Nr 7

Vir 3 weke lank het ons dominee elke Maandagaand al die pad uitgery plaas toe om ons te kom help ontdek wie ons is, watter ego-tipe ons elkeen is.

Wel, ontmoet nr 7. 😆 die optimis, planmaker, avonturier. Die een wat pyn te alle koste vermy. Die apie – kan nie stilsit nie – spring van boom na boom. Die een met ‘n gelukkige kinderlewe en maklik om gelukkig te hou. Entoesiasties. Die een wat organizers love, want hulle lewens is so deurmekaar. 😉

Die sewes het baie planne in hulle kop, maar baie kom nie ten uitvoer nie. Hulle raak gou verveeld met ‘n ding. Daarom is ‘n reeks soos 40 dae van positiwiteit LEWENSLANK. Dis een ding om dit te skryf, maar om vir 40 dae dit elke dag te post … sjoe!!! Besef julle watter oorwinning dit was?

Ek wonder of “gehoorsaamheid” ‘n 7 eienskap is? Want ek sou my persoonlikheid prysgee in die proses van gehoorsaamheid. Op skool het ek die opstel geskryf soos ek dink die juffrou wil hê dit moet wees, en dan was dit natuurlik nie so nie! Dieselfde met die klavier. Ek het so hard probeer om dit te speel soos tannie Elza wou hê. Of ek dit reggekry het? Ek weet nie. Ek het die regte kleure bymekaar gedra presies soos my ma vir my geleer het, tot ek op 45 agtergekom het die Ware Ek skree om uit te kom.

Want hierdie Ware Ek LOVE bont, al is bont kommin. Ek is mal oor KLEUR, al is kleur ‘goedkoop’. Deurmekaar. Mal. Laf. Want ek het geleer dat jy hoeveel ook al kan probeer om spesifieke mense te behaag en dat jy dit óf nooit sal regkry nie, of aan die ander kant besef hulle dit nie eens nie en doen jy eintlik verniet die moeite.

Sedert ek EK geword het, is dit rof! Ek het soms nie raad met myself nie! Ek volg die een baie belangrike reël: Om my bes te doen om nie ander mense te na te kom nie, al gebeur dit tog, selfs met my beste pogings om dit nié te wees nie. Verder probeer ek om ander te respekteer. Ek gedra my (of probeer) daar waar ek dit moet doen … uhm …

Maar vandat ek EK is, is ek gelukkiger as ooit. 😆 Terselfdertyd dink ek my mense is ook gelukkiger, selfs al moet hulle saam met hierdie lawwe mens saamleef!

Want God het my so gemaak!! Net ek kan die beste ek wees.

En die goeie nuus? God het JOU ook JY gemaak. Wees JY! Dis die beste een om te wees!

beyourselftoorts

Toortsie by Finesse: Mammatyd

Finesse Blogger van die week

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Motivering en Bemoediging and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Nr 7

  1. Kameel sê:

    As ek eers op 45 my eie mens geword het, het ek al daardie rebellie en sy nagevolge misgeloop. Die rebellie was om uit die boks te kom. Dan het ek mooi gehoorsaam ‘n goeie pad gestap, mense behaag, en my lewe sou rustig voortvloei. Op die oomblik klink dit na die Paradys vir my!!!!
    Ek is bly jy het jouself gevind No. 7!!!!! bontrok en al 🙂

    Like

    • Toortsie sê:

      Ag, ek dink ek was maar nog altyd ek…. MOEILIK om op hok te hou! 🙂
      Toe my man vir ‘n eerstejaarstudent van my dorp vertel hy gaan met my uit (toe nog kêrel), toe vra die eerstejaar: Sjoe meneer! Hoe het meneer daardie wilde bok mak gekry? ….

      Like

  2. Terug pieng: kopmense | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  3. haai toorts dit is nou pragtig ek is mal oor bont mal deurmekaar mense, want hulle is opreg en ware vrinne!!!!!

    ek dink as ek myself moet opsom is ek ‘n mengelmoes van baie dinge, ek is mal daaroor as almal om my gelukkig is en het wat hulle nodig het so by so dat ek myself te na sal kom om hulle so te kry, (baie groot swakpunt ek weet), en dan moet ek ook sê ek hou van planne beraam en ek hou van oorwinning, ek haat kretiek, en voel minderwaardig teenoor die meeste mense. sal eerder dink iets was my skuld en en en

    ek het eers begin leef en mens word die oomblik toe my oë vasgeslaan het in mannas sin, ek het binne ‘n oogwink handomkeer besef ek is ‘n mens wat ook liefde en sonskyn verdien, en ahloewel ek steeds daai groot swakpunt in my lewe het, weet ek ek sal nooit op my laat trap nie, en as iemand ‘n kind of oumens of dier in my teenwoordigheid te na sou kom, wel dan klim die tier in my uit en dan veg ek hand en tand

    Like

  4. Terug pieng: die duiwel is listig | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  5. Terug pieng: Toe kry ek baie meer | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Terug pieng: It’s all in a zip! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s