Control freak?

Ek hoor dat ek ‘n control freak is en lê ‘n hele nag wakker daaroor. Ek? ‘n Control Freak? ‘n Beheervraat? Ek doen nogals baie selfinspeksie, maar hierdie een het my nog nooit laat wonder nie.

Ek vra op faceboek wat ‘n control freak is. Die antwoorde kom so stuk-stuk in…

1) As jy die een wil wees wat in beheer is van alles… Ja, ek weet dit is wat ‘n beheervraat is, maar val ek in daardie kategorie? Wat wel waar is, is as iets my verantwoordelikheid is, en die moeilikheid na my kant toe gaan kom, wil ek in beheer daarvan wees. Ek gee glad nie om as iemand anders in beheer is nie, maar dan wil ek nie die moeilikheid kry nie.

2) Wanneer jy wonder daaroor is dit klaar te laat!!! Haha lol   😯 oeps… toemaar ek vat dit van wie dit kom, met ‘n knippie sout en al. 🙂

3) Jy is ‘n control freak wanneer dit ALTYD “your way” or “no way” is….  Nee, ek hoop nie dis ek daai nie. 

4) Wanneer my die nek is wat draai waarheen en wanneer jy wil… 🙄 … nou kom jy darem naby aan die vel…  Ek sê jare gelede vir ‘n vriendin dat ek so bang is ek probeer my man beheer. Sy antwoord toe dat hy hom nie sal laat beheer nie. Net vir die rekord, hy is ‘n nommer 8, hoor! ‘n Uitstekende bestuurder. Maar ja, ek is soms die nek, kry dit nogals reg. Eintlik dink ek ek verdien ‘n medalje daarvoor! 😉

5) Wanneer mens eintlik ‘n freak is maar jou moet control tussen ander gewone mense.  As ek nou myself moet ontleed, dink ek, HIERDIE EEN is in die kol! 🙂 Sien! Facebook maatjies weet die beste.

My vraag is: Wanneer is jy ‘n beheervraat? Die beheervrate waarvan ek die meeste weet, is sommige mammas wat hul kinders nie ‘n sekonde uitlos om self iets te waag nie. Trippel, trippel, trippel. Net in hierdie week het ek ‘n program op RSG gehoor: “Maak jy jou kinders groot, of laat jy hulle grootword?” … Ek is mos een vir die opvoeding. En weet julle wat sê die persoon? Presies wat ek glo: Jy moet jou kinders GRENSE leer. Ek sê altyd dis soos ‘n groot sirkel. Die grens is die sirkel. Daaroor trap jy NIE. Maar binne die sirkel mag jy maak net wat jy wil. Soos kinders ouer word, word die grense verder gestel, sodat, as hulle eendag groot is, hulle op hulle eie voete kan staan.

Is jy ‘n beheervraat as jy dit wat jyself opgebou het, met alle mag wil beskerm? Is jy ‘n beheervraat as jy nie ander op jou rekenaarprogramme toelaat nie omdat dit al soveel keer opgefoeter is deur ander? Is jy ‘n beheervraat wanneer jy dit werklik goed bedoel vir jou huwelik en jou gesin?

Ek sal graag wil hoor, wat dink julle, wanneer is jy ‘n beheervraat?

Groete

onbeheerdetoorts

ampergoedvoeldag 73

Dissipline – te veel of te min?

Sekuriteit vir kinders

Kinderveiligheid

12 thoughts on “Control freak?

  1. 🙂 Ek moes lag vir die een, want binne my grense voel ek nie soos ‘n beheervraat… maar dan ek moet erken, my self gediagnoseerde “OCD” val dalk binne die radius wat my ‘n beheervraat maak… Ek delegeer, en sorg dat elke een sy lewe reg bestuur ten opsigte van die opvoeding wat hulle ontvang… En dan as ek sien hoe my kinder blom in die buite wêreld na groot word… is ek trots op die feit dat ek my kontrole so kon uitoeffen dat hulle susksevol, goeie, opregte, liefdevolle wensens is, dan voel ek trots om hul ma te wees. En ek voel vere of iemand my ‘n “control freak” noem of nie.. elke mens is uniek! Bravo!

    Like

    1. Moenie dit sê nie!!! 😯 Dalk is ek ook in ander se oë ‘n beheervraat.
      En ja, soos jy sê, jy stuur jou kinders met trots die buitewêreld in. Elke ma (elke mens) bedoel mos maar net die heel beste!! 🙂

      Like

    1. 🙂 Iemand het nou by my by faceboek geskryf: Jy hou die leisels van almal en alles in jou lewe. A heavy,heavy burden to carry.
      Nee! Ek is NIE ‘n control freak nie. 🙂 Behalwe natuurlik die ding van die nek…

      Like

    1. Olga, ek is ook ‘n beter volgeling. Wat my vies maak is wanneer die wie altyd lei, dan met sulke strooi stories kom dat iemand anders ‘n beheervraat is… gmf

      Like

  2. Ek is beslis net n volger maar kan tog beheer ook! Ek het hier n “vriendin” leer ken wat regtig n control freak is.Alles, maar soos alles moet deur haar voorgestel en volgens haar manier gedoen word. Sy weet en ken ook alles. Ek het haar op einde heeltemaal uit my lewe gesny want sy versmoor mens. Sy het bv nie regtig vriende nie, gedurig nuwe vriende ja.

    Like

      1. Dit maak my sommer depressief net om aan haar te dink. Dis of sy n houvas op my het. Ek het gelukkig, kan mens se, losgebreek. Sy het ook veroorsaak dat ek gladnie enige “scrap booking” wil doen . Dit was my passie om dit te doen – nou haat ek dit eintlik.

        Like

  3. Lag ek nou vir jou “onbeheerdetoorts”! Olga sê dit tereg: Wanneer jy alles MOET of wil beheer. Daai MOET!! En soos julle sê, daai juffrou in ons kom maar net altyd na vore! Om ‘n kind te leer om binne die sirkel te lewe, is om eerder aanvaarbaar vir die wêreld te wees. Ek is NIE ‘n “control freak” omdat ek my kinders maniere leer ipv self te ontdek nie… Saam sal ons staan!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s