waar kry mens die bloggers?

Alhoewel my leserstal maar redelik lyk soos in die verlede, voel dit vir my of hier minder geselsblogs is. Of is dit omdat ekself nie meer tyd het om so baie tussen die bloggers te kuier nie? Mense lees by my, maar gesels nie saam nie. Dalk is dit die onderwerpe? Ek sal ‘n bietjie oor die saak moet dink. Dalk moet ek meer by ander kommentaar lewer?

Die afgelope dae het ek opgemerk dat hier weer van die “ou” bloggers rondbeweeg. Ek vermoed hulle het hulleself op ander webwerwe tuisgemaak en keer nou weer so stuk-stuk terug na WordPress. Maar ons gee GLAD NIE OM NIE! Julle is BAIE welkom hier.

Woord vir Woord” vra my: “Waar lees mens ander se blogs?” Dit was natuurlik destyds ook my vraag! 🙂 Hoe weet mense van my?

In WordPress is dit maklik: As jy in jou Beheerpaneel of Instrumentepaneel is, gaan net af tot heel onder, waar jy die top Engelse blogs, maar ook top Afrikaanse blogs, Top Afrikaanse skrywes en nuutste skrywes kry. Dis al ‘n begin.

af.wordpress.com werk nie meer vir die Afrikaanse blogs nie, lyk dit my.

Ek glo steeds die heel belangrikste wat jy kán doen, is om te reageer op ander se blogs, én om seker te maak dat jy jou regte blogadres intik by URL. Op so ‘n manier raak ander bewus van jou blog en lees en lewer by jou kommentaar, en kort voor lank is jy weer deel van die gemeenskap van lekker gesels en lekker kuier.

Blik is ook ‘n plek waar elke nuutste afrikaanse bloginskrywing gelys word. Ek dink nie dit is nét WordPress blogs nie.

As jy nie té anoniem wil wees nie, is dit natuurlik altyd goed om, as jy geskryf het, dit ook op faceboek te plaas.

Nuwe bloggers, lekker lees, lekker kuier en lekker skryf hier by ons op WordPress. Soos iemand vir my gesê het na my tweede bloginskrywing destyds: “Welkom, ons byt nie.” 🙂 Nee, ons byt nie.

tandlosetoorts

Die vreugde van blogging – dag 64 van lekkerte

22 thoughts on “waar kry mens die bloggers?

  1. If you write it, they will come. Dit is my een teorie. Die ander een is dat dit blogging die laaste van die sosiale media is wat nog ‘n element van avontuur behou het, en waar jy nog ‘n bietjie moet gaan soek vir “ander van jou soort”. Die verassings wat jy raakloop in hierdie soeke is waar die lekkerte daarvan lê

    Like

  2. Ek mis werklik daardie tyd van mekaar tag, saam stories skryf ens. Ek hou mos maar van lekker saam kuier… en mis dit as net een mens praat, en niemand praat saam nie.

    Like

          1. Jip ek kry, dis hoekom dit my soms oorweldig. Ek het besluit om sommer n klomp uit te gooi want ek lees nie almal se elle lange stories nie! Moet myself ne sover kry om uit te sorteer

            Like

  3. Met die probleme wat ons besig is om by Litnet op die lyf te loop, het ek ook nou hier begin. Nog niks konstruktiefs geblog nie en net begin lees. Lekker gelees hier by jou. Dankie daarvoor.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s