oor bootjies en kinders

Mense! Die see is rof. Regtig Rof! ROF!!!!

En iewers op die oseaan, nie ver van ons af nie, is ‘n klompie seiljaggies aan die veg…. dobber… Ek wonder hoe doen hulle dit? Maak hulle hulleself toe in die kajuit, selfs vas aan die boot… word seesiek… hoop vir beter tye? Of is hulle bo-op die boot besig om water uit te skep, te red wat daar te redde is? Ek hoor die branders breek bo-oor die bootjies. Vasklou…

Dis mos wanneer jy jonk is wanneer jy kinders kry, of veronderstel is om te kry. Dis ook die tyd in jou lewe wat jy lus het om allerhande dinge te probeer, jou nuwe kennis uit te toets. Ek weet nie van ander mammas nie, maar met 2 babas gelyk het ek soms maar vasgevang gevoel, selfs later met net een baba. Die meeste van die tyd was dit goed en het ek graag “mamma” gespeel, maar net soms wou ek ook iets anders doen, iets lekkers.  Soos pottebakkeryklasse, of klavierles. Vreemd dat kinders juis sulke tye meer aan jou klou. Ervaar julle dit ook so? Sodra daar gaste is en jy nie aan hulle kan aandag gee nie, raak hulle meer onhanteerbaar, aandagsoekerig. Maak jou mooi vir ‘n aandjie uit, en kyk hoe klou hulle dán!!

Dit laat my dink aan kinderboekies wat beskikbaar was toe my tweeling klein was. Wat die naam daarvan was en ook wie die skrywer was, weet ek regtig nie meer nie. Dit het gegaan oor ‘n olifantgesin. Een waarmee elke lid in die gesin kon assosieer. Een van die stories se naam was “Sonder ‘n verfkol”. Mamma en pappa sou die aand alleen uitgaan, net een maal mooi aangetrek en sonder ‘n verfkol iewers. Terwyl mamma olifant in die bad haarself ‘n bietjie wil bederf, voel baba olifantjies hulle moet mamma help. Allerhande speelgoed en wat nog als word in die bad gegooi. Uiteindelik is mamma en pappa reg om te ry. Toe hulle by die eetplek aankom, is daar ‘n duidelike verfkol op die ma se boud, van ‘n skinkbordjie verf wat iewers op ‘n bank gelê het. (Onthou julle daardie skinkbordjies verf wat jy die kwas so met die water natgemaak het?)

Een keer praat ons sommer oor hierdie gedrag van die kinders, toe ‘n vriendin sê: “Dis soos wanneer jy saam met kinders op ‘n rowwe see is. Hoe meer jy ‘n kind van die boot af probeer gooi, hoe meer gaan die kind klou vir al wat hy het…”

Onthou né? O, ek het baie foute gemaak.

Toorts

Ns. Onthou, pappas en mammas het tyd alleen met mekaar  nodig. As pappa en mamma gelukkig is, is die kinders ook gelukkig. Gun dit vir julleself.

4 thoughts on “oor bootjies en kinders

  1. Ek was genader om vir die Baptiste Unie hulle Sondagskoolstories te skryf. IngeskUIf voor die tikmasjien sit ek en dink…. net toe ek ‘n mooi sin het, en wil begin tik gaan my werkskamer se deur oop, en driejarige Chantè kom in op soek na my. Eers wou ek raas, maar ek het die kind een kyk gegee en vir myself gesê; “Vandag moet jy besluit gaan jy kinders grootmaak, of gaan jy skryf.” Het maar die tikmasjien toegemaak.

    Like

  2. Sien nou eers hoe ‘n grote tikflater het ek begaan “IngeskUIf,” Ag wat ek skryf dit nou alles aan die ouerdom toe 🙂 Weet werklik nie of ek nog in “touch” is om kinderstories te skryf nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s