Senamé

Vanaand steel die Toorts by Kameel. 😯

Iewers in die grote, blou see, is daar ‘n eiland. ‘n Besonderse eiland. ‘n Ekstra mooi eiland. Hierdie eiland is omring deur die mooiste turkoois see waaraan jy kan dink, en spierwit branders en spierwit strande. Dis ‘n tropiese eiland en die plantegroei is groen, groen groen. Wuiwende palmbome net waar jy kyk. En weet julle WAT?

Op hierdie eiland woon net dogtertjies! Ja! Die mooiste, pragtigste dogtertjies! As jy op hierdie eiland rondloop, hoor jy net laggende, spelende dogtertjiestemmetjies. Party sing, ander lag. Hulle speel die hele dag. Hulle spring tou, speel met balle, kam hulle hare, swem, speel in die sand, of lê sommer net in die son en niksdoen. Almal is maats en niemand is afgunstig op mekaar nie. 🙂

Hulle is natuurlik groot maats met die seediere. Die seeperdjies kom haal hulle elke dag, en dan klim hulle op hulle ruggies en ry saam met hulle op die branders. Die dolfyne is nét so lief vir hulle en kom swem elke dag saam met hulle. Selfs die haaie is lief vir hulle en swem al om die eiland om hulle te beskerm teen gevare.

Hulle maak vir hulle die mooiste juwele van al die skulpe wat op die strand uitspoel.

Een maal ‘n jaar hou hulle partytjie! Dit is natuurlik wanneer die prinses na wie hierdie eiland vernoem is, Prinses Senamé, verjaar!! Lank voor die tyd begin hulle al met voorbereidings om alles gereed te maak vir die partytjie. Die lekkerste eetgoed en die mooiste versierings word van al die skulpe en seegras en ander dinge wat op die eiland te kry is, gemaak. Dit is ‘n tyd van Groot Opwinding!! Almal op die eiland is baie lief vir hulle prinses en almal word natuurlik genooi….

Kameel is die afgevaardigde om hierdie partytjie by te woon en vir ons ALLES daarvan te kom vertel!

Toorts

16 thoughts on “Senamé

  1. Pragtig geskryf Toorts….. hoop net hierdie afgevaardigte hoef nie in ‘n swemkostuum tussen die spelende kinders te verskyn nie 😯 Dan hou ek duim vas daardie haaie so al om die strand hou van oumense ook 😯 Mag dit ‘n sonskyndag wees…. anders skuil ek binneshuis, en sal geen spelende kind sien nie, en my verslag sal maar baie kort wees. 😆

    Like

    1. Welcome from Sweden 🙂
      Toortsie did a very good job in writing the story thus far…now I, Kameel has been given the assignment to finish it 😦 I will have to keep my eyes and ears open at that party!!!

      Like

  2. Kan jy jou indink?As die “Kameel” nou na vele gevare en haaie op die eiland beland! Avontuur op avontuur vir die dogtertjies! Nee, skryf daai storie. Nou skuld jy ons!

    Like

Gesels saam, asseblief!