Die weer en die Walvisroete

Ons almal weet mos, dat as jy vir 5 dae in die Kaapse berge en natuur wil deurbring, en dit by die einde van Julie, begin Augustus, dat die weer allerhande dinge kan doen.  Jy kan enige iets verwag: Reën, wind, sonskyn…

Ons het ons eerste Walvisroete in 2006 gedoen. Hier aan die einde van Julie. Toe ons die eerste dag moet begin stap, Potberg oor, toe SOUS dit.  Egte Kaapse winterreën. Dis Koud en Nat. My man gooi sy speelgoed uit die cot. Hy gaan NIE oor die berg stap nie. Ons ken hierdie wêreld. Ons kan mos met die dienspad loop, aan die voet van die berg. Dis MALLIGHEID om in HIERDIE REëN die berg in te vaar. Hy laat hom nie eers op die plaas natreën nie, hoekom sal hy dit nou doen? Die owerhede sê: “Nee”. Niemand stap die dienspad nie. Jy gaan oor die berg, of jy onttrek van die hele roete. Skielik, half 10, hou die reën net op, soos ‘n kraan wat toegedraai is. Ons begin onmiddellik stap en toe ons laatmiddag by Cupido’s kraal se huisie instap, toe draai die reënkraan weer oop!! 😆  ERG toevallig, né?  Ons moes natuurlik twee keer deur ‘n vol rivier gaan. Daar waar jy die tweede keer oor die stroompie gaan, het dit sommer so geskuim. Terloops, ‘n mede-stapper wat vanjaar saamgestap het, sê sy het dit al heeltemal droog ook gekry!

2006 se foto’s:

Verlede jaar het daar ‘n fout met die bespreking gekom. Ons het alreeds in Desember van die vorige jaar bespreek vir 2 Augustus.  Om een of ander rede bel ek hulle Junie, en toe is daar stilte aan die ander kant. Want ons bespreking is nie gedoen nie!! 😦 Ons kon toe wel 27 Julie gaan, wat veroorsaak het dat slegs 3 van die oorspronklike groep wel saam is. Ons het LIEFLIKE weer gehad, en die genade was weer eens met ons, want 2 – 5 Augustus het dit VERSKRIKLIK gereën, soveel so dat daar mense uit die berg gehaal moes word (of so het ek gehoor)!!  Weer eens BAIE toevallig, né?

Ek het nou al geleer dat 31 Julie beter werk as 1 Augustus as jy bespreek. Jy kry baie makliker plek, en dis goedkoper. Vanjaar was dit WARM. Soveel so dat daar ‘n fout gekom het met ons water, ons het te min saamgeneem die eerste dag! Dit was uit en uit ‘n oordeelsfout. Genadiglik het een persoon in ons span 2 liter by hom gehad en kon hy ons help. Vir die eerste keer was ons genoodsaak om by daardie selfde waterstroompie, wat nou net normaal geloop het, water te skep!

Reënweer of sonskyn in die Walvisroete? Ag, wat maak dit saak?  Dit BLY lekker!!

Walvistoorts

2 thoughts on “Die weer en die Walvisroete

  1. Dit is mos daardie dingetjies wat verkeerd gaan wat die “spice” aan ‘n geleentheid gee!! Weet nie so mooi van daardie water skep en drink in vandag se riviere ens nie 😯 Maar dan weer, jy het dit oorleef om te kan vertel 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s