Kaap van Storms

Ekself sê graag: “As die wind waai, kry die Transvalers reën.” Dit is hoe die slim mense sê. Nie dat ek enigsins verstaan hoe dit werk nie, maar nou ja, as die Suid-Oos ons byna weg waai hier aan die Suidpunt, kry die Transvalers blykbaar reën.

Toe hoor ek so ‘n paar jaar terug op die radio, op een of ander inbelprogram, ‘n man se inset. Blykbaar het die wind ekstra erg gewaai vir ‘n hele paar dae voor die Laingsburg vloed van 1981. Die persoon het ook vertel dat daar die vreemdste wolk in die lug was. Die mense het glo gesê daar is groot reën iewers aan die broei… daar wás.

Maar danksy hierdie man se verduideliking het ek skielik iets meer verstaan van die wind in die Kaap en die reën in Transvaal.

Ons is nie gewoond dat ons “Durban weer” op Struisbaai kry nie. Nie vir ‘n hele week lank nie. Sjoe! Tussen Kersfees en Nuwejaar vanjaar wou die kraaie gaap! Ons was taai, taai, taai. Die kleinkind wou nie slaap nie. Sweet het ons afgeloop… Toe kom die wind. Stormwind. Die see is omgekrap. Behoorlik omgekrap. Die wind waai en waai en die branders breek en breek… ons is onrustig… ons nefie is op een van die seilbootjies op pad na Rio in HIERDIE storm! 😯 … die TV onthou vir Laingsburg… ek onthou van wat die man op die radio vertel het en kry ‘n snaakse gevoelentheid…

Hulle voorspel en voorspel reën, maar dit kom ‘n paar dae laat. Riviere loop oor…

My man was na ons plaas en kom terug met foto’s en nuus. Floriskraaldam is 150% vol. Die ander omliggende riviere is OOK in vloed. Al daardie water moet nog by ons verby gaan… (Ladismith omgewing)

1501757_192264667647641_566070461_n 1501757_192264670980974_764100411_n 1551730_192264147647693_845000184_n 1551730_192264150981026_1136434157_n 1551730_192264154314359_1208411848_n 1551730_192264157647692_1466506722_n 1551730_192264160981025_1653449358_n

Eers kan ons nie slaap nie. Bid en Smeek by ons Vader wel… Tot die besef kom dat ons niks kan doen nie, net wag, en hoop en vertrou…

Toorts

16 thoughts on “Kaap van Storms

  1. Ag Toorts as ons tog net bietjie van daardie reent hier in die bosveld kry. Warm, vrek warm en geen reent nie. Ons het darem al reen gekry en alles is pragtig groen maar in hierdie hitte……………….. Ek lees daar in Wes Tvl is dit baie erg. Die oeste is laat ingesit en met die hitte vergaan alles. Ons bly vertrou. Dis mos hoe ‘n boer is. Groete Blanche Em slie

    Like

    1. Liewe Blansh, ek WENS ek kon vir julle reën stuur. Niks is so erg soos droogte nie, en ek belowe jou, DROOGTE ken ons ook baie baie goed. Ek wens dit vir GEEN boer toe nie. Diere wat staan moet oop bekke, tonge geswel, wat maer is en omval van honger en jy wil so graag help maar het nie die middele nie. Ek bid dat julle spoedig sal reën kry.
      Daarmee saam vra ek vir almal om die boere in Wes Transvaal te help. Hulle het nou al ‘n paar jaar droogte. Die voer is op. Die “Staatshulp” ….
      Amore Bekker van RSG het ‘n Dollars vir Droogte projek begin waar elkeen van ons daardie boere kan help. Boere van oral oor die land is bereid om voer te skenk vir die mense in Wes Transvaal, maar dit moet VERVOER word tot daar en dit kos BAIE BAIE GELD. Selfs dorpenaars kan help deur ‘n finansiële bydrae te maak. Die persoon om te skakel vir die bankbesonderhede is Naude Pienaar by 082 776 8283. Komaan, kom ons as ‘n land staan saam om die boere te help.
      Dankie!! En baie baie sterkte

      Like

      1. Van die hitte Toorts…. word gedurende nag papnat gesweet in bed wakker. Gelukkig was daar gister donderweer, en bliksemlig…. en lekker reën. 🙂

        Like

  2. Aai ek is jammer om al die skade te sien. Hier by ons is die bosveld pragtig groen maar ons kort nog baie reent nodig want daar is ‘nlang winter wat voorlê Wens die wetenskaplikes kan ‘n plan bedink om soms bietjie van daai reenweer na die droë dele te stuur. Rustige week vir julle.

    Like

  3. Mense wat nie op plase woon nie besef nie die verskriklike krag van die natuur nie. Prentjies is een ding, maar wanneer mens dit ERVAAR dan weet jy hoe hard dit jou nederig teen die grond kan slaan. Jy sien en ruik en hoor en voel en proe en dan gaan sit daai skrik in jou selle. En so het elke streek sy eie ding. Ek hoef nie oor waterskade te bekommer nie, maar wind en vuur is die vyande by ons. Broodnodig ook vir balans, maar vyand wanneer vuur kwaad raak.

    Sterkte vir julle en die mense om julle.

    Like

    1. Ja, dankie Slakkie. Gelukkig is om te boer, in ons bloed. En dit maak dat ons dinge aanvaar of hanteer, soos jy met die vuur. Ek VREES vuur. In die somer het ons ook maar brandgevaar en selfs al is hier nie baie bome nie, ruk ‘n vuur gou hand-uit. Ek weet van jou 2 verskriklike verliese met vuur.
      Gelukkig is God in beheer van die natuur. Net die beste vir jou ook.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s