Omtrent elke tweede bloginskrywing wat gemaak word, is oor die komende verkiesing. Eintlik dink ek dis meer as elke tweede bloginskrywing.
Ek weet NIKS van politiek af nie. Niks. Ek verstaan dit nie. Wat ek soveel keer sien, is maar magsbehebdheid. Die Self in beheer…
Maar ek wil nou nie ‘n debat begin oor wie almal korrup is en wie vir wie verkul nie. Ek wil die ding heel uit ‘n ander kant benader, ‘n kant wat BAIE seker sal laat sug.
Die een ding waarin ek onwrikbaar glo, is die krag van gebed. Goed, daar is mense wat nou hieroor ook sal wil tegnies raak. Ek glo in die God tot wie ek bid. Ek glo in die Heilige Gees wat my gebroke gebed maak tot iets bruikbaars. Ek glo in ‘n God wat luister na ELKE GEBED, hoe eenvoudig, gebroke, hoogdawerend dit ook al is.
Daarom, liewe vriende, wil ek vra: Elke keer wat jy moedeloos raak vir die situasie in ons land, elke keer wat jy beangs raak oor die komende verkiesing, BID. Bid vir dit wat op daardie oomblik in jou hart is. Bid vir ons land. Bid herhaaldelik vir die verkiesing. Dat ons leiers betroubaar sal wees en met integriteit sal optree. Dat ELKE persoon in ons land met integriteit sal begin optree. Dat ons as Suid-Afrikaanse burgers, almal van ons, weer God sal aanroep, Hom sal begin dien, Hom sal erken in ons optrede. Dat ons weer werk-etiek sal leer en dat mense ander mense sal respekteer.
Kom ons verander negatiewe denke en negatiewe uitsprake in gebede van hoop, gebede van vertroue. Vertroue in ‘n Almagtige God vir wie NIKS onmoontlik is nie. God is in staat om dinge te doen, baie meer as wat ons nog ooit aan gedink of gedroom het… (Ef 3:20) Ons moet net vra!!
Gebed verander sake.
Toorts
O, jy slaan die spyker só op die kop! Amen! Het jy al gedink daaraan hoe WONDERLIK dit sal wees as ‘n oorvloed gebed oor ons land sal vloei? Hier in die Lagos-land waar ek sit, kan mens ook nie anders as om ook vir hulle te bid nie! SAAM sal ons die ding doen!! (maar intussen bid ek ook nog dat ons wél hier in Nigerië sal kan stem – die president moet dit nog proklameer!)
LikeLike
Ek kan net “amen” sê op elke woord wat jy geskryf het Toorts.
Vanoggend die woorde gelees: God knows that there are Red Seas in our lives that need parting, giants that need to be defeated, and lions that must be kept from devouring us – He knows we need His power, His presence, His guidance, and His strength through the journey. He has given us prayer.
LikeLike
laat ons as Suid Afrikaners soos een man sê Ek het gebed en ek is nie bang om dit te gebruik nie.
LikeLike
Ek is nou 18, ‘registered’ en ek wag op 2014 sodat EK kan stem. Maar na die opwinding van die besef dat ek vir die eerstekeer gaan kan stem, het ek gou besef dat ek ook niks van poltiek weet nie. Kyk, ek is verslaaf aan die nuus, kyk en lees en luister amper elke dag, maar politiek is steeds ‘n dowwe kol- ek weet nie wie vir wat staan en waar ek my eerste kruisie gaan maak nie.
Maar nou dat jy, my liewe Toortsie, dit in so ‘n gelowige lig gestel het, weet ek wat ek moet doen. Ek is nog kind, ek weet, maar as daar een ding is wat ek uit hierdie mooi, breekbare wereld geleer het, is dit dat niks teen die krag van gebed te staan kan kom nie.
Dankie. Ek weet nou ek sal ‘eventually’ die regte keuse maak die dag as ek my merkie moet maak.
LikeLike
Vertrou jou ouers in jou besluit. As jy wil.
LikeLike