Gesigte

Ek dink hulle verwag eintlik ‘n foto inskrywing, maar ek en die kamera is nie so lekker pelle nie. Rondomtaliedraai het my op haar litnetblog uitgedaag om oor gesigte te skryf. Of laat ek so sê: Ek dink dis rondomtaliedraai. Die persoon het in haar eie naam vir my op faceboek genooi.

Hoe meer ek oor die onderwerp dink, hoe meer besef ek dat geen mens net een gesig het nie. Dalk het ekself dalk vandag vir iemand ‘n gesig gewys wat ek nie wil hê mense moet sien nie…

Gesigte vertel so baie.

Vanoggend het ek die vriendelike gesigte van ons plaaswerkers gesien wie gou voor Krismis die lusernbale wil klaarkry.

By die polisiestasie het ek 2 vroue sien sit. Moeg. Op. Ek weet nie of hulle ‘n klag kom lê het nie. By dieselfde polisiestasie sien ek ‘n polisieman wat tot nou toe alles in sy vermoë gedoen het om my te help om ‘n trekker te registreer. Sy gesig spreek van vriendelikheid en hulpvaardigheid.

By die treinspoor staan ‘n man, regop. Groot 20 liter kan by hom wat so ‘n derde vloeistof in het. Ek herken hom, sy pa het by my pa gewerk. Behalwe dat sy gesig sy herkoms vir my verklap, sien ek ook dat hy te veel gebruik het van die vloeistof in die kan…

By Checkers sien ek min van kersvreugde op die klante se gesigte. Eerder moedeloosheid van te veel mense  en te min beweegruimte.

In die parkeerterrein sien ek die kanniewarrie op ‘n jongmeisie se gesig omdat sy op ‘n rolstoelparkering parkeer, om net gou ‘n video uit te neem.

By my bure baljaar 3 kinders in ‘n plastiekswembad. Vreugde, plesier. Bespeur ek ‘n bietjie moegheid ook?

Wat vertel jou gesig vir die mense? Verliefdheid? Hoop? Liefde? Woede? Meerderwaardigheid of dalk dat jy voel dat jy GEEN waarde het nie? Moet jy ‘n sonbril in ‘n vertrek dra sodat ander nie jou hele gesig kan sien nie? Straal jou gesig liefde uit of onvergenoegdheid? Dankbaarheid of dalk dat die wêreld jou iets skuld? Dalk wys jou gesig jou smagting na aandag? Of steek jy dit dalk goed weg? Hou jy ‘n front voor?

Mag jy vrede hê in jou gemoed. Mag jy werklik die vrede van God se teenwoordigheid in hierdie Kersseisoen ervaar. Christus IS vir ons gebore, ongeag of dit op 25 Desember 0000 was of nie, hy IS gebore, uit ‘n maagd, of ons dit glo of nie. Hy HET aan die kruis vir ons gesterf en weer opgestaan.  Wat ‘n geskenk!! En daaroor sal ek feesvier en juig, verkeerde datum of te nie.

Toorts

4 thoughts on “Gesigte

  1. Net vanoggend aan “How to get a soft face” gedink, en gedink om in Nuwejaar daaroor te skryf. Nou lees ek hier van gesigte 🙂 Goeie inskrywing Toortsie!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s