Wat baie sterk aanbeveel word by Victoria Falls, is ‘n aand by die Boma. Dis ‘n kulturele belewenis.
As jy daar aankom, word ‘n doek Afrikastyl om jou gebind. Dan word jou hande gewas en kry jy ‘n blikemmer vol tradisionele bier…
Kleurvol, met tradisionele musiekvertonings. Die kos is uit die boonste rakke, met onder andere krokodil, skaap, varkworsies, vlakvark, eland, mopaniewurms op die spyskaart. Dis ‘n buffet en jy kan eet en eet en eet…
Intussen loop die tradisionele geneser rond om sy geheime drankie te verkoop, die fortuinverstller soek kliënte en die gesigte word ingekleur.
Dan word die dromme uitgedeel en speel die hele saal vol mense saam op die dromme… en dan tot laataand…
Tradisionele Toorts
Lekker dag 84
Het jy jou wurm sertifikaat gekry?
LikeLike
Nie eens probeer nie. Ek is ‘n ouma, onthou! Een van die Aussies in die groep sê dit smaak lekker. Sy het duidelik te veel malariapille gedrink!
LikeLike
Ek het ook nie maar my sus is trots op haar sertifikaat
LikeLike
Ha ha vir jou vorige antwoord! Ook maar chicken! Ek het my sertifikaat gekry. Nie te sleg nie! Dis n belewenis die tradisionele aand. Het my gate uit geniet met die dromme. Bly jul geniet dit so, is beslis die moeite werd.
LikeLike
Dit klink nogal na daardie Afrikatroue waar ek jou gaan soek het toe jy laas Australië toe was 🙂 Hoe het ek dit met jou Toorts…. wil nie bundgy jump nie… wil nie wurms eet nie…..? Het darem naby die renosters gekom!!!
LikeLike
.. renosters… olifante..
LikeLike
As die mopaniewurms soos hoender proe, is dit groente. Ons doen groente net uit selfverdediging.
LikeLike
Sjoe, lyk interessant. Sal kom dromme speel as ek nie hoef te eet nie (nee, ook nie mopaniewurms nie, en dis nie omdat ek nie kan nie 😉 )
LikeLike
Daar’s lieflike slaaie ook.
LikeLike