My droom sitplek

Die week se uitdaging gaan oor jou gunsteling sitplek.

Annie se sitplek
Annie se sitplek

In my geestesoog het ek altyd ‘n rustige tuinhoekie gesien waar ek kon teedrink, gesels of lees.  Maar dit het nooit realiseer nie.  Tussen die mielielande het ons swartryp gekry, dus was ‘n welige tuin met rankplante net ‘n droom.  Hier in die stad het ek weer kom tuinmaak maar van my hoekie het niks gekom nie.  Die wêreld loop afdraande, dus is die voëlnes bokant die tuin gelig.  Ek het darem in die hoek van die tuin ‘n gesellige hoekie probeer maak, maar helaas my kennis om teen ‘n aftraande tuin te maak het my liederlik in die steek gelaat.  Vir die eerste paar jaar het my tuin elke jaar grond en al weggespoel.  ‘n Paar struike waaronder die Icebergs ook tel, het manmoedig bly staan, en blom vandag nog welig voort. images (1)

My slim plan om ‘n volgroeide birch te laat plant, en daaronder ‘n bankie met ‘n voëlbak neer te sit, werk toe ook nie uit nie.  Die man wat die boom moet plant skud sy kop toe hy die plek sien waar die boom moet kom.  Daar is nie ‘n manier waarop hulle met ‘n trok tot daar kan ry nie.  Hy stel ‘n kleiner boompie voor, maar hy vertel my nie hoe klein nie.  Ek gaan koop ‘n bankie en voëlbak, en wag in spanning vir my boom.   Die boom blyk toe een te wees wat jy in ‘n kwekery kan koop, en met jou een hand kar toe dra.  So groot is my verbasing dat die man my of uit skuldgevoel, of uit jammerte R100 – wat toe nog geld was – afslag gee op die plaas se prys wat hy my vra om die “boom” te plant.  Laat ek sommer byvoeg… Ken was nie beindruk nie.

Die boom het skaars tyd gekry om sy wortels te vestig, toe besluit skoonseun hulle om aan te bou.  Alhoewel die birch nie direk in die pad gestaan het nie, was dit heel duidelik dat hy nie plek sou hê om sy takke te sprei nie.  Hy het egter nie die aanbouproses oorleef nie.

My laaste probeerslag vir ‘n rustige hoekie was op die dek, maar dit was gou duidelik dat geen potplant die hitte gaan oorleef nie.  Alhoewel my hart altyd sal hunker na ‘n mooi rustige hoekie in die tuin, het ek nou vrede gemaak met my relaxer.  Voete op lag, kuier, lees, en “werk” ek op my “laptop.”

6 thoughts on “My droom sitplek

  1. O ja, ‘n lekker tuinsitplek is goud werd. Klink egter jy moes redelik met die elemente veg! Ons het ‘n berk in die tuin met twee stamme. Dalk is dit twee bome, ek kan i.e.g. nie sien waar die stamme skei nie, dis toe onder struike. Die een se stam is mooi oop en wit, en die ander is toe onder klimop, tot hooooog. Dit is die woonstelblok vir die hordes vinke, mossies en watookal se voëltjies in ons tuin. Dis ook die boom waaronder ons krimpvarkies nes gemaak het in die bosse. Toe ons in die huis ingetrek het, het die eienaar gesê, ons kan enige iets aan die tuin doen, maar die berk(e) moet bly. Dis die beste deel aan ons tuin, ek sal dit vir niks verruil nie.

    Like

    1. Ag dit klink soos ‘n stukkie paradys. Sit vir ons ‘n foto op asb. Ek gaan seker vreeslik jaloers wees, veral oor die voëltjies waarvan daar maar min hier is.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s