Die mense van Groot Gemak

Ken julle die plekkie, Groot Gemak? Nie? Kannie wees nie! Dis ‘n piepklein plekkie by die see, doodstil die hele jaar. Daar gaan net mooi NIKS aan nie. Maar kom 15 Desember van elke jaar, dan raak die plek aan die L E W E … Dan dril en dreun dit van musiek, mense wat lang, mense wat bly wees om mekaar weer na ‘n lang jaar te sien, kinders wat gil en jil… tot so 10 Januarie… dan is die plekkie weer sy ou selwers, met die inwoners natuurlik stokflou.

Maar wag, kom ek vertel jou wie almal in Groot Gemak woon. Dis nogals ‘n interessante lotjie, hoor!

993734_10201975903992748_136113094_nAnnabelle…

Die een met die goue hare…

Die een wat WEET die manne loer vir haar…

Selfs deur die jaar is Annabelle nie die stilste meisie op Groot Gemak nie, maar sy LEEF vir die “seisoentyd”… dán is dit ook háár seisoen…

(vra maar vir die Sonskynsisters…)

Ouma Miems is ‘n dierbare en lekker ouma. Almal op Groot Gemak is lief vir haar. Sy bak die heerlikste melkterte en koeksisters. Sy’s ‘n warm, liefdevolle mense en daar is altyd baie mense wat by haar kuier.

1486808_10201976319843144_92652338_nHusse het ‘n probleem…

‘n Groot probleem…

‘n Ongemaklike probleem..

Jy sien,

Hy, Husse, het LANG ORE!!

1470341_10201975355899046_2028326193_n

Dan is daar Paddie. Paddie Padda…. of is hy eerder ‘n krokodil?

Is dit Kwaak.. Kwaak…. of Hap… Hap?

Wakker slaap!! Moenie jou laat vang nie!

1470213_10201975355939047_1453857139_n

1425653_10201975357499086_2032464290_nPas op vir KATONKELS!!! Hy lyk miskien maar soos hy lyk, maar oppas…. Hy het BLIKORE… en hy HOOR met daardie ore, anders as kinders wat ore het maar dit net vir ornamente gebruik!

1479481_10201975359739142_1585704088_n Skottel.

Siestog. Hy is ‘n straathond. Maer en sieklik. Hy bedel maar orals vir kos. Die kinders skop hom en maak hom bang met klappers.

En dan is daar…

1462912_10201976342043699_1735690574_n Snorre!!

Eintlik is Snorre ‘n baie skaam outjie, daar waar hy deur die jaar bly, maar as die Desembervakansie aanbreek en hy see toe kom… dis DAN wanneer die poppe dans en jy met Snorre kan TOOR!! 😉

1450349_10201976027995848_53142323_nKekkelekê…Eier gelê!

Net soos jy daarvan hou…

Gescramble, omelet of rou!

Maar moenie jou misgis…

is dit werklik ‘n hoender wat ek is?

Natuurlik het elke paradys of lekker plek ‘n slang…

1473003_10201977095422533_684161068_n 1461230_10201977096222553_1803808970_n

Sollie, die slang…

1460203_10201977432590962_1722120757_nDie Sonskynsusters…  Hulle sien alles, en weet alles van almal af…  Hulle weet presies waar Annabelle orals rondloop en waar Een Oog Faan sy oog verloor het. Maar… Hulle praat nie uit nie. Nooit! Net as jy baie mooi vra! Dan sal hulle iets in jou oor fluister.

Bly maar in hulle goeie boekies, dis die veiligste plek om te wees, en OPPAS wat julle vir hulle vertel!

1463222_10201975905152777_237116562_nVan Een Oog Faan gepraat… Hy is ‘n RAMKAT! Hy het maar moeilike huislike omstandighede, maar is een om mee rekening te hou.

Hy gaan mos nog eendag President word!

Dan is daar nog net een oor wie ek aan julle wil voorstel: Vir hom is die lewe net een groot plesier!

1461106_10201977288347356_1625605733_n 1476700_10201977288467359_1948206924_n Niemand anders nie as…… FRITTEL FRATTEL!!

Lekker kuier op Groot Gemak as julle soontoe gaan!

popgroete,

Toorts

(Die Sonskynsusters en die hond is deur ‘n ou tannie in die ouetehuis gemaak, ‘n vriendin het gesorg vir Husse, Katonkels, Annabelle, Ouma Miems. Sy het ook Een Oog Faan gemaak, maar ons het hom heeltemal ‘n nuwe karakter gegee. Die res het ek en my dogter aanmekaargeslaan.)

8 thoughts on “Die mense van Groot Gemak

  1. Interesting (konnie interessant spel nie) karakters!!! WAT maak julle met hulle? Ek neem aan hulle is so bevoorregd om saam see toe te gaan….. en dan???

    Like

    1. Poppekas by die Stranddienste. Ons het nog ‘n gesin ook bestel. Dis nou ‘n “ordentlike” klomp, nie handgemaak soos hierdie nie. Wel, vir 3 volle weke moet daar nog stories uitgedink word vir hierdie karikature! GELUKKIG NIE MY WERK NIE, en ek dink nie die storievertellers gaan my “agtergrond” van elke karakter kom lees nie. Wat weet 20 jariges byvoorbeeld van Husse met lang ore? En die 2 dames wat dieselfde lyk, gaan dalk net iets uitlok soos: “2 poppe wat dieselfde lyk? Ag nee!”…. 🙂
      Ons het ons bes probeer. Is mos nou nie eintlik professionele popmakers nie, of hoe? 🙂

      Like

  2. Julle moet daai stories neerskryf hoor :-). Ons het ook sulke karakters wat vir die kinders “lessies” leer en een outjie so 4 kom na die tyd voor die poppekas staan om vir Bobbin iets te vertel, maar die “hy” praat met ‘n ander dogtertjie. Maak hy Bobbin stil met ‘n “shhhurrap Bobbin” en toe ons is mos vliende, luister vir my. Dis amazing hoe die kinders met die karakters identifiseer en “luister” wat hulle se.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s