musiek uitdaging

Dirkie skryf op Facebook dat sy staan en stryk en terselfdertyd dink aan die uitdaging. Nuuskierige ek vra natuurlik toe wat die uitdaging dan is. Sy verwys my na ‘n litnet blog, en die uitdaging is musiek.

Ek maak of ek so musikaal is, so baie van musiek weet, maaaar dis eintlik dat, in die land van blindes, Eenoog koning is. Want sien, in die rêrige musiekwêreld is ek nie eers ‘n miggie nie!!

Ek was 5 jaar oud toe my ma vir haar ‘n klavier gekoop het. Daardie klavier het my geroep en geroep en geroep… Toe ek in standerd een was en nog in die plaasskool, het my pa Donderdae met my dorp toe gery vir klavierles. In standerd 2 is ek toe in die dorp se skool gesit en kon musiek neem na hartelus. En koorsing. En sangklas hê. En volkspele dans (onthou jy, Chris?) 🙂

In standerd 4 het tannie Elza Wessels begin musiek gee op die dorp. Die heel eerste naweek was ons op Struisbaai en toe ek en my ma so die strand betree, sit tannie Elza daar. Sy’s ‘n ou vriendin van my ma, en my ma sê toe vir haar: “Kyk, tot nou toe het daar nog niks met Toortsie se musiek gebeur nie. Jy moet nou ‘n plan maak.” Net daar ry tannie Elza Kaap toe en koop eksamenboeke.  (Darem seker in die week of so!!)

So het ek jaar vir jaar eksamen gespeel, tot standerd 9. In Matriek moes ek graad 8 doen, maar die lus het ontbreek. Saam met die my jarelange begeerte om musiek te gaan studeer.

Op universiteit het ek toe by ‘n mede-student les geneem, en so deur die jare het ek, wanneer die tyd en kinders my toegelaat het, weer les geneem. Elke keer moes ek weer ‘n paar grade terug begin, omdat ek uit oefening was.

Toe ek uiteindelik graad 8 doen, was die tweeling so 5 jaar oud. Ons 3 het in trio geoefen. Die een op die heel laagste oktaaf van die klavier, die ander op die heel hoogste een en ek in die middel! Ek kan net dink hoe dit vir ‘n buitestaander moes klink!!

Terwyl ek vir meisiekind verwag het, het ek orrellesse geneem… sal dit dalk die rede wees dat sy nou so goed is in musiek??

Uiteindelik het ek by die punt gekom waar ek besef: 1) Ek het NIE verhoogpersoonlikheid nie. Eintlik weet ek dit my lewe lank. 2) Ek moenie meer klassieke musiek probeer speel nie. Jy kan dit nie net af en toe doen nie. As jy dit wil doen moet jy dit voltyds doen, en dis te spanningsvol vir my. 3) Ek sal my B Mus eendag in die Hemel doen. 🙂

En nou? Nou mag ek ligte musiek speel! Wanneer ek wil. Hoe ek wil. Of ek wil. Met draaitjies en swaatjies soos ek wil. Net vir die lekker!! 🙂

Sit terug en ontspan en luister na “Bitterbessie Dagbreek”… geniet dit net, moenie fout soek nie! En ook na “Gee ons Vrede”

Bitterbessie Dagbreek

Gee ons Vrede

Met liefde vir julle gebring deur Toortsie.

Ns. Seegogga! Wat maak jy met die onderwerp “Musiek”? En Xena?

22 thoughts on “musiek uitdaging

  1. Ag, hoe lekker luister ek nou na jou snitte (dít terwyl OFM in die agtergrond oor die internet speel…!) Is dit nie ook dat die klavierspel mens sommer rustig maak nie? Ek luister gereeld via Grooveshark op die internet van mooi Kersmusiek – en nogal ook Chris Chameleon en Laurika ens…!

    Like

        1. Kameel hier, jammer ek val jou en Toortsie in die rede. Wil net sê hoe lekker dit is om jou pienk blommetjie hier te sien 🙂 Na jou fotos gaan kyk, dit gelike maar konnie plek kry om kommentaar te lewer nie.

          Like

  2. Ai, en sal ons ooit die volkspele vergeet… Hier in KZN is alles mos baie Engels, en ek het al baie keer so gewens dat my dogters kon deel in die Afrikaanse geskiedenis en tradisies… Eintlik tragies dat dit so uitsterf. Dankie vir die mooi herinneringe, Madeliefie!! Mooi dag verder x

    Like

  3. Toorts ek het altyd gewonder hoe verstaan mense Grieks…. musiektaal is vir my Grieks, maar ek geniet dit solank ander dit beoefen. Dankie dit is baie mooi!!!

    Like

    1. My blog is HEELTMAL oop, sodat ALMAL moet kan kommentaar lewer. Jy is nie veronderstel om te registreer nie.
      Net een ding: By naam moet jy die naam intik wat jy wil sigbaar hê. So, as jy onder ‘n skuilnaam wil kommentaar lewer, moet jy jou skuilnaam inskryf. Net ek kan wel jou epos adres sien.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s