Daar is só baie mense en instansies wat ons ondersteuning nodig het. Maar vandag lê my hart by sendelinge.
Sendelinge is ons arms en hande op plekke waar ons nie kan, of wil kom nie. Hulle is bereid om regtig moeilike omstandighede te trotseer en werk gewoonlik nie vir ‘n salaris nie. Net hulle liefde vir die Here en hulle roeping is wat hulle dwing om aan te gaan, ongeag hoe sleg die omstandighede dalk kan wees. Hulle staar baie keer tronkstraf, vervolging, honger in die gesig.
Daar is baie maniere waarop ons hulle kan ondersteun, maar waar ons hulle regtig moet ondersteun, is finansieel, emosioneel en met gebed. Ons gebede gee hulle die krag om voort te gaan. Soms het hulle woorde van bemoediging nodig. Gesels met hulle op faceboek, stuur daardie epos, nooi hulle vir ete as hulle in jou omgewing is, gaan luister wat hulle vertel van hulle werk. Maar hulle woon IN die wêreld, is net sulke mense soos ek en jy, en het geld nodig om te kan leef.
Ons eerste prioriteit bly natuurlik, wat ons tiende aanbetref, ons eie, plaaslike gemeente. Want ook hulle het kostes. Daardie pragtige kerkgebou waarin jy Sondag vir Sondag sit, deelneem aan lofprysing, God se Woord hoor, moet in stand gehou word. Selfs al is dit ‘n saal wat dalk gehuur word, is daar kostes aan verbonde. Daar is ook personeel wat betaal moet word. Dis tog die plek waar ons aanklop vir hulp, die oomblik as dinge moeilik is?
Maar wat van ‘n ekstra bedrae, behalwe jou tiende, vir ‘n verdienstelike saak? Wat van ‘n lêer in Excell met die naam: “My Begunstigdes”? Daarin maak jy ‘n lys van sendingorganisasies en ander verdienstelike sake wat jy graag wil ondersteun. Soos wat daar ‘n geldjie beskikbaar raak wat jy kan afknyp, gee jy een vir een, bietjie vir bietjie aan elkeen van daardie organisasies. Voor jy jou kom kry, het jy ‘n hele klompie sake ondersteun.
Maar onthou ons sendelinge. Hulle het ons nodig!!
sendingtoorts
Mmm, ek wil nou nie jou op ‘n mooi Sondagoggend vies maak nie MAAR sendelinge laat my net dink aan die fliek “The mission”. Dink ek het jou al gevra of jy dit gesien het. Ek is altyd verdag vir mense wat vir ander mense iets gaan doen bv. skole en kerke bou met die stertjie van geloof aan …
LikeLike
Als reg. Elkeen is mos geregtig op sy eie opinie.
LikeLike
‘n Sendelingpaar wat ons gemeente ondersteun se sending (ek dink mens noem dit so?) is vandag weer op ons harte gelê. Nