so van krieke gepraat

Ek het gister vertel van die klomp krieke wat hier by ons is. Dis iets verskrikliks. Dis sulke klein kriekies.

In my kinderdae het ons nie soveel krieke gehad nie. Soms het daar een die huis ingesluip en as dit slaaptyd raak, het dit singtyd geraak vir hom. Dan het ons hele huishouding gestop waarmee ons besig was en die kriek begin soek. Die probleem is mos dat ‘n kriek sy klank projekteer, jy kan net nie presies hoor waar hy is nie! My ma het aan slaaploosheid gely en daarom moes kriek weg. Ek moet sê, ‘n kriekende kriek is regtig geen plesier nie.

Deesdae se klein kriekies bly doodstil. Hulle kom net in hulle hordes, en verrig verskriklike skade. As net een van hulle in ‘n gordyn gaan sit het en net een veseltjie stukkend gekou het, kan jy maar weet daar sit ‘n gat. Ons het al kledingstukke uit laaie gehaal wat deur ‘n kriek bygekom is. Dit lyk asof iemand met ‘n stomp sker gate daarin geknip het.

Antoon was ons bure se tuinwerker. Hy is al dood. Sy verklaring vir die krieke wat nou amper jaarliks ‘n plaag is, is dat dit is omdat ons nie meer ons lande brand nie. Vroeër jare het die boere elke jaar in Januarie die stoppellande gebrand. Nou doen ons bewaringsboerdery en word al die strooi behou, wat wonderlik is vir die grond, ons sien die voordele daarvan. Maar die KRIEKE! 😯 Dalk is dit glad nie waarvandaan dit kom nie!

Een jaar is ons hele gesin Australië toe. Ek is al deur baie doeanes, maar in Aussieland is dit net die heel ergste. Ek neem altyd droëvrugte en goed saam vir ons familie daar. Beslis GEEN biltong nie! Dit bring mee dat ons koffers keer op keer uitgepak word. Een keer is twee SA vroue R34 000.00 (ja! R34 duisend rand) beboet oor hulle ‘n appel en ‘n peer by hulle gehad het! Terwyl ons so in die ry staan om ons koffers te laat deursoek, sien ek ‘n eensame kriek oor die vloer wegloop… Ek het net stil gestaan maar het PRESIES geweet waar hy vandaan kom! 😉

Maar dis nie net krieke nie! Die boere het baie las van slakke ook. Interessant, my man sê altyd hy sukkel nie met slakke nie, en vermoed dis omdat hy sy lande met buitebande sleep om die stoppels fyner te kry. Wie sal weet?

Gister, na die reën, toe ek gaan stap het, sien ek miljuisende duisendpote. So iets het ek nog nooit gesien nie!

Nuwe dae nuwe plae…

Happy days no 53

solankeknetnie’nplaagwordnietoorts

Ns. Onthou… ‘n koffieboer het dit moontlik gemaak dat ons lekker koffie kan drink… waardeer die boer

6 thoughts on “so van krieke gepraat

  1. Wat is die naam van julle plaas nouweer? Egipte, as ek reg onthou )
    En daar dog ek dit was net ek in die koffer toe “ons” Australië toe is!!!

    Like

  2. Ons het middel-februarie so n miniatuurkriek uitbraak gehad. Honderde van die dierasies het ons in ‘n aand se tyd heel op die teenaanval gehad. Sedertdien dop daar tydig en ontydig nog grotes en kleintjies uit, aaklige blerrie goedjies…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s