Verandering

Ek lees in die boek, “Insights into excellence” die volgende, geskryf deur Ty Boyd: “…So it is more than willingness to change that sets the true leaders apart. It is seeking out change and wringing every bit of potential out of it that takes you to the next horizon in your own growth.” “We have to learn to make decisions quickly, to find ways to put those decisions into operation tomorrow and not at the beginning of the next fiscal year.”  (Hierdie boek is uitgegee deur die Speakers Roundtable, 1988)

Ja. Ekself het nog altyd gesê: “As jy in Afrika wil oorleef, moet jy aanpasbaar wees.”  Een van die lewensveranderendste boeke wat ek in hierdie verband gelees het, was “Who moved my cheese?” deur Spencer Johnson. Ek het die boek al in 2000 gelees en uitgeleen, so ek moet nou erg op my eie geheue staatmaak. Sover ek kan onthou, het ‘n paar mense en muise kaas op ‘n sekere plek gekry. En een dag is die kaas weg. Sekeres het vir dae gesit en treur oor die kaas wat weg is, en gewag dat die terugkom. Ander wou die skuldiges gaan soek wie die kaas verwyder het. ‘n Ander groep het besef: Hierdie kaas is verby, ons moet ‘n nuwe plan maak, nuwe kaas gaan soek, ander oplossings vind. 

Dis die een ding wat ek ook onthou uit my beradingskursus wat ek ‘n paar jaar gelede gedoen het. Slegte dinge kom oor ons pad. Ons moet soek na ‘n Nuwe Nuut. Ons kan dalk nooit terugkry wat ons gehad het nie, maar die nuwe nuut kan selfs meer fantasties wees as dit wat ons gehad het.

In ons besigheid kon dinge nog altyd oornag verander. My man (en sy vennote!) het die wonderlike gawe om ‘n geleentheid raak te sien en aan te gryp. Dit bring mee dat jy soms heeltemal uit jou gemaksone geskud word.  Al antwoord was nog altyd: Pas so gou moontlik aan. Maak die beste van die geleentheid.

Tog, as ek aan 2013 dink, besef ek dat ouderdom tog ‘n rol speel. In hierdie jaar het hier groot veranderinge in ons besigheid gekom. As ek aan myself dink, besef ek dat ek nie meer so maklik reageer op groot veranderinge nie. Dis asof ek wil vasskop, briek trek. Met die jong generasie wat begin betrokke raak, gebeur dit soms vinniger as wat hierdie 51-jarige tannie kan byhou. Dit het spanning veroorsaak, en selfs dat ek op mense se tone getrap het, waaroor ek jammer is.

Dís hoekom die jonges so nodig is. Hulle verseker dat ons nie stagneer nie… al pas ons stadiger aan…

Komaan! Gryp daardie geleentheid! Maak die beste daarvan. Verander as dit nodig is! Klim uit jou gemaksone! Dis opwindend.

dieselfdetoorts

7 thoughts on “Verandering

  1. Ai Toortsie, is dit nie só waar nie! Die lewe maak soms draaie met mens, en elke keer is daar uitkoms (daar WÓRD mos mooi na ons gekyk…!). Ek het altyd vir my man gesê ek sal enige plek in die wêreld gaan waar hy gaan, maar moet my ASB nóóít ooit neem nie! En nou … 6 maande later is ek nogsteeds hier…! Ons is mos STERK baba’s!!

    Like

  2. Ek het daardie jare tussen die mielielande gesê eendag gaan ek en pappa daar bo teen die bult begrawe lê. Dit is soos ek my die toekoms voorgestel het – gelewe en oudgeword in dieselfde huis, en begrawe teen die bult. Nooit besef hoeveel verandering daar nog op my wag nie… waarvan terug stad toe kom die eerste groot skok was……

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s