busse… en kanaalbote

Een van die wonderlikste uitvindsels wat ek al op my reise teëgekom het, is “hop-on-hop-off” busse.

Die eerste keer wat ek daarmee te doen gekry het was in die Blue Mountains in Australië. Jy koop ‘n een dag of twee dae kaartjie, sorg dat jy op die bus kom en volg die roete tot by die volgende afklimpunt. Wanneer jy klaar gekyk of gedoen het by die punt, vang jy weer die bus tot by die volgende plek waar jy wil afklim.

So het ons al in Amsterdam en Parys op die kanale gevaar en probeer agterkom hoe die stede aanmekaar gesit is. In Parys het ons ook ‘n twee-dae hop-on-hop-off buskaartjie gehad en Parys behoorlik verken. Later is jy nie meer lus vir al die besienswaardighede nie, dan ry jy sommer net vir die lekker saam en luister met jou rooi oorfoontjies in die taal van jou keuse allerhande interessanthede van die stad.

Hierdie naweek was ek bevoorreg om genooi te wees na ‘n verjaardag, wat ‘n kaartjie op die rooi bus in Kaapstad ingesluit het. Natuurlik het ons elke keer bo gesit in die son, en afgeklim waar elkeen se keuse was. Ons het tee gedrink in die Mount Nelson Hotel, wyn geproe by Groot Constantia en vis geëet in Houtbaai. Daar is twee roetes wat jy kan volg: die Rooi roete en die Blou roete. Elkeen het omtrent 12 tot 18 afklimpunte, heeltemal te veel om in een of selfs twee dae te besoek. Wat ‘n heerlike manier om die stad te verken, sonder om oor verkeer bekommerd te wees. Terloops, Johannesburg het ook so ‘n bus. 🙂 Hierdie foto steel ek by my dogter…. bus

 

 

 

Dag 28 van lekkerte – die lekkerte van ‘n Hop-on-hop-off bus! Mag daar nog baie wees! 🙂

Hier ry ons op die kanale in Parys… ???????????????????????????????

Groete

Reisigertoorts

6 thoughts on “busse… en kanaalbote

  1. Ek weet zero van hierdie dinge maar dit klink lekker 🙂 Ek verlang sommer na die dae van busse wat jy om elke hoek en draai kon neem, na enige plek toe. Is jy vandag karloos sit jy sowaar gestrand 😦 Ek “thumbs up” veilige publieke transport!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s