kan nie

Ek, die Positiewe Toorts, gaan vandag ‘n bietjie negatief wees.

Want sien, op 50 het ek al baie dinge in die lewe probeer. Uit nood het ek baie dinge moes leer doen, al was dit dalk nie op die regte of beste manier nie. Om die waarheid te sê, die woord “Jack of all trades” pas nogals by my, veral die laaste deel van die sin, “master of none.” Ek glo ‘n mens moet so veel as moontlik dinge probeer doen, nie sommer sê “ek kan nie”. Soos tannie Helen Uys een keer op ‘n VLV vergadering gesê het: “As iemand jou vra of jy iets kan doen, sê ‘ja’, en gaan vind uit hoe word dit gedoen.”  Dís hoe hierdie Toorts se kop ook werk.

Maar, op 50, weet ek dat….

Ek kan NIE gooi of vang nie. Glad nie. As jy vir my met iets gooi, staan ek doodstil of ek koes. En ek vererg my, want ek is nie jou teiken nie. 😦

Die dag toe verpleging uitgedeel is, was ek elders. Glad nie in die ry nie. Weg. Missing. Ek gril vir bloed. Word naar vir my eie seerplekke. Word flou as my dogter se neus bloei.  Sleg met siektes. Wat Disprins nie kon regdokter nie, het my hoofbrekens gegee.

Ek kan nie reguit rytjies pak nie. MOENIE vir my vra vir ‘n uitpakslaai wat in netjiese rytjies moet wees nie. Dis ‘n RILLER. ‘n NAGMERRIE. Kan ek dit dalk vir jou in hopies pak, so effens deurmekaar? Dit sal ek graag doen. 🙂

Alhoewel ek vinnig stap, kan ek NIE VINNIG HARDLOOP nie. My stapspoed en hardloopspoed is redelik dieselfde.

Ek was, toe ek by die vervoer gewerk het, onopvoedbaar wat bande betref. Maar ek het Mastertreads se nommer gehad!! 🙂

Ek kan NIE oor nou, hoë goedjies loop nie, soos die BALK waaroor ons moes loop oor skool. En fietsry met twee wiele? …. slegs met die GROOTSTE konsentrasie!

Blomme rangskik? Glad nie. Indrukkings wel. 😉

Anders as wat ander dit wil hê, KAN EK NIE HOU VAN SPINNEKOPPE NIE. Ek kan NIE!

Ag, daar is seker nog “kannies”. Hierdie is presies die teenoorgestelde skrywe as Maankind se “woeker met jou talente”.

Maar daar is ook veel meer “ek kanne”!! 😆

ekkantoorts

Wat kan jy nie?

26 thoughts on “kan nie

    1. Ja, ek het groot geword met die reel: Jy mag nie sê “ek kan nie!!!” Kannie is lankal dood van kruiwa stoot!!!! En kruiwa…dié moes ons stoot (vir dood!). Ek is ook nie een vir bloed, snye, ongelukke, wonde, ens. nie! Het daai dag saam met jou in die “verstand-kry ry” gestaan!!!!! Glo ons almal “kan” baie dinge wél doen, maar “wil” nie altyd nie! As die nood druk en niemand anders is daar nie, kán ek ‘n seerplek “versorg” met baie konsentrasie, op-my-tande-byt, wegkyk, gou eers bietjie los en asemskep, ens!!!! Maar ek wíl dit nie doen as ek sien iemand anders is naby nie!!!! Wat ek wel NIE KAN doen nie, (ek wíl dit graag kan doen!) is om met ‘n waentjie (aangehak agter ‘n voertuig) te kan ry in tru-rat! Julle, ek moes een keer die bakkie (met waentjie klaar gehak die vorige aand!) agteruit ry by die stoor om die seuns Oakdale toe te vat – dan’s ek vorentoe, dan agtertoe, kyk in die spiel… nee die waentjie “knak” nou, dan weer bietjie vorentoe, dan wéér agtertoe…. nes ek dink NOU gaan ek dit maak, toe ry ek die “switch” wat dit koppel aan die bakkie, binne in sy kanon!!!!! Nét daar agter gekom, ek KAN dit regtig NIE regkry nie, maar tot vandag toe WIL ek bitter graag!!!!! Kan my verkyk as die seuns met ‘n groot wa of spuit net so doeksag in trurat in die stoor ry…. Toema…..dalk ééndag!!!!!!! Ek WIL nog!!!!

      Like

      1. O ja, ek dink ook nie ek kan met ‘n waentjie agteruit stoot nie. Het toe ek in st 6 was dit probeer doen en die bakkie in sy kanon gery! Ek ek HET al ‘n melker se gapende wond versorg….. EK GRIL NOU NOG! Ek KAN nie!!!

        Like

  1. Toorts ek dink tannie Helen se spreuk is in die kol. Ek glo dat as ek met my “kannies ” volhou oorwin ek van hulle. Moet my net nie vasdruk in ‘n gang of hysbak nie. Trappe is meer gerieflik en is ook oefening. Ek hou nie van die vreemde nie, tog het die vreemde ‘n verassing in. So probeer en kyk wat gebeur. Sê ja en lag vir jou brousel.

    Like

  2. Daar is niks wat ek nie kan doen nie, maar ek het nogal ‘n indrukwekkende lys van goed wat ek nie wil doen nie…en die lys van goed wat ek nog nie gedoen he nie gaan my die res van my lewe besig hou

    Like

  3. Ek kan nie in ‘n deurmekaar plek werk (of bly) nie.Dit kan maar stowwerig wees, of lanklaas skoongemaak, maar elke ding moet sy plek he, anders kan ek net nie konsentreer nie. Ek kan ook nie finansiele state of die aandelebeurs lees nie, maar ek dink dis meer ‘n geval van wil nie en is nie geinteresseerd nie.

    Like

  4. As ons almal alles kon doen het ons mekaar nie nodig gehad nie. Ek kannie wiskunde doen nie PUNT!!!! Dit is Grieks, Italiaans, en wat nog meer in een. Ek sal NOOIT in ‘n deurmekaar plek kan bly nie…. ek sal sekerlik versmoor. Soos vreemdeling glo ek elke ding het sy plek. Ek kannie rigting hou nie…. daarvoor het ek al te veel verdwaal om te dink ek sal dit kan aanleer. Daar is definitief nog goed…. maar jy het nie vir ‘n kruidenierswarelys gevra nie 😆 O ja, ek kannie sing nie…. vra my kinders.

    Like

  5. Ek kan baie dinge nie. En dit wat ek kan, tel nie. Ek kan lees en ek kan skaap oppas! En som ‘n paar tussenin. Maar niks wat nou regtig saak maak, die lewe beter maak of so nie.

    Like

  6. Ek kan baie dinge nie. En dit wat ek kan, tel nie. Ek kan lees en ek kan skaap oppas! En so ‘n paar tussenin. Maar niks wat nou regtig saak maak, die lewe beter maak of so nie.

    Like

  7. het nou lekker gesmile … ek kan ook nie vang nie en kan ook nie vas dans nie … 😉 en as ek in my truspieeltjie kyk in my kar en iemand se flikkerlig is aan, kan ek nie uit-figure of dit links of regs is nie …

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s