Kopskuif

Om oornag te verander vanaf ‘n Hoë Koolhidraat, Lae Vet dieet na ‘n Hoë Vet, Lae Koolhidraat dieet is geen grap nie. Dis soos om van ‘n totaal westerse land te verhuis na ‘n totaal oosterse land, soos om jou geloof te verander.

Toe Tim Noakes die eerste keer bekend gemaak het dat sy siening oor eet verander het, het my man my dadelik daarvan vertel. Ons sien sulke dinge raak, ons is immers VLEISboere! Ons eet Vleis. Darem nie soos in sekere dele van die land waar hulle drie maal per dag vleis eet nie, maar ons eet rooivleis en baie daarvan. Rooivleis MET vet aan.

Toe manlief my daarvan vertel het ek net my kop geskud. Nee. My bloedgroep sê ek moet eerder BROOD eet, wat ek doen. Sien, eintlik eet ons die graagste sommer vleis en brood, of rys en vleis en aartappels. Dis hoe die boeremense eet! Groente is ‘n bysaak, dis te sê as ons onthou om dit te koop en voor te sit. Behalwe dat my bloedgroep eerder koolhidrate voorskryf, het ek nog ‘n soettand ook en is ek mos darem oor baie jare onderrig deur Weigh Less en Weight Watchers – sny die vleis, eet die groente, en veral by Weight Watchers het koolhidrate baie minder getel as die vette. Los die kaas! 😦 … Selfs die voedseldriehoek sê dat ons eerder meer koolhidrate moet eet.

Maar ek HOOR wat die mense sê. Suiker is GIF. Maar my maerwordprogramme WERK! Ek verloor MAKLIK ‘n klomp gewig… en tel dit net so vinnig weer op! 😦 Geen mens kan lewenslank kos afweeg nie!, of met ‘n lysie loop en neerskryf wat jy eet nie!

Iemand op die dorp verkoop een of ander program, wat ook op hoë proteïn geskoei is, maar saam daarmee moet mens dan produkte by haar koop.  NEE. ‘n Besliste NEE. Ek soek iets wat ek LEWENSLANK mee kan volhou, sonder poeiertjies en pille. Maar sy laat my tog dink: Ons eet dan so graag vleis! En eiers…

Wel, Tim Noakes beklemtoon dat dit NIE ‘n hoë proteïendieet is nie, jy haal slegs alle koolhidrate en suiker uit jou dieet. En jy eet DIEREproteïen, met VET aan. Geen laevetprodukte nie. Kaas. 🙂 Maar saam met elke ete eet jy GROENTE. Oeps.  En dis ook nie ‘n ooreetbesigheid nie. ‘n Goeie porsie vleis is so groot en dik soos die palm van jou hand, sonder die vingers.

Nou ja, koolhidraatvry in hierdie huis… geen meel (of minimaal meel)… geen suiker… geen brood… geen konfyt… … … ek mag weer BAIE eiers eet! 🙂 … en Avokado’s … en die lekker stukkie vet aan die vleis… en KAAS…

Ek leer nog!

Groete

vleistoorts

lekkereetdag 87

Disclaimer: Ek doen hierdie dieet op eie risiko. Dis beslis nie ‘n dieet wat ALMAL sommer goedsmoeds kan doen nie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige iemand wat hierdie lees en besluit om dit ook te doen nie. Dis jou EIE keuse en ek sou jou aanraai om eers jou dokter daaroor te spreek en ‘n verantwoordelike keuse te maak.

Toortsie se Bantingboerekosfaceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 100 goedvoel dae, Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged , , , . Bookmark the permalink.

34 Responses to Kopskuif

  1. MaanKind sê:

    Dis hopeloos te TE. Ek weier om te aanvaar lensies en wortels en appels en druiwe en grondbone en aartappels en graan is sleg vir jou. Waarom sou daar ertjies op aarde wees? Ons was nog nooit oorgewig nie, is gesond en eet gelalanseerd met niks uit pakkies nie. Ook nie verwerkte kos nie. Ons eet vleis en groente en vrugte en kaas en min verfynde voedsel. Nee wat. Jou brein het koolhidrate nodig en jou dikderm die vesel.

