Die Chinese is hier

Dit besef ons maar net te goed. Die Chinese is hier om te bly, en so onder ons neuse raak die Chinese winkels meer…

Ek wil nie by politiekery betrokke raak nie, ek is eenvoudig net te dom daarvoor. Ek hoop ook nie hierdie bloginskrywing gaan in ‘n politieke speelveld ontaard nie. Dis nie die bedoeling nie.

Ek kan niks aan die kwessie van die Chinese doen nie. Ek kan ook net skryf en dink en doen oor dinge wat ek op grondvlak beleef.

Geopende Deure is ‘n organisasie wat veral fokus op lande waar Christene vervolg word. Dit het baie jare gelede begin toe Broer Andrew van Holland met ‘n Volkswagen vol Bybels teen die stroom vlugtelinge in, Rusland ingebeur het en die Goeie Nuus daar verkondig het. Dit het natuurlik nou al heeltemal uitgebrei na lande dwarsoor die wêreld. Die boeke wat hulle versprei is gewoonlik op die man af en draai geen doekies om nie. Dis vir my fantasties hoe mense wat die felste vervolging denkbaar beleef, steeds aanhou glo, steeds aanhou om die Goeie Nuus te verkondig.

Ekself is meer gefokus op die Moslems, hulle geloof, en veral hoe hulle teenoor Christene optree sodra hulle die meerderheid in ‘n land is. Dis vir my wonderlik dat daar juis in die Arabiese lande, die Moslemlande, so ‘n ongelooflike groei in die Christendom is. Maar teselfdertyd is dit vir my ‘n bekommernis dat hulle groei in die “vry” lande. ‘n Baie groot deel skryf ek toe daaraan dat ons as Christene laks geword het. Ons sê dinge soos “‘n mens se lewe moet wys dat jy ‘n Christen is” en dan hoef ons nie te evangeliseer nie. Dis reg, ja. Ons lewe móét wys dat ons in Christus glo, dit moet so anders wees dat ander moet vra: “Wat het jy wat ek nie het nie? Wat kan ek doen om ook so gelukkig soos jy te wees?” Maar leef ons so?

Terug by die Chinese. China se naam verskyn op die Wêreldwaarnemingslys van lande waar Geloof die Meeste Kos. Gaan ons in angs en bewing, in woede en ontkenning sit en wag en sien wat gebeur, of gaan ons in ons land, wat veronderstel is om ‘n Christenland te wees, ‘n verskil maak in daardie mense se lewe? Ekself weet nie hoe nie, ek kom nie eintlik in die Chinese winkels nie, ek is nie mal oor sushi nie, en ook nie taalvaardig nie, so van Chinees leer weet ek nie. Jesus sê: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies…” en hier bring Hy die nasies tot op ons voorstoep. Wat gaan ons daaromtrent doen?

Persoonlik dink ek die minste om te doen is om te sorg dat ons ons Christenskap uitleef. Ons moet ons Christenskap in ons huise verkondig en indien moontlik, op ‘n sinvolle manier ook met ons werksmense en kollegas deel… Chinees, slaaf, vry man, Moslem…

Want ek is so dankbaar dat iemand baie jare gelede vir een van my voorouers vertel het van Jesus!

Toorts

Ns. Ons mag nie die krag van gebed onderskat nie. As jy in daai Chinese winkel is, bid saggies by jouself vir hulle, dat hulle op ‘n verstaanbare manier die Woord sal hoor en aanvaar.

 

 

16 thoughts on “Die Chinese is hier

  1. Baie interessant! Ek is “bevoorreg” om n jong dame van Hongkong te huisves vir die jaar. Gelukkig is haar engels redelik en ons gesels baie lekker. My mond hang party dae oop as ek hoor hoe hul neersien op “eenvoudiges” en dan moet respek betoon aan mense wat “beter” lewens omstandighede het.Stand is baie belangrik vir hulle!

    Like

    1. Ja, jy is bevoorreg, veral as sy nog Engels ook kan praat. Leer daai Chinees. Ek dink nie ek sal verder kom as om die Chinese vroutjie in die hoek vriendelik “hello” te sê nie.

      Like

  2. Toortsie,hierdie Chinese is baie vriendelike mense.Ek het al heelwat met hulle te doen gekry,tydens die monitoring van hulle voedselpersele.Sushi is maar hulle spesialis gereg.Die taal bly ‘n probleem en klink absoluut grieks.Die in die stede kan gebroke engels praat maar dit bly moeilik om te kommunikeer.Die wat ek mee te doen het is egter baie gehoorsaam en doen wat jy hulle meedeel.Hulle alfabet is ook baie ingewikkeld.Ek het al twee Chinese in my lewe ontmoet wat Afrikaans vlot praat,maar hulle het in SA groot geword.
    Groetnis.

    Like

  3. Ek het ‘n probleem om die evangelie aan die swartmense waarmee ek in aanraking kom te verduidelik. Net as ek dink nou snap hulle dit kom ek agter hulle verstaan nog nie so mooi nie 😦 Gebed ja, gebed… en geduld. Die Chinese los ek dan maar vir jou!!!

    Like

    1. En ek? Ek kan ook net bid.
      Ek voel steeds dat my “sendingveld” ons plaasmense is. As ek kan sorg dat hulle die Evangelie hoor en dalk aandra vir die volgende een, is daar ook ‘n klomp gewen.
      Wat ek ook doen: As ek ‘n Moslem sien, bid ek daar by myself vir die persoon, en ek sal dit in die toekoms met die Chinese ook doen. Na 20 dae in ‘n Arabiese land, het ek nog nie hulle syfers verstaan nie en kon nie eens DANKIE in Arabies sê nie! 😦
      Maar hier is mense wat kan… 😉

      Like

      1. Kameel, ek het by die Christelike Lektuurfonds traktaatjies in Afrikaans en Xhosa gekry wat ek maandeliks saam met die betaalstrokie vir elkeen gee. Ek weet ook nie hoe om die boodskap vir ‘n anderstalige te gee nie.
        Iemand noem vir my dat daar ook Christene onder die Chinese is. As ‘n mens hulle kan opspoor kan ons dalk hulle eerder ondersteun, sodat hulle dit self in hulle eie taal kan oordra na die ander. Ek wonder of die CLF nie Chinese traktaatjies het nie.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s