E-boeke

Hoe koop julle e-boeke? Waar koop julle e-boeke?

Ekself koop meestal by Kalahari (Takealot). Dis waar ek destyds my Gobii gekoop het en daar het ek aanhou koop. Dis vir my die maklikste. Kindle gebruikers koop seker weer meestal by Amazon. Ongelukkig is Kindle en Kalahari nie versoenbaar nie, of is dit deesdae?

Noudat ek ‘n Samsung Tablet het, behoort ek beide te kan aflaai, maar het nog nooit probeer nie. Eintlik wil ek nie al wat e-leser is op my tablet aflaai nie, dan lê die boeke ook die hele wêreld vol.

Nog ‘n vragie. Is daar plekke waar julle goedkoper e-boeke kan aflaai? Hoe vergelyk Kalahari en Kindle se pryse vir dieselfde boek?

Iets waaroor ek soms wonder en nog nooit probeer het nie, is of mens, as jy in ‘n regte boekwinkel staan, ‘n e-boek by hulle kan koop. Of kan jy net regte boeke, harde kopieë, by hulle koop? Maak hulle al voorsiening vir mense wat eerder ‘n e-boek verkies, of moet jy dit dan op hulle webblad koop? As hulle wel e-boeke in die winkel self beskikbaar het, laai hulle dit dan sommer in die winkel af, of is dit op ‘n CD?

Wie ken die antwoorde? Wie kan help?

Dankie!
Toortsie

Lekker leesdag 79

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se faceboekblad

Toortsie by Finesse: Net drie dinge kan jou hele lewensuitkyk verander

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 100 goedvoel dae, Boeke en flieks and tagged , . Bookmark the permalink.

19 Responses to E-boeke

  1. Kameel sê:

    Die beste mens om te vra is vir MaanKind. Ek het Kinkle en koop by Amazon.
    Indien jy dit nie weet nie hierdie inskrywing is driekeer geplaas. Miskien het dit vermeerder soos dit oor die water aangekom het 🙂

    Liked by 1 person

  2. melouisef sê:

    Fluister ek laai eboeke gratis van die internet AF! Daar is n app vir kindle boeke op jou tablet. En jy kan die formaat van eboeke oorskryf om jou te pas!

    Liked by 1 person

  3. melouisef sê:

    En nee boekwinkels verkoop nie eboeke nie! Net die van papier!

    Like

  4. alleman sê:

    EK het ‘n broertjie dood aan Amazon – hulle dryf SA se boekwinkels uit besigheid uit, maar betaal nie eers belasting in SA nie.
    Hulle behandel ook hul eie werkers baie sleg. Kyk byvoorbeeld http://www.salon.com/2014/02/23/worse_than_wal_mart_amazons_sick_brutality_and_secret_history_of_ruthlessly_intimidating_workers/

    Ek het eenkeer ‘n boek by myafrikaans.com gekoop, en was baie teverede.

    Like

  5. Korrelkop Kahuna sê:

    Ek het nog nooit ‘n e-boek gekoop nie. Ek skimp net liggies by die een wat gehoorsaam moet word, en die boek “verskyn” in my inboks. Ek weet wel dat e-boeke net aanlyn gekoop kan word, dat daar duisende gratis titels is wat afgelaai kan word, en miljoene titels wat agter van ‘n lorrie afgeval het…en dat daar sagteware is om omskakelings te doen van .mobi na .epub formaat.

    Like

  6. Ek sukkel nog om die groot stap te neem … die papier ding is vir my tog al te lekker

    Like

  7. Kelkiewyn sê:

    Ek koop buitelandse boeke by Amazon en Suid-Afrikaanse boeke by Kalahari. Die nadeel van die Kindle app op my iPad is dat ek nie my boeke volgens kategorieë kan rangskik nie. Mens kan dit net op ‘n Kindle self doen.

    Google bietjie DigitalBookSpot. Hulle bied daagliks ‘n paar kindle boeke gratis aan, ook kinderboeke. Ek dink dis om die customer reviews en leserstal op te stoot. Daar’s baie junk boeke, maar so nou en dan ook iets interessants. Maak net seker dis wel gratis voor jy op “Buy now with 1-click” kliek. Soms het die gratis aanbod al verval.

    Like

  8. jadeseden sê:

    Ek lees graag e-boeke op my Samsung Tablet, maar het ‘n e-reader ook. Ek laai soms gratis boeke af maar soos Maankind en Kelkiewyn koop ek ook e-boeke op genoemde plekke.

    Hier is ‘n link na Engelse e-boeke wat jy kan aflaai. Registreer en jy kan 5 boeke per maand gratis aflaai en hulle het ook ‘n betaal opsie.

    Ding is net jy sal maar moet sif deur die boeke, maar op die ou einde kry ek wel boeke wat ek graag wil lees.. Ek hoop dit help so bietjie.

    http://www.Free-eBooks.net

    Lekker lees en kom vertel ons goeie boeke raakloop.

    Like

  9. Woef-Woef sê:

    Ek “koop” net gratis boeke by Amazon. Is ingeskryf op ‘n paar e-nuusbriewe wat die gratis boeke se inligting daagliks na my stuur. Ek het aan die begin te veel ge”koop” en het nou so baie dat ek selde nog boeke gaan by”koop.” Al die boeke wat ek “koop” word normaalweg verkoop, maar is skielik op ‘n dag gratis, net vir daardie dag. Dit is oor die algemeen goeie boeke en ek kla niks. Ek laai ook soms boeke by Free e-books.net af en het al baie goeie boeke daar gekry. Op hierdie stadium kan ek nie regtig bekostig om boeke te koop nie. Die program waarmee jy boeke kan omskakel is Calibre. Google dit en laai dit op jou rekenaar. Ek moet sê dat boeke wat redelik swaar is, moeilik vanaf pdf formaat oorskakel na .mobi en dat dit nie altyd so glad lees nie, maar mens leer om bo-oor die “flaws” te lees. Die probleem is basies dat dit die inderskrif wat in pdf verskyn in die middel van jou Kindle bladsy plaas en jy moet leer om by dit verby te lees.

    Like

  10. seegogga sê:

    Baie geldige vrae. Net jammer ek het nog nie e-boekleser nie. Maar ek lees wat julle alles se en as ek eendag een het is ek op datum! MyAfrikaans gee gereeld besprekings van nuwe boeke op die rak en is stelsematig besig om alle ou Afrikaanse boeke ook in E-boeke oor te sit.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s