versoeke

Die woorde wat, vandat my blog bestaan, die meeste gesoek is in soek-enjins, is wat is liefde? ; Toortsie (natuurlik!! 😆 ) Werk van die huis af, Mondeling onderwerpe, Voedseldriehoek, Bemoediging, Positiwiteit…

Hoekom is hier so ‘n uiterste krisis rondom liefde? Is dit dat ons dalk selfsugtig geword het en net self bevredig wil word, sonder om moeite te doen om die ander een te bevredig? Liefde begin by die GEE daarvan, en sodra ons kan help om die ander persoon se tenkie te vul, gaan hy/sy positief begin reageer en ook MY tenkie begin vul…

Iemand vra: “Hoe kan ek kyk wie is op my man se wattsap?”  Ai ai ai…. ‘n huwelik word gebou op respek en aanvaarding en vertroue. Ons twyfel almal seker maar soms, maar ons MOET werk daaraan dat ons vertrou en vertrou word. Onthou, vertroue skep vertroue.

In my kopkoolslaairesep kom die bestanddeel, peperwortel. Dis iets wat ekself nog nooit gebruik het nie en in Checkers op ons dorp het ek erg gesoek. ‘n Vriendin help my toe en sê dit is “Horse Raddish” 😯 Ek kon dit toe in Spar kry, in ‘n potjie. Ek sien dat ander ook vra waar hulle dit kan kry.

“Lief jou my kind” O ja, ek lief julle ook, al my kinders!! 😆

“Brandwurms”….. ?   huh???? Watse goed is dit? 😯

Hoor hierdie een: “Saam met vriendin in bed” !!!! Nee!!! Ek hoop nie sy bedoel dit “so” nie!! Dis te sê as dit ‘n “sy” is wat dit getik het! Van my lekkerste kuiers ooit was as maatjies by my kom kuier het en ons kon in die spaarkamer in die dubbelbed slaap. Daar het ons tot laatnag lê en gesels en giggel, net soos dogtertjies maar maak. Onskuldig!!  Maar om saam met jou vriendin in die bed te spring as jy ‘n man is? Nee!! Jy maak misbruik van die vriendskap. As jy so oor haar voel, sê dit vir haar en trou met haar! A nee a!! 😦

“eensaam”  … en “help my Here, asseblief!!”… oeeee ek kry mense jammer wat so eensaam en so in nood is dat hulle sulke woorde op die internet uitroep! Ek wens ek kon hulle elkeen ‘n drukkie gee, ‘n hand van bemoediging. Mag hulle vind dit wat hulle soek!! Ek glo die een wat die Here geroep het, ‘n antwoord sal kry, want Hy omarm die een wat Hom soek.

“aanvaar jou huweliksmaat” Wel, dis die beste ding om te doen, in plaas daarvan om hom/haar te probeer verander. Wees lief vir die een wat jy gekies het. Ekself het ‘n rukkie terug ‘n groot irritasie in my hart gehad en ek dink nie ek was so heeltemal verkeerd nie. Maar my huwelik is vir my veel belangriker as die irritasie, en al het dit ‘n tydjie geneem, het ek maar weer by daardie punt gekom: Aanvaar hom, wees lief vir hom. Verander dit wat jy kan verander, aanvaar die res. Bid daaroor. Gee dit vir God.

Mense! Help hierdie persoon!! “boererate oemf in die bed” en “Is sy nog lief vir my as sy nie seks wil hê nie?” Wanneer het seks in huwelike ‘n probleem geword? Is dit omdat ons te besig is en te moeg is vir seks? Of sien ons goed op TV en ander plekke en dit gee vir ons onmoontlike verwagtinge?

Toorts

3 thoughts on “versoeke

  1. my pa het al die jare peperwortel in sy tuin gehad. As die tyd reg was, het hy die wit wortels fyn gerasper en in asyn gepiekel. So ‘n bietjie brand is goed vir die ingewande, het hy geglo. Het julle geweet dat die wasabi wat ons so lekker saam met die sushi eet, eintlik meestal peperwortel is? die regte egte wasabi is blykbaar verskriklik duur, en daarom gebruik almal wasabi wat van peperwortel gemaak is en groen gekleur is.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s