So tussen die klammigheid deur kry ons wel soms canola ge-oes… Die foto’s is met my selfoon geneem deur die stroper se venster. Maar kry die gevoel… 🙂
Op ‘n stadium wou ek ‘n foto van my kar wat daar staan neem, sodat julle ‘n idee kon kry van die grootte van die masjienerie wat gebruik word…
So, sò lyk canola as dit ge-oes word. Die saadjies is sulke klein, pikswart, koeëlronde saadjies wat die wêreld vol rol. Daarom moet dit geoes word as dit nie baie droog is nie, anders bars die peule oop en jy kry geen saadjies in die bak nie!
trotsboertoorts
Ns. Canolaolie word as van die gesondste olies gereken. Kyk, daar waar jy jou sonneblomolie koop, of olyfolie…. koop canola!! En koop canolamargarien…. dis te sê as jy nie regte plaasbotter koop nie! Canola-oliekoek is weer ‘n fantastiese voeding vir diere.
LANDBOU VOED U.Waardeer die boer.
Jy kan opreg ‘n trotse boervrou genoem word!!! Ek gebruik al lank Canolaolie 🙂 nou voel ek ook sommer trots.
LikeLike
Baie interessant!
LikeLike