kopmense

Nog steeds die ego-tipes. Daar is 3 soorte mense – kopmense, hartmense en gutmense. Ek gaan nou nie hierop uitbrei nie, maar elkeen van hierdie 3 groepe is nog weer in 3 groepe opgedeel, waarvan die nr 7 een van die ‘kop’ groep is.

Hartmense werk dinge met die hart uit, ander se belange is vir hulle baie belangrik, ook wat ander van hulle dink. Gut-mense gebruik hulle gut-feeling.

Kopmense hou daarvan om iets in hulle kop uit te werk, hulle versamel graag inligting, hulle is prakties, aansienlik meer besig met hulle eie dinge as met ander mense s’n. Hulle is amper soos ‘n duikboot wat maar daar onder in die see besig is met homself, en net soms die periskoop uitlig om te sien wat in die res van die wêreld aangaan. Hulle is logies. Die WARE FEITE is vir hulle van kardinale belang. Wit is wit, swart is swart, met min grys areas tussenin. Hulle vra vrae soos waar is ek? Wie is reg? Hoe pas dit als inmekaar? Waar pas ek in? Voel gou oorbodig. Kopmense word gedryf deur vrees. (Kan jy glo?) Bang mense. Ja, selfs al wil hulle dit nie erken nie!

Die negatief van kopmense, en veral die sewes, is dat jy maklik onseker voel. So, as jy ‘n fout maak, iemand anders per ongeluk teleurstel, selfs al was jy nie die verkeerde persoon nie, kan dit baie baie lank vat om uit jou sisteem te kom. Soos ‘n vriendin een keer gesê het toe ek onbewustelik dalk haar toon kon raaktrap: “Nou gaan Toorts weer vir 3 weke lank om verskoning vra.”

‘n Misverstand kan ‘n bad day tot gevolg hê,  skuldig of onskuldig.

nou ja

Toortsie

Lank terug geskryf, maar nou verstaan ek myself weer eens beter.

Toortsie by Finesse: Mammatyd

Finesse Blogger van die week

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

10 thoughts on “kopmense

Gesels saam, asseblief!