‘n loertjie deur die sleutelgat…

Ek het twee uiteenlopende boeke gelees oor vroue in die Moslem-wêreld.  Waaroor ek net elke keer dankbaar is as ek sulke boeke lees, is vir die vryheid wat ek as “Westerse” vrou het. Baie keer voel ek maar nog dat vroue soms moet terugstaan vir mans, maar as ek hierdie boeke lees, kan ek net dankbaar sug. Ek is beslis nie ‘n feminis nie, maar ek voel baie sterk dat vroue gerespekteer moet word.  Ek vertrou dat dit verskil van Moslemland na Moslemland, en dat sommige lande meer verlig is as ander. Dis vir my angswekkend dat mans nog vroue kan “besit”.  Wat ek hier skryf, bedoel ek beslis nie as kritiek nie. Ek dink net dat ons, in vandag se tye, dalk tog ‘n bietjie meer inligting oor hierdie onderwerp sal inwin. Terselfdertyd is ek bang om dit te sê, omdat die bronne waarvandaan ons dit inwin, baie betroubaar moet wees.

Die eerste boek het ek alreeds voorheen bespreek. In the land of the blue burqas, deur Kate Mc Cord is ‘n ware verhaal waar Kate Mc Cord, as Amerikaanse vrou, ná die Afganistanse aanvalle op Amerika op 11 September, vrou-alleen daar gaan opheffingswerk doen het. Afganistan word beskou as die gevaarlikste land in die wêreld vir vroue om in te woon. Die vroue in Afganistan kry regtig baie swaar, en Kate het haar gesprekke met die vroue in die boek beskryf. Die boek lees lekker en is beslis ‘n moet om te lees. Dit leer jou nie net ongelooflik baie van die Moslemgeloof nie, maar ook van ons Christengeloof.

Waar die boek hierbo die lewe van uiters arm vroue in uiters swak omstandighede beskryf, is Princess Sultana net mooi die teenoorgestelde. Jean Sasson skryf in die voorwoord dat Prinses Sultana haar gevra het om die boek te skryf om die ware lewe van ‘n prinses in Saudi Arabië te beskryf. DIs die lewe van baie geld, maar ook waar ‘n vrou geen sê het nie. Sy is haar man se besitting, hy besluit oor haar lot. Prinses Sultana is egter nie heeltemval tevrede om net mooi te lyk nie.  Vir haar is daar meer in die lewe. DIs ‘n uiters insiggewende boek om te lees. Ek het dit baie geniet en wil dit regtig aanbeveel.

In my soeke na ‘n foto van die boek, kom ek toe op hierdie inskrywing af. Dit verwys na ‘n ander boek, Cinderella in Arabia, en dat dit dalk daarop gebaseer is. Ek het egter nie die kennis om te sê of dit die waarheid is of nie. Al wat ek weet is dat ek dit boek baie geniet het, dit insiggewend gevind het en graag die twee opvolgboeke sal wil lees. Of die prinses fiktief is of nie, dink ek tog dit weerspieël dalk die ware lewe van die Saudi-Arabiese adellike vroue. Net terloops, volgens Geopende Deure se wêreldwaarnemingslys, is Saudi Arabië die TWEEDE MEES GESLOTE land in die wêreld. GEEN beoefening van ENIGE ander geloof, behalwe Islam, word daar geduld nie.  Afganistan is derde op dieselfde lys.

sondersluiertoorts

13 thoughts on “‘n loertjie deur die sleutelgat…

  1. Toortsie ek dink hier in ons land is die vrou vry in beweging en spraak. Dit is goed om te weet hoe ander wêreld vroue leef maar soms trek die vroue dit aan om dan nie te besef hoe gelukkig en God gegewe jul aan ons sye is nie. Dan hoor en lees mens van daardie vroue wat God aanvaar het en tussen dit als opstaan en hul lewe vir Hom gee. So soms is daar baie keuses wat mens kan neem. Joune is die keuse van Ma en vrou wees vir die gesin. Geniet jou keuse.

    Like

    1. Ek was nog nooit spyt oor my keuse nie. En genadiglik kon ek vir my ‘n ‘werk’ uitskrop in ons eie besigheid, aan my man se sy. Wat ‘n voorreg! Elkekeuse het seker nadele ook, maar ek is dankbaar dat my keuse my gegun was.

      Like

  2. Lyk soos boeke wat ek sal geniet. “Not without my child,” (dink dit was die boek se naam) wat in Iran afspeel was vir my insiggewend maar ook baie ontstellend. Ons het sowaar baie om voor dankbaar te wees.

    Like

  3. Interessant. Dit klink na iets wat ek moet lees.
    Ek het ook “Stolen lives: twenty years in desert jail” baie aangrypend gevind. Dis ‘n ware verhaal, en alhoewel die fokus nie op die moslem geloof is nie, gaan dit oor ‘n vrou en haar kinders wat 20 jaar in ‘n tronk aangehou is omdat haar man, wat ‘n belangrike regeringsamptenaar was, ‘n sluipmoordaanval op die koning geloods het.

    O ja, en nou die dag lees ek in die koerant dat die rede waarom vrouens in Saoedië Arabië nie mag kar ry nie is omdat dit hulle eierstokke kan beskadig en hulle dan gaan sukkel kan om kinders te kry … sê ‘n hoë in die kerk daar. So primitief.

    Like

      1. Ja, hulle mag steeds nie bestuur nie. Die enigste land in die wêreld wat dit nie toelaat nie. Hierdie was ‘n berig in ‘n amerikaanse koerant einde September. Daardie priester behoort te wonder hoe die res van die wêreld so oorbevolk geraak het, met al die vrouens wat bestuur …

        (http://www.huffingtonpost.com/2013/09/30/saudi-driving-ban-ovaries_n_4016957.html?utm_hp_ref=world)

        RIYADH, Saudi Arabia — A Saudi doctor has gone on-air to dismiss claims made by a well-known cleric who caused a stir when he said medical studies show driving affects a woman’s ovaries.

        In comments aired over the weekend by the privately owned Rotana channel, gynecologist Mohammed Baknah says scientific studies have not proven that driving has adverse effects on women’s reproductive health.

        He was addressing remarks by Sheik Saleh Saad el-Leheidan who said that women who drive suffer from having the pelvis forced upward. His remarks were published Saturday in an interview with the website el-Sabq.

        Hard-line clerics have opposed a campaign scheduled for October 26 calling on women to drive in defiance of a ban in the ultraconservative kingdom.

        Another cleric this month called on people to harass women who drive.

        Like

  4. o ja, ek bly vergeet amazon werk nie by julle nie. ek het ook nou op kalahari gekyk. as mens die outeur intik dan kom net die oorspronklik franse uitgawe. ek weet nie van ‘n fliek weergawe nie, maar dit kan ‘n soortgelyke verhaal wees.

    Like

Gesels saam, asseblief!