyk. Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan. Daar is min dinge wat die harmonie binne my so vinnig versteur as dinge uit hul plek uit.
Wel, die groot uitsorteer, regpak, en weggooi is gedoen. Dit was ‘n moeilike paar dae vir Ken; sentimentele dinge wat al veertig jaar ‘n pad saam met hom stap is van afskeid geneem. “Dit voel so seer soos daardie tyd toe ek my motorhuis laat gaan het,” sê hy. Om dit te verstaan moes ‘n mens daardie motorhuis gesien het.
Nadat alles uitgesorteer is bly daar ‘n swart tiksterstoel in die kamer agter. “En diè?” vra ek. “Dit is ‘n stoel,” sê Ken ewe droog. Met die woorde is die saak afgehandel; die stoel bly. Of dit nou my harmonie gaan versteur of nie, ons kamer het ‘n swart tiksterstoel bygekry. Natuurlik pas dit nie by die kamer se “prentjie” nie, maar watwou. Het Rika dan nie ewe bewoë na haar man se dood gesê sy wens sy het hom meer leefspasie in haar netjiese huis gegun nie?
Mens raak maar vas aan sekere goed.
LikeLike
Eienaardig dat nietige goed soos bv Ken se “cuff links” uit sy jong dae, soveel sentimentele waarde kan hê. Party dinge groei mos aan jou vas.
LikeLiked by 1 person
Mens moet mekaar ruimte gee,maar dis nie altyd maklik nie.Pragtige vertrek op die foto!
LikeLike
Definitief nie so maklik nie perdebytjie.
Dit is soos die sitkamer gelyk het voordat Ken gekom het. Sal maar nie ‘n “after” foto opsit nie 😉
LikeLiked by 1 person
afgetree? ek weet nie hoe ‘n mens kan ontslae raak en weggooi nie. V
LikeLike
Ja seegogga, hy het afgetree.
Dit is nie maklik om jou vingers oop te maak en te laat gaan nie. Veertien jaar gelede het ons van ‘n vierslaapkamer huis na die voëlnes, met sy een slaaolamer toe getrek. Alles, yskas, mikrogolf de lot moes gaan omdat dit te groot was. Net die oukas.met sy tafel, wakis, en singermasjien het saamgekom. En natuurlik die potte en breekware, en ‘n paar “odds and ends” Dit was ‘n hartseertyd maar as ek terugdink wil ek nie meer al daardie dinge hê nie.
LikeLiked by 1 person
ir my is dit baaaie moeilik….
LikeLike
En daar staan die rooi pot nog. 🙂
LikeLike
🙂 Dit is die lekkerste lekker om van jou te hoor Sonlig.
Ja, en daar staan die rooipot nog. Hy moet mos ‘n “statement” maak.
LikeLike
Ek is net bly jou Ken is veilig terug, dis die belangrikste – aardse dinge is van verbygaande aard. Ek glo dat 50% dinge in ‘n mens se huis gebruik jy nooit nie. Ek dink natuurlik hierdie bymekaarmaak-stories van ons is asgevolg van die ouer mense – na die tweede wêreld oorlog – wat alles so bymekaar gemaak het. My ma het alle botterhouertjies en leë botteltjies opgegaar … ek moes dit afleer. Moeilik!
LikeLike
Hello spokie 🙂
Jy praat groot waarheid. Die liewe aardse besittings waaraan ons so vasklou; die belangrikste is tog ons verhoudingslewe.
Ek moet bieg…. ek gooi ook moeilik ‘n mooi houertjie weg.
LikeLike
Versamel is maar menslik Die wegdoen en opruim is BAIE moeilik. Het steeds van my eerste skoolhou papierwerk oorgebring hierheen. Asof iemand daarin sal belangstel. Ek het wel my koerantuitknipsels waarop ek verskyn nou die dag aan my skryfgroep gewys!
LikeLike
Ons klou maar almal vas scrapydo. Daardie papierwerk is vir jou belangrik; dit is seker al wat saakmaak. Mag ek weet hoekom die uwe in die koerant verskyn het… en watse skryfgroep… dit klink heel lekker? Sorry as ek te nuuskierig is.
LikeLike
Was n bedrywige VLU lid in my dae. Deelgeneem aan kompetisies en op bestuur gedien. Later in bib gewerk en aktiwiteite gereel wat in koerant verskyn het. Hier het ek sommer onverwags op voorblad verskyn net as n algemene foto van Spring Festival! In ons plaaslike bib is daar verskillende groepe wat mens gratis kan bywoon. Die skryfgroep is elke Vrydag en ons skryf oor eie lewenservarings. Dis my 3de jaar wat ek dit doen. Ek het al n goeie versameling. (ek doen dit ook vir die engels. Het al baie verbeter ook)
LikeLike
Geagte Kameel ek wil amptelik aan jou n toekenning maak. Jy is beslis dit waardig. Besoek my blog, kliek op toekenning copy en paste dit in n pos. Gee dit vir iemand spesiaal wat dit sal waardeer.http://scrapydo.wordpress.com/2014/09/27/9301/
LikeLike