My straat

Toe ek sien Kameel skryf oor die week se bloguitdaging, my straat, toe wonder ek oor WATTER straat ek nou moet skryf, ek het mos op ‘n plaas grootgeword. Sal dit die stukkie plaaspad op ons werf wees waar ek en die plaaskinders gespeel het? Of die straat voor ons strandhuis voor hy nog geteer was waar ek, sonder ballsence, met die broers saam krietket probeer speel het? Toe onthou ek…

As ek oorsee gaan, is ‘n paar voorafreëlings vir my van uiterste belang: ‘n RETOERvliegkaartjie wat betaal is, sodat as ek wil huistoe kom, daar nie ‘n probleem met geld is om die ding te betaal nie; Hotelverblyf vir die EERSTE nag aan die ander kant. Ek wil WEET ek het afklimplek as ek daar kom, net om eers my ratte in plek te kry. Ag, dan is daar dinge soos die motorhuur of treinkaartjies, of wat ook al. So ‘n paar sekerhede.

Toe ons die eerste keer Australië toe is, donkiejare terug, voor ek nog van INTERNET geweet het, bespreek ek deur die reisagentskap die eerste paar nagte se verblyf in Sydney. Daar was ‘n hotelstelsel met kleure (Flag Hotels) : Geel was dalk die swakste hotelle, dan oranje, ens. Ek bespreek so by die 2e of 3e kleur van onder af. DUUR! Want Sydney is DUUR.

Afgeklim aan die ander kant en deur die doeane, kry ons die bussie wat ons hotelle toe neem. Ek sê vir die bestuurder watter hotel, en hy bly so ‘n oomblik stil. Ja, hy weet waar. 🙂 So laai hy mense af, die een na die ander, by die een hotel na die ander… net ons bly oor…

Sluk.

Ons hotel is in Oxford Street. Die Rooiste straat in Sydney. Maar nie net die rooiste straat nie, die hotel is in die rooiste stukkie rooi van daardie straat. 😯

Sluk.

Ons het tog te lekker daar gebly. Sydney platgeloop. Soveel so dat ons selfs ons bagasie daar gestoor het toe ons ‘n nag in die Blue Mountains gaan bly het.

Een aand dink ek, ek wil nou kyk hoe maak die dame aan die oorkant van die straat om kliënte te kry. Ek het seker te stip gekyk, toe skree sy: “What are you looking at 😦 “ 

Ek het my terug in my goeie maniere ingeskrik…

Nou ja. Oxford Street in Sydney. Vir as julle dalk nie weet waar nie… 😉

nooitditvanmyverwagnietoorts

happy days 66

Ns. Hoop ek het die straat se naam reg! Reg of nie? Dis hoe dit was! 🙂

6 thoughts on “My straat

  1. Dis nou baie oulik! My seun, sy partner en haar se suster het na “Pink” gaan kyk in Sydney. Hul het redelik goedkoop hotel gekry sonder dat hul weet dis in daardie einste gewilde straat waar julle ook was. Saans is daar nooit geslaap nie want dit was baie “bedrywig” daar. Hul het na die teater geloop en dit was ook n belewenis van n ander wereld volgens hulle.

    Like

    1. Ons het nogals slaap ingekry, maar van al die hotelle was dit die duurste wat ons gebly het in Aussieland. Nou kan jy dink hoe duur die ander hotelle in Sydney is!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s