Heel van vooraf…

Ek het ietwat agter geraak met my 100 happy days – uitdaging. Nie omdat ek nie gelukkig of bly of dankbaar was nie, ek het net nie by my rekenaar uitgekom nie! 😩 So, vandag, op Valentynsdag, is ek bly oor die liefde, en is dit my tema vir dag 29. Terselfdertyd is dit ook die uitdaging van die week om woorde te skryf wat jy graag op Valentynsdag wil hoor.

Met 28 jaar van getroud wees met dieselfde man, en 4 jaar se uitgaan voor die tyd, kan ek getuig dat ons al ‘n hele paar lorrievragte sout opgeĂ«et het. Soms wou ek hom vermoor, ander kere was ek bly ek het dit nie gedoen nie.

Liefde is anders as verliefdheid. Verliefdheid bring sterre in die oĂ«, die behoefte om saam te wees, die feit dat jy nie een fout van jou geliefde raaksien nie. Hoe sĂȘ hulle? “Die liefde is blind, trou is die bril.”  Voorwaar. Trou is die bril. Dit is waar liefde intree. Liefde is ‘n keuse, om lief te hĂȘ selfs al hou jy nie elke dag van die persoon nie.  Ons kies om lief te hĂȘ, ons kies om die storms te trotseer, en saam aan die ander kant uit te kom, saam weer van voor af te begin, en weer en weer en weer… omdat ons liefhet. Omdat ons nie kans sien SONDER die persoon nie. Omdat ons saam wil oud word. Omdat daar te veel is om te verloor. Ter wille van onsself. As ek my lewe oor sou hĂȘ, sou ek dieselfde doen? Beslis ja!!

Heel van vooraf  (Lukas Maree)

As ek my lewe heel van voor af oor kon kry

sou ek min of meer dieselfde draaie maak

sonder om te twyfel elke paadjie ry

en hoop ek loop jou ook weer raak.

Selfs dieselfde foute sal ek weer begaan

al kom ek voor dieselfde straf te staan.

Die seer van val en opstaan sal ek elke keer trotseer,

want hopelik ontmoet ek jou ook weer!

Ek sou als presies net so weer oor wou doen,

ek sou alles net so wou herhaal.

Want as ek als dieselfde doen,

speel jy dalk dieselfde rol in my verhaal.

Met waters wat verby is sal geen meul weer maal

en ek sal elke druppel weer betaal.

Net vir nog een oomblik om vir jou te sĂȘ,

dat jy alles is wat ek eintlik graag wou hĂȘ.

Ek sou als presies net so weer oor wou doen,

ek sou alles net so wou herhaal.

Want as ek als dieselfde doen,

speel jy dalk dieselfde rol in my verhaal.

Met waters wat verby is sal geen meul weer maal

en of jy als benut het kan slegs jy bepaal.

Tog sou ek net een ding graag anders wou hĂȘ…

Ek wens ek het dit meer vir jou gesĂȘ.

Ek sou als presies net so weer oor wou doen,

ek sou alles net so wou herhaal.

Want as ek als dieselfde doen,

speel jy dalk dieselfde rol in my verhaal.

….

Die liefde is ‘n wonderlike ding, beslis die moeite werd om na te jaag!

Groete

Toorts

Advertisements

4 thoughts on “Heel van vooraf…

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s