    Like

  2. seegogga sê:

    Welcome to the club…
    Eintlik eet ek baie lekkker maar ai, ek mis daardie lekker tjips en gebakte aartappels. Nee ek probeer ni maer word ni. Maar as jy diabetes het, mag jy ni suiker stysel en sommer alles wat lekker is eet ni… ma ek wet soveel vrugte as wat ek wil-dis immers spesiaal gemaak om geeet te word. Die gesondste kosvop aarde en moeniw dat iemand jou anders vertel nie.

    Like

  3. scrapydo sê:

    Ai die liewe etery! My rolletjies sit ook maar vas. Ek het die afgelope tyd meer chinees geeet en die genoodle met alles, hoofsaaklik eiers, bietjie rouerige vleisigheid en so min groente as moontlik het my ingewande aan die protesteer. Nou het ek weer my normale eet begin. Vleisie, aartappels/rys, genoeg vars groente en sie daar, dit gaan sommer weer amper normaal hier.

    Like

  4. seegogga sê:

    Welcome to the club…
    Eintlik eet ek baie lekkker maar ai, ek mis daardie lekker tjips en gebakte aartappels. Nee ek probeer ni maer word ni. Maar as jy diabetes het, mag jy ni suiker stysel en sommer alles wat lekker is eet ni… ma ek eet soveel vrugte as wat ek wil-dis immers spesiaal gemaak om geeet te word. Die gesondste kosvop aarde en moeniw dat iemand jou anders vertel nie.

    Like

  5. Kameel sê:

    Ek weet nie wat is die ergste nie… om te eet om gewig te verloor, of om te MOET eet om nie gewig te verloor nie. Sterkte met die afskud van die ekstra rolletjies.

    Like

  6. seegogga sê:

    soms dink ek ons vrouens 9 en ek sien dit by amper almal) is te beheb met hulle gewig. ons is veronderstel om geleidelik effens gewig op te tel soos ons ouer word. Dis normaal. Die super maeres het osteoperose ens. Jy is tog fiks, Toorts en loyk pragtig, nie oorgewig nie.

    Like

  7. Son sê:

    Mens moet minder inneem as wat jy uitsit. Punt. Ek het dit die afgelope jaar geleer. En ek eet steeds wat ek wil en drink twee suiker in my koffie. Maar MATIG.Ek byt maar moeilik aan enige dieet foefie. Lang jare se sukkel met my gewig het vir my geleer daar is net een regte pad.

    Like

  8. Sonlig sê:

    Ek was toevallig gister by my huisdokter en ons gesels oor die Tim Noakes dieet-golf. Sy vertel my dat haar pasiënte se cholesterol die hoogte ingeskiet het. Wat niemand ingedagte hou nie is dat die dieët ontwerp is vir uiters aktiewe sportmanne en vroue wat die vet vinng genoeg kan verbrand, want die koolhidraat as energiebron word nou vervang deur die vet as energiebron. Tim Noakes het egter ‘n agterdeurtjie oopgehou deur te sê dat die dieët nie vir almal geskik is nie. So wanneer almal oor ‘n jaar of so met ernstige hoë cholesterol lesings sit, sal hy darem nie aanspreeklik gehou kan word nie.

    Ek stem saam met die kommentare hierbo. Bietjie van alles, matigheid voor oë en “output must exceed input”. As jy daai stukkie melktert geniet het, gaan loop maar daai ekstra paar kilometers. Die vars lug sal jou kop ook sommer skoonhou!

    Like

    • Toortsie sê:

      Dankie vir die waarskuwing. Ek sal beslis die entjie gaan stap! Ek glo ook om nie die vleis ding te oordoen nie. Ek eet nog amper soveel vleis soos altyd, net ekstra eiers in oggend. En is lief vir my stappie.

      Like

  9. Terug pieng: Meel | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  10. Terug pieng: 2 uit 156 | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  11. Terug pieng: ‘n hele week later… | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s