Wie’s nou lus vir werk? Kom ons SPEEL!
Hierdie is ‘n baie ou speletjie wat ons al in Februarie 2011 gespeel het. Dit was vir my soooooo lekker, ek wou net nie ophou nie.
Dit werk so:
Jy kan my enige iets vra. Ek moet jou antwoord met die titel van ‘n liedjie, of ‘n stukkie uit ‘n liedjie…
Jy mag my vra tot vannag, 29 April 2014, 12 nm. Maar… as jy dit nou eers môre of oormôre lees, vra maar, ek gee nie om nie. Moet net nie te MOEILIKE vrae vra nie!
Dis die eerste deel van die speletjie.
Die tweede deel is dat ek iemand gaan tag, wat dan met die speletjie moet aangaan. So, as jy getag word, MOET JY ONTHOU OM OOK IEMAND TE TAG om weer verder te speel.
Ek tag vir Olga en vir Seegogga om met die speletjie aan te gaan, en onthou, julle moet ook weer iemand tag. 🙂
Kom ons sing!
Tralalatoorts
Happy days are here again… nr 65
Ns… Onthou as jy wil hê WordPress moet die persoon laat weet hy/sy is getag, tag ‘n bloginskrywing en nie die blog nie. Lees hier hoe.
Hoeveel happy days het jy nog oor?
LikeLike
die som werk nie heeltemal uit nie, maar…
Living next door to Alice! 🙂
(Twenty five years just waiting for a chance…)
LikeLike
Ek het dit! Die som van 2 liedjies:
Living Next door to Alice (25)
PLUS
One, two three for five, once I caught a Fish alive,
6, 7, 8, 9 TEN (10)
Then I let it go again…
en 25 plus 10 = 35! 😆
LikeLike
Nee! Die regte antwoord is:
For ever and ever and ever and ever…
(Is dit Demis Roussos?)
LikeLike
goed gedoen, toorts 🙂 en die laaste een is die beste antwoord 😉
LikeLike
Hoe oud was jy toe jy jou man ontmoet het?
LikeLike
Sjoe! die liedjies met getalle is MOEILIK!
My antwoord? Die Bybeboerwa!
AGTIEN een en veertig, Pelgrimsrus, toe die bybeboer uit die bed opstaan…
LikeLike
Ek moes tannie Google se hulp inroep. :skaam:
LikeLike
Nou goed kom ek gee jou ‘n maklike een. Wat is jou gunsteling blom?
LikeLike
Gunsteling?
Gee haar ‘n roos, ‘n roos vir haar… ‘n mooi wit roos, dis al wat sy vra.
LikeLike
Daizy, daizy, give me your answer too
LikeLike
If I sent a rose to you for every time you made me blue You’d have a room full of roses….
LikeLike
waarom blog jy?
LikeLike
supercalifragilisticexpialidocious
LikeLike
ennn…. These are a few of my favourite things! 🙂
LikeLike
Ekskuus Toort5sie. Ons het soveel probleme met die internet dat ek deesdae maar opgee terwyl my bloeddruk my nog toelaat.
Wat is jou gunsteling dis?
LikeLike
Kosliedjie
Ek wil sing van ‘n verkeerde ding wat ooral kop uitsteek hier in ons land.
Afrikaners is te swierig ja, maar ook te gierig ja…
… Dis rys en vleis en baie mayonnaise, en…
LikeLike
O, en ek gee glad nie om dat dit ‘n bietjie later is nie! 🙂
LikeLike