Syfers

Na aanleiding van iets wat ek gesê het, sê my niggie nou die dag vir my: “Sjoe, tannie is ‘n regte regterbrein.” Ek het my nog nooit eintlik daaraan gesteur nie en wou myself verdedig, maar besef toe: Syfers is GROOT in ons familie. Ek weet dit mos eintlik. Ek sê vir haar: “Jy is mos ook ‘n regterbrein.” “Ja tannie.” Die ooreenkomste is angswekkend. Ons tel die telefoonpale as ons ry, en dan moet hulle nog ‘n bepaalde RITME ook hê. 😯 In die dae toe ek nog gedraf het, het ek my treë getel… ‘n sielkundige wat terloops my pad gekruis het, sê toe ek is koekoes. Ek antwoord toe dat dit lyk of hy pasiënte soek. 😦

Die blogresultate is altyd vir my interessant. Lekker. Nie dat dit enigsins iets beteken nie, maar ek hou van die syferwaarde daarvan. 

In 2013 het ongeveer 44000 mense ons blog besoek, teenoor 22 000 in 2011. In 2010, die jaar wat die blog begin is, was daar 6700 besoeke. 

Inskrywings oor die boerdery trek gewoonlik baie aandag. Dit verbly my, want dis mos een van my mikpunte, naamlik om die wye publiek bewus te maak van wat op plase aangaan. Die landbouers is immers verantwoordelik vir elke krieseltjie kos wat u inneem! 🙂 Ek hoor gister dat ‘n studente-voorligter vir ‘n plaasseun afgeraai het om landbou te studeer, want daar is geen toekoms in landbou nie. Ek wonder waar sy dink kos in die toekoms vandaan gaan kom?

Die 2013 inskrywing wat die meeste gelees is, is Die einde van ‘n era. Die 5 inskrywings wat in die algemeen die meeste aandag getrek het, is Watter werk kan mens van die huis af doen? (2011)Wat is liefde? (2011), Ek en die maerwordery (2012), Aartappelmoertjie (2013), en Die vesel en die dikderm (2013). Miskien interpreteer ek dit verkeerd, maar dit wys vir my waarna mense soek: werk en liefde, en ons wil almal maer word! Ek ook!!! Maar ai, ons familie het nou tot die gevolgtrekking gekom: Die een ding waarin ons ALMAL regtig goed is, dis ‘n spesiale gawe, is EET. Ons KAN eet! 😉 Goed daarin. 

Ag wat, ek geniet blogging. Dis my skakel met die buitewêreld.

Geniet 2014. Gryp hom met al jou hande. Maak gebruik van elke geleentheid. Ons kry hom net een keer in ons lewe. Laat ons die beste daarvan maak.

Groete

Toorts

 

 

 

10 thoughts on “Syfers

  1. Musiek is vir jou net so belangrik Toortsie, maar die ORDE in musiek is vir my baie belangrik. As daar bv n tussenspel in n musiekwerk voorkom wat 5 mate lank is, sal dit my so hinder want dit pas nie in die klassieke raamwerk van 4, 8 of 16 maat skryfwyses nie. Ek het eenkeer een van Coenie de Villiers se goed herskryf vir begeleidings doeleindes want die vyf mate ding HINDER my tot dit reg geskryf is. DAN kan my sieletjie rus…..

    Like

  2. Hierdie linkerbrein en regterbrein studieveld is nou interessant.Linkerbrein mense is gewoonlik die wat feitlik en wetlik is,maw linier korrek.Dit is gewoonlik mense wat iets sien as net reg of verkeerd en geen grys areas bevat nie.Nie dat linkerbrein mense nie ook kreatief kan wees nie.Jou regterbrein mense is die wat gewoonlik baie kreatief is bv musici.’n Jong dame wat ‘n opkomende sanger is se nou so tyd gelede vir my,dat musiek eintlik maar net wiskunde in ‘n ander vorm is,wat nogal vir my sin maak.
    ‘n Voorspoedige 2014 word ook vir julle almal toegewens.
    Groetnis.

    Like

      1. Toortsie,’n mens moet natuurlik nie hierdie studies in kompartemente sien nie.Jy kry mense wat ook iets van albei het,wat linker en regterbrein eienskappe bevat.Ek is bv linkerbrein,maar ken mense wat linkerbrein is wat net so kreatief en skeppend is soos jou regterbrein mense en andersom.Ek dink as ‘n mens iets van alles gekry het,is dit verseker ‘n bonus.
        Groetnis.

        Like

  3. Nou wonder ek waar my brein inpas? Ek tel telefoonpale en dan vergeet ek om verder te tel want ek het iets gesien langs die pad wat my aandag aftrek. = ) Alles moet presies en in volgorde wees op my werkstafel, maar as ek nie my sleutels elke keer op presies dieselfde plek neersit nie, kry ek dit net nie weer nie!

    Alle mooiste wense vir 2014 vir jou en jou mense Toorts

    Like

    1. Vlooi,ek is nou nie hierdie groot kenner in die brein onderwerp nie,maar as ek jou inskrywing lees, is jy oorwegend linkerbrein,Jy hou van geordenheid,netjies en alles op sy plek.Ek sit my sleutels ook altyd op een plek,en weet dit sal nie wegraak nie.Ek lag so vir my vrou altyd,want sy soek gedurig iets wat weg is,omdat sy nie so georden is soos ek nie.Ek het haar al raad gegee,maar jy kan nie iemand se samestelling verander nie,
      Groetnis.

      Like

      1. Werner, my werk se tafel is presies. Alles in verhouding tot mekaar geskuif. OCD tot die 2de mag. As ek uitstap by die kantoor is dit of ñ tripswitch gegooi word. It has been known dat ek vergeet waarheen ek ry as ek huis toe ry = ) My woonstel is ñ ontploffing van kontrasterende kleure en basies niks ‘pas’ bymekaar nie. = ) Ek vermoed my brein se marmot is op chemicals dalk ….

        Like

  4. Ek hou van dinge korrek, en netjies maar haat syfers. Ek is nie akademies aangelê nie, maar verlep as ek nie iets het om te studeer, om so nuwe inligting te bekom nie. Ek neig definitief meer kunskant toe…. geen wonder ek was, en is ‘n enigma vir my ouers en familie nie.
    ‘n Geseënde jaar vir jou en familie Toorts 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s