laatlam

Jare gelede, 7 jaar na die ander, is my laatlam gebore. My enigste, laaste, dogtertjie. En nou is die vabondjie 21!

Partytjie MOET gehou word. Op die plaas. In plaas van stoor regmaak, gaan ons dit sommer in die huis doen. Die ma verkies dit so. (Ek dink die ma behoort haar kop te laat lees!) 😉

Die jongeling het slegs twee versoeke: Spit en Pampoenpoffers.

Danksy omstandighede wat saamspeel, en ‘n ma wat ook al ouer en dalk ‘n bietjie slimmer word, kry ons spyseniers om die koswerk te doen. Sjoe, dit is en bly maar net altyd ‘n plesier om saam met Antoinette Events te werk, dieselfde mense wat my troue se spyseniering al jare gelede gedoen het…

Die versiering begin vorm aanneem. Sussa maak vlaggies met verskillende bont lappies, en mamma, wie bontverkrik is, gryp die geleentheid. In plaas van dieselfde tafels en stoele huur, word die huis se meubels gebruik. Elke tafel het ‘n ander grootte of vorm (driehoek en reghoek); geen tafeldoek dieselfde kleur nie, geen twee stoele wat dieselfde lyk kom langs mekaar nie… 🙂 … Dis verskillende kleure Chinese lanterns… veelkleurige vlaggies… rooi ballonne en veelkleurige ligte…

Die ma het in die week nog die rok saamgeflans.

Die jong volwassenes het dit geniet, die seniors ook! Daar is gedans, “pool” gespeel, en sommer om die vuur gesit en kuier…

Die kinders het oorgeslaap en gelê waar ‘n plekkie is – beddens was Min!, so enige beskikbare bank, mat, harde vloer moes die ding doen…

Die volgende dag, voor huistoegaantyd, het hulle gou ‘n bietjie gaan “boer”.

Dankie, dit was ‘n sukses. 🙂

dankbaarekisnie10jaarouernietoorts

Happy days 67

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 100 goedvoel dae, Plaaslewe en Landbousake, Studentelewe and tagged , , , . Bookmark the permalink.

14 Responses to laatlam

  1. Olga sê:

    Gelukkige kind om sulke ouers te hê. 😉

    Like

  2. Kameel sê:

    Welgedaan Toortsie!!! Dit lyk voorwaar asof die klomp ‘n heerlike tyd gehad het.

    Like

  3. Wonderlike herinneringe eendag…

    Like

  4. seegogga sê:

    lyk of julle heerlik partytjie gehou het! Baie geluk.

    Like

  5. scrapydo sê:

    Gelukkig is kinders net een keer 21! Dis egter die moeite werd om dit n geleentheid te maak wat onthou sal word. Lyk n heerlike plaas geselligheid.Dis darem baie lekkerder as n formele ete en dans!Baiegeluk en lekker uitrus

    Like

    • Toortsie sê:

      Uitrus? Hoe bedoel mevrou dan nou?
      Die mooiste was ‘n jong manlike musikant wat regtig nie afrikaans kan praat nie. Hy praat so ‘n lui engels, ons lag altyd vir hom. 🙂 Nadat hy die Boerekos geëet het, het hy met my in perfekte Afrikaans gepraat! Wonderlik wat boerekos kan doen, né?
      Ek wonder nou net: kan hy ooit engels praat? 😉

      Like

      • scrapydo sê:

        Dis n goeie vraag! Hy het sekerlik afrikaans groot geword.
        Uitrus – hoe ouer mens word hoe meer hersteltyd het mens nodig, ha ha! Ouer mense kan egter die jonges baie leer wat uithou en aanhou is ook

        Like

  6. kameeltjie sê:

    Ek check net iets.

    Like

  7. Kameel sê:

    Kyk net of ek van my foon af kommentaar kan lewer. Wees asb geduldig met my.

    Like

  8. Terug pieng: ontploffing? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s