Uiteindelik klaar

Ek is uiteindelik klaar met Dutch Sheets se boek, Intercessory Prayer“. Wat ‘n boek! 
Dis ‘n uiters goeie boek oor gebed, en ek het geweldig baie daaruit geleer. Tog het ek baie keer gevoel dis hoog bo my vuurmaakplek. Ek het werklik soms geworstel om voort te gaan, en baie keer ‘n stukkie gelees en die boek eers neergesit vir ‘n tyd lank.
Tog is ek bly ek het deurgedruk en dit klaargemaak. Vir my as Gereformeerde, was sommige van die goed wat hy skryf, nuut op die oor. Soms het dit selfs vir my ongemaklik gemaak. Partykeer het ek gedink: WOW! So het ek nog nie hieroor gedink nie! Wonderlik! Dit het beslis deure in my gebedslewe oopgemaak.
Ek is dankbaar om te sê dat dit nooit vir my gevoel het dat hy sy idees inboelie nie. Meermale sou hy diegene wat dalk ‘n sekere aspek anders verstaan, in ag neem.
Ek sal graag die boek aanbeveel vir mense wat hul gebedslewe wil opskerp. Ek dink dis ‘n boek wat ekself weer oor ‘n jaar of 2 sal lees. Baie keer is dit juis die tweede en derde keer wat ek ‘n boel lees, wat groei bevorder, omdat vreemde dinge dan bekende dinge word.
Lees dit gerus!
Groete
Toorts
Lees ook “Prayer, the Great Adventure” van David Jeremiah 

Goedvoeldag 70

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 100 goedvoel dae, Boeke en flieks, Geleefde Christenskap and tagged , , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Uiteindelik klaar

  1. scrapydo sê:

    Wonderlik om so te voel nadat n “taai” boek gelees is. Dis ook lekker om later weer terug te gaan na dele wat die swaarste was

    Like

  2. Kameel sê:

    Ek is nie seker nie maar ek dink amper dit is die boek waarmee my man op die oomblik besig is. Hy is besig met ‘n boek oor gebed en sê in God se skool is die skrywer op universiteit, en hy (my man) voel soos ‘n graad eentjie.

    Like

  3. spokie sê:

    Een van Dutch Sheets se boeke wat jy ook op rak moet hê is: THE SEER.
    Hierdie boek het nog meer vleis om en glo ek dat as jy INTERCESSORY PRAYER prakties uitleef sal THE SEER jou ewig verander. En dit het niks te doen met die Sieners wat jy in karavane aantref nie. Dis vir die gelowige wat na meer soek …

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s