die lewe gaan aan

Ja! Soms wil ons dit so graag vashou dat dit net bly soos dit is, soms wil ons die wiel terugdraai omdat iets slegs gebeur het en wil ons dit half uit ons lewe draai, soos die vloed wat ons getref het vroeg in Januarie. Ons was en is steeds ongelooflik dankbaar dat dit nie baie erger was nie, maar tog het dit ons goed seergemaak.

Sedertdien is my man besig om amper dag en nag vloedskade te herstel en die plaas weer plaas te maak. Ekstra masjienerie word gebruik, baie ekstra hande ook…

Gister het ek ‘n slag rustig saam met manlief op die plaas gery… en ja, die lewe gaan aan. Wat hulle in hierdie afgelope bietjie meer as ‘n maand uitgerig het, is verstommend. Plekke wat net gate was, waar beddings weggespoel was, waar leivore weggespoel was, is weer bruikbare land. Dit behels baie dinge, wat ek nie eens alles kan opnoem nie. Eers moet die gate opgevul word met baie vragte grond, dan word dit gelyk gesleep, oor en oor en oor totdat dit gelyk is. Dan kom hulle met ‘n laser om die beddings teen presies die regte helling te sleep, sodat wanneer die water gelei word, dit perfek kan loop. Van die slote praat ek nie eens nie.

Daar waar die syphon (pypleiding) uitgespoel was met slote en gate in die land, kon ek nie anders as om my hande te klap nie. Die pype is terug op hulle plek, nuwes is aangekoop waar nodig, en ingesit. Dis versterk met sement. Die gate is toe, en die lasermasjien is besig om sy werk te doen… Wat ‘n groot werk!

Versuipte lusern word uitgehaal, nuwe lande word met groente beplant…

Hier is mense besig om pampoene te plant.

??????????????????????????????? ???????????????????????????????

Die suikermielies begin al opkom.

???????????????????????????????

Selfs na baie werk is die spoor van die vloed op baie plekke nog sigbaar.

??????????????????????????????? DSC07787 ??????????????????????????????? ???????????????????????????????

Hier is 3 hektaar se lusernbeddings weggespoel. Onherstelbaar.

???????????????????????????????

Maar tog is daar altyd hoop. Dankie aan ons Here wat vir ons die geleentheid gee om dit reg te maak. ‘n Tweede kans.

Ek is trots op my man en ons boere vennoot vir die ongelooflike werk wat hulle die afgelope paar weke gedoen het. Julle het amper die onmoontlike vermag.

Hier is die lasermasjien besig om die beddingsgelyk te sleep.   Dag 36? Dankbaarheid vir nog ‘n kans. Soms is die koste net té hoog en ka’n boer dit nie weer herstel nie.

???????????????????????????????

???????????????????????????????

Hier is die verskil duidelik tussen ‘n gelaserde land (regs) en ongelaser (links)

???????????????????????????????

Groete

Toortsie

Loer gerus by Pinterest vir nog van my inskrywings oor boerderysake.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 100 goedvoel dae, Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

7 Responses to die lewe gaan aan

  1. seegogga sê:

    sjoe, watter groot werk. ‘n Mens besef nie altyd wat alles in ‘n boeredery ingaan nie. Lasarmasjien? Eeerste keer wat ek daarvan hoor!

    Like

  2. scrapydo sê:

    Ai, sterkte vir julle dis n hele harde lewe so n herstel tydperk na skade

    Like

  3. Kameel sê:

    Ek verbaas my elke keer opnuut weer oor hoe “ingewikkeld” boerdery geword het. Haal my hoed af vir jou man en die werkers vir hulle deursettingsvermoë. .

    Like

    • Toortsie sê:

      Om deesdae te kan oorleef in die boerdery, moet jy ongelukkig regtig weet wat jy doen. Boere is uitgelewer aan die natuur, regering, wêreldmarkte. Dit het ‘n wetenskap geword waar berekende en beredeneerde besluite geneem moet word.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s