vreemde antwoorde

Toe my dogter nog klein was, het dit baie keer gebeur dat ons in ‘n winkel instap omdat ek iets nodig het en daar uitstap met iets vir haar en niks vir my nie. So stap ons by ‘n boekwinkel in, sy sien ‘n boekie wat sy net móét hê, ‘n geestelike boek wat handel oor antwoorde van vrae van kinders. Ek dink die buiteblad het haar getrek. Teen my sin koop ek die boek en elke keer wat ek daardie boek in my hande neem, sê ‘n stem in my kop: “Lees die voorwoord.” Knaend. Ek kry nie gelees in die boek nie, die stemmetjie bly terg.

Toe ons klaar is met universiteit, destyds, was dit baie moeilik om kontak te behou. Daar was nie facebook of selfone nie.  Om iemand later jare weer op te spoor, was byna ‘n onbegonne taak, want ons dames trou mos en kry nuwe vanne. Elke keer wat jy verhuis, het jou telefoonnommer verander.

Toe ek uiteindelik die voorwoord lees, is die boek geskryf deur een van my beste vriendinne van Stellenbosh-dae se man! Een oor wie ek so baie gewonder het wat van haar geword het.

Nou die dag inboks ‘n vriendin my dat ek “Swart op Wit” deur Annelie Botes moet lees. Gisteraand tel ek die boek op en begin lees. Sommer vroeg in die boek lees ek sy het op Bedford musiek gegee in die tyd wat ek daar skoolgehou het vir ‘n baie kort tydjie. Ek en die musiekjuffrou van Bedford het baie goed reggekom en die gedagte was dat ek by haar sou les neem. Kort gelede het ek aan haar gedink en gewonder wat van haar geword het.  Hoe verder ek lees, het meer bekend raak van die goed wat sy noem. Dit MOET feite wees, nie fiksie nie. Google bevestig dat sy ‘n musiekmens is… en ja, hulle het op Bedford gewoon en ja, sy was die musiekjuffrou…. 😆 Wonder ek oor haar? God gee sommer ‘n hele boek as antwoord! 😉

Dis nie meer vir my vreemd dat sulke dinge gebeur nie. Ek wonder stilweg oor iets en kort daar na kry ek die antwoord uit die bloute by iemand wat nie eens weet ek wonder daaroor nie.  Dis beslis nie toevallig nie. Elke keer staan ek in verwondering oor hóé dit gebeur en weet Iemand weet van my, is bewus van my vrae en sorg dat die antwoorde by my uitkom.

Dag 17 van lekkerkry is die verwondering hoe mense uit my verlede weer op die mees onverklaarbare maniere my pad kruis.

Toorts

10 thoughts on “vreemde antwoorde

  1. Ek geniet jou vrolike dankbaarheid blogs. Nou wonder ek of daardie vriendin van jou nie ‘n vriend van my se vrou is nie! Hy is ds wat toe sielk honns saam met my geswot het toe ek na jarrre se skoolhou weer een jaar Stellenbosch toe is. En hy skryf geestelike boekies……

    Like

  2. Ek en my vriendin praat in die laaste tyd dikwels oor hierdie ding waar jy iets dink, of oor praat, en dan kom dit oor jou pad. Nog een van die baie wonders van menswees. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s