Met Tim op toer…

Met Tim op toer…
Ons was bevoorreg om deur een van ons verskaffers oorsee genooi te wees om hulle fabrieke te kon besoek. Dit was ‘n groep van 50 mense.
Wonderlik! Maar wat nou van my nuwe dieet? Gaan ek regtig so laf wees om met dieet te wees op ‘n toer waar drie ongelooflike maaltye daagliks voorgesit word, met net die beste? Wat van die harde werk wat ek vooraf gedoen het? Is dit nou sommer in die water gegooi?
Dis moeilik met so iets as jy op toer is, veral as jy in ‘n groep is en beslis nie die aandag op jou etery wil vestig nie.
Genadiglik stuur die organiseerders al die
spyskaarte vooruit en ek sien dat daar regtig geen rede is om tou op te gooi nie, elke ete is heel geskik vir ‘banting’. In elk geval het ek mos besluit dat dit ‘n leefwyse moet word, eerder as ‘n dieet.
Nou, ná die tyd kan ek eerlik sê dat ek dit so ver as moontlik volgehou het deur steeds alle gebak, rys, chips, aartappels, pasta en poedings nie te eet nie. Ja, in Duitsland het ek wel ‘n groot glas bier gedrink. Een dag het ek en my vriendin cocktails geniet, wat my die volgende dag laat lus kry het vir soetgoed.
Waar eetplekke dit toegelaat het, kon ek vra dat chips, rys of aartappels vervang word met slaai. Soms was dit nie toelaatbaar nie en dan het ek eenvoudig die stysel uitgelos,
en beslis nie honger gely nie.
Waar ek beslis oortree het, was met die hoeveelhede. Ons het BAIE geëet, beslis baie meer as by die huis. Drie groot etes per dag. Die ontbyt is sommer met ‘n kaasbord begin, gevolg deur salami, ham, aarbeie en room, met gebakte eiers of omelet om die ete mee af te sluit!
Wat gemaak as jy nie etes ingesluit kry nie maar van wegneemetes moet leef? Ook dit is uitvoerbaar, het ons die dae wat ons vir onsself moes sorg, gesien. ‘n Hamburger met dubbele patties kan sonder die broodjies bestel word met slaai. Mc Donalds se een pattie is ook voldoende, maar sit die broodjie eenkant. ‘n Worsrolletjie waarvan net die worsie geëet is, was ook heeltemal genoeg.
Dan is daar nog ook bv. ‘n hoenderslaai wat mens kan bestel. Tussenin eet raak mos met ‘banting’ ‘n rariteit, maar ‘n amandel hier en daar het goed gewerk.
Wat sê die skaal aan die einde van ‘n ryk en romerige toer? … Ek wonder of jul my gaan glo?
Soos in my vorige skrywes oor banting, aanvaar ek geen verantwoordelikheik vir enige persoon wat dit doen nie. Ek skryf hier my eie ervarings neer. Ek weet steeds nie of dit gesond is nie en raai almal wat dit wil doen aan om eers hul geneesheer te raadpleeg. Wat ek wel weet, is dat dit vir my werk. Ekself sal binnekort my bloed laat toets om seker te maak dat ek nie besig is om groot moeilikheid te veroorsaak nie.
Groete, Toorts
Heerlike dag 95

16 thoughts on “Met Tim op toer…

  1. Dit word ‘n lewenswyse; dit sien ek met my kinders wat gesondheidsbewus is.
    Sal jou nie vir koek en tee kan nooi nie; my koppies is weggegee en jy eet nie koek nie. 😉

    Like

  2. daar is so baie kontroversie hieroor, maar ek se mos – as dit vir jou werk, doen dit – as dit nie vir jou werk nie, moet dit nie doen nie. 😉 ek en my man doen dit ook en dit werk vir ons.

    Like

      1. exactly – dis wat my so irriteer. almal is geregtig om ‘n opinie te he – i’m all for it, maar mense voel die hele tyd dat hulle ons moet reghelp. i mean really – ek druk dit in niemand se keelgat af nie, so los my uit. en bygese – jy is geregtig op ‘n opinie, maar vorm eers die opinie na jy self behoorlik navorsing gedoen het. die goed wat mense se oor wat hulle assume dit is – ai tog, ek bly maar net stil en rol my oe stilletjies by myself. 😉

        Like

      1. Ag wat, solank jy net sparkle gaan niemand jou klere bestudeer nie. En jy lyk altyd pragtig as jy ‘sparkle’ ( en nou het ek vergeet; is dit sparckle, sparcle of sparkle? choose the right option))

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s