Twee tienerboeke en ander

Twee tienerboeke het in die laaste tyd oor my pad gekom en ek wil dit vir tieners EN volwassenes aanbeveel.

Amper Einstein, deur Christien Neser, is ‘n lieflike verhaal van ‘n gesin wat ‘n kind in die gesin het wat Asperger Sindroom het. ‘n Pragtige verhaal wat wys hoe elkeen op sy eie manier probeer om die situasie te hanteer. Saam met die tiener-ouboet leer ons aspekte van die sindroom ken, ons ervaar sy frustrasies, en saam met hulle sien ons dat daar tog ‘n toekoms is vir die Asperger-seuntjie. Danksy sy boetie se spesiale talent, wen die ouboet op die ou end ‘n beurs.

Na aanleiding van Son se skrywe, het ek ook die boek, Seekers of the Lost Boy, deur Taryn Hayes, aangeskaf. Wat ‘n lieflike boek!! Ek kon dit net nie neersit nie.  ‘n Seuntjie ontdek ‘n bottel wat iemand 30 jaar tevore in die see gegooi het. Die bottel bevat ‘n briefie, met die vraag: Wie is God, en weet Hy van my? Die gesin maak ‘n projek daarvan om die eienaar van die bottel op te spoor, maar saam met dit kry hulle ook antwoorde op ‘n paar ander lewensbelangrike vrae. Ek sal nog van Taryn Hayes se boeke lees.

Die krag van die Heilige Gees, deur Angus Buchan is ‘n boek om te lees as jy ‘n bietjie vernuwing in jou geestelike lewe soek. Angus draai geen doekies om nie. Dit begin met ‘n wonderwerk wat hulle beleef het. Lees dit! Dis die moeite werd!

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Twee tienerboeke en ander

  1. diepokkel sê:

    Hey ek het n blog begin oor my reis na gewigsverlies. Asb volg en dankie vir die wenke oor hoe om n blog te begin

    Like

  2. Baie dankie vir jou oorsig. Ek is baie bly jy geniet die storie. Lekker lees!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s