As daar iets is wat Faceboek aan die roer kry…

… hier in ons geweste, is dit… REëN! Reën maak dat mense wie nooit op faceboek skryf nie, skielik begin skryf en saamgesels.

Hierdie keer het dit al ‘n paar dae voor die tyd begin… die opbou tot die reën… die verwagting… die hoop… die opwinding. Ons sien dinge in die natuur wat vir ons vertel dat reën op pad is. Die laaste tyd is ons oorval met krieke. Oorval stel dit liggies. Een aand sê my man: Dis soos ‘n pad soos die krieke onder deur die deur loop. Pikswart. Elke oggend moet ons honderde, duisende krieke optel. Saans voor ek bad moet die krieke eers uitgespoel en weggewas word…. grrrrrr… en dan is daar mos my Groot Vriend… ek ken hom as ‘n bobbejaanspinnekop, deesdae hoor ek dis ‘n reënspinnekop… maar ewenwel, wat sy naam ook al is…

Weet julle, my man is WONDERLIK! Veral die laaste paar dae het hy homself oortref. Om elke hoek en draai sit my pel. Dan sê ek net hy moet kyk, daar sit een, en dan verwyder hy hom sonder ‘n spier wat rek. Of ek gil. Of skree. Of sê hard en duidelik AAAAAAAAA of OOOOOOO… hy verstaan. Gisteraand by die bybelstudie was dit weer so. Eintlik het ek hom al Donderdag in die hoek sien sit toe ons op pad uit was, en ek dog toe dat hy maar solank moet sit, maar wáár gaan hy nou weer sy gesig wys? Net toe ‘n vriendin, wie ek ook vermoed grillerig is, op haar stoel wil gaan sit, sit Ta toe reg agter haar teen die muur. Oeeeeeeeee!!!! raas ek. Toe sê pappa nogals dat hy nou begin g-vol raak… (Jammer om van sy probleem te hoor!)

Gister toe ek saam met manlief ry op die plaas, merk hy op dat die skilpaaie loop, blykbaar ook ‘n teken van reën. (Ek het dit nie geweet nie.) Ek weet dat as jy skielik meer slange oor die pad sien loop…

‘n Vriendin het my geleer dat die water in die toilet min is voor dit gaan reën. Het julle dit al opgemerk?

VANNAG het dit HEERLIK gereën. Blykbaar is dit op verskillende weervoorspellings genoem. Ek volg nie die weervoorspellings nie, so ek sal nou nie weet nie. Blykbaar, as sekere voorspellers saamstem, is hier ‘n groot kans vir reën. Het julle geweet dat dit glo verskriklik moeilik is om die weer spesifiek hier by ons te voorspel? Blykbaar het dit te doen met ‘n klein ou bergie vir wie ons baie lief is, Potberg, wat die probleme veroorsaak.

En danksy die reën, gons faceboek! 😆

Ag, dis lekker om te lewe! Dag 52 van 100

Die geheim is: Leer om te dans in die reën!! 

Toorts

Ns. Wie gee nou regtig om as die dak plek-plek lek en orals nat handdoeke op die vloere lê? Dit lek tog net as dit reën!!

8 thoughts on “As daar iets is wat Faceboek aan die roer kry…

  1. Hier by ons dans die mense mos in die reen.Nie net op facebook nie, s dit reen, moet jy weet: hier kom besigheid! My raambesigheid is besiger, Spar is voller, en ek praat nie eers van die restourante nie. Dis of die reen almal (selfs die spinnekoppe en slange en goeters) hier in ons kontrei aanspoor om dinge te doen!

    Like

    1. Seegogga, op universiteit het die ander studente gedink ek is mal. Dalk was hulle reg! Maar as dit begin reën het op daai Stellenbosch en almal kruip in hulle gate in, het ek my waterbootse en reënjas en sambreel gevat en dan het ek Stellenbosch plat gestap!

      Like

  2. Dit is nou net vandat ek hier in die Wes Kaap kom bly het dat ek ‘n probleem het met die reen het en het dit al beskulid dat dit muggie!@# is. Vir vier en ‘n halfdae sien ek die son net op TV nuus, die muf begin op my reenjas groei en ek is so vrolik soos ‘n skaap met vrotpootjie. Dink toe dit moet seker baie wees maar die meter vertel my alles saam is maar 17mm!!
    Verlag nadie Noordkaap waar dit 20 mm in tien minute kan reen

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s