Die einde van ‘n era

Vandag pak ek al die opvoedkundige speelgoed weg. Die speelgoedkas wat in my waskamer staan word leeggemaak…

Toe ons nog die melkstal hier by ons huis gehad het, en hier minstens 8 melkers was, was hier baie kinders. Die ander plaaswerkers se kinders was nog in die skool en hier was soms 8 kinders wat elke dag by my kom speel het. Ek dink met daardie groepie kinders het ek baie bereik.

Ek moes hulle leer hoe om ‘n puzzle te pak. Hulle het nie daardie eerste houtpuzzles, waar daar net een blokkie is wat in ‘n gaatjie moet pas, geken nie. Die volgende het hulle geleer hoe om ‘n 4 stuk puzzle te pak (skoolgaande kinders); 6 stuk, 8 stuk, 12 stuk, 24 stuk. By 36 stukke het dit te moeilik begin raak. Ons het gesing, gedans, sokker gespeel. Die kinders van die ander plase was jaloers en wou kom saamspeel. Soms was die ander wel toegelaat om te kom, maar eintlik was dit ons eie kinders se voorreg.

Daardie kinders het groot geword, tieners, en toe die melkstal toemaak, het hulle sommer min geword.  Nou is hier soms een kind op die plaas en ons kom net nie weer aan die gang nie. My fokus het ook verander en tyd het ‘n probleem geword.  So, vandag pak ek die speelgoed weg, en dit sal weer een-een uitgehaal word as die kleinkinders kom kuier.

Maar hierdie wegpak is nie lekker nie. Dit gee ‘n leë gevoel in my hart. Ek onthou die klein seuntjie wat altyd gesorg het dat hy my heel eerste ‘n drukkie gee as hulle loop, maar dan agter in die ry inval vir nog ‘n drukkie. Die liewe Sibongile wat by my van Jesus gehoor het, die stories absoluut ingedrink het en woord vir woord leer bid het. Ek wonder wat het van hom geword? Zelda en ‘n swart dogtertjie het gaan sing by die Eistedfodd – wat ‘n ervaring vir plaaskinders wat skielik in ‘n ouditorium moet sing! Daardie dag het ons Kentucky gaan koop en langs die see gaan sit en walvisse kyk.   Siamthanda het as stukkende, verkragte dogtertjie op ons plaas aangekom en so fantasties ontluik toe sy liefde en aanvaarding ontvang het. ‘n Hoogtepunt was die dag toe die kinders vir my gaan wys het waar hulle speelplek op die plaas is. Hulle wou ALLES wys, ook hoe hulle kaal swem!! 😉 Banati, wat een dag nie kon loop nie, sy voete is seer. Toe ek kyk wat die voete makeer, kom daar toe van my karretjies by elke skoen uit! Ek was so trots op hulle as ons gaan skoolklere koop het en hulle hulle so mooi gedra het, die grotes het die kleintjies te mooi gehelp.

Nou ja, elke einde beteken ‘n nuwe begin. So, voorwaarts mars!

let’s-do-it-toorts

Toortsie se faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding, Plaaslewe en Landbousake and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Die einde van ‘n era

  1. Kameel sê:

    Nogal die laaste tyd gewonder wat het van jou en jou “kinders” geword. Dit was ‘n goeie seisoen Toorts, jy het gesaai….. en daar sal oes wees. Mag die nuwe seisoen groot vrug dra!!!!

    Like

  2. Vlooi sê:

    Sal ek dan nou wil tranerig word en dit oor kinders wat ek nie eens ken nie! One person may not be able to change the world, but we can change the world for one person. Ek dink jy het die wêreld vir meer as een persoon verander Toorts

    Like

  3. seegogga sê:

    EK GLO JY WAS VAN ONSKATBARE WAARDE VIR DAARDIE KINDERS- EN DIT GAAN HULLE HULLE LEWE BYBLY

    Like

  4. uitentuis sê:

    Een ding wat mens nie kan wegpak nie, is die herinneringe. En ja gou-gou gaan die kleinkinders daai goed begin nodig kry 🙂

    Like

  5. Terug pieng: Syfers | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Terug pieng: Toortsie se Toeka Tokkel oor Legkaarte | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  7. Terug pieng: My 10 favourite blog posts from my blog | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s