‘n hele week later…

Vandag is dit 8 dae sedert ek die GROOT besluit geneem het om “banting” te doen, d.w.s, om koolhidraatvry te begin leef.  Ek is beslis nie ‘n kenner op die gebied nie, ek weet nie of dit vir almal goed is nie, of dit enigsins goed is nie, maar wat ek weet is dat dit in my eie lewe ‘n hele omwenteling veroorsaak het.

Wat vir my, die kopmens, belangrik is, was om Tim Noakes se boek sorgvuldig deur te lees sodat ek presies kan weet HOE dit gedoen word, HOEKOM dit so gedoen moet word, en genadiglik het Noakes selfs uitgebrei oor die navorsing wat daaromtrent gedoen is en gedoen word.

Vir my werk die program en op hierdie stadium dink ek ek sal lewenslank daarmee kan volhou, om verskillende redes.

Anders as in die verlede, dink ek nie die heeltyd aan “wat kan ek eet” nie. Ek, wie myself as ‘n “grazer”, ‘n “weidier” geklassifiseer het, wei skielik nie meer die hele dag nie! 🙂 Dít alleen is al ‘n oorwinning! Ek voel nie heeldag lus vir iets eet nie, en om die waarheid te sê, ek voel honger ná ‘n behoorlike tyd, wanneer dit in elk geval al weer etenstyd is.

Ek het myself in hierdie week nie vergryp aan proteïene nie. Ek eet steeds tydens my hoofmaal dieselfde hoeveelheid vleis as wat ek voorheen geëet het. Dis net dat ek ook met my ander etes nou wel proteïen eet, en GROENTE by elke ete. Die groentedeel is die heel moeilikste van alles, die ONTHOUdeel, sien! 😉

Ek weet nie of die verskriklike hoofpyn wat ek die eerste 3 dae ervaar het, was as gevolg van die veranderde eetprogram nie, en of dit dalk as gevolg van hooikoors of verkoue was nie. Dit ís immers hooikoortyd in die Overberg!

Die naarvoel die eerste 3 dae… jaaaa… het my baie laat twyfel… en skielik was dit weg, terwyl die skaal my ekstra goedgesind was… nou is dit maklik, tot ek gaste kry… 🙂

Soos ek sê, ek het dit begin doen ter wille van die gewig, en hierdie week het ek fenominale resultate gesien. Ek besef dit kan nie vir altyd so aanhou dat ek so vinnig gewig verloor nie, maar ja, vir my is die resultate daar. Ek voel goed, ek kan met my oë ‘n verskil sien, en nee, dit is NIE ‘n kitsdieet nie. Eintlik is dit glad nie ‘n dieet wat jy volg tot jy maer genoeg is nie. Dis ‘n lewenswyse wat jy die res van jou lewe kan volg en gesond wees… aldus Tim Noakes.

Ek praat steeds net vir myself. Ek aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige ander persoon wat dit doen nie. Wil jy dit doen en twyfel sterk daaroor? Praat dan asseblief eers met jou dokter.

Groete

Toorts

Maerword dag 89

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER. (Kliek net op die HIER)

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 100 goedvoel dae, Banting, LCHF, Verslanking and tagged , . Bookmark the permalink.

7 Responses to ‘n hele week later…

  1. Ek moet ook dringend iets aan my eetpatroon doen

    Like

  2. Sonder om te diep in te gaan op HOE die toetsery werk, wil ek net se dat ek laasweek by n geleentheid was waar Dr Frans Kromhout met Applied Kinesiology, al die bekende diete getoets het. Bloedgroep, Weighless, Sureslim, Weight Watchers, Banting en HCG ondermeer. Applied Kinesiology is die enigste manier wat 100% akkuraat en sonder “undue influence” die waarheid getoets kan word. Die diete se toetsery sluit als daaromtrent in – suksesvolle gewigsverlies en algehele gesondheid daarvan. Banting was 2de beste en HCG eerste. Verdere toetsery het gewys dat Banting vir slegs 6% van die planeet se populasie nie geskik is nie en vir 89% van die res vd populasie is die UITERS voordelig om dit te volg

    Like

  3. scrapydo sê:

    Bly dit werk. Doet so voort!

    Like

  4. Zeppie sê:

    Vleisvreters…jip ek like dit

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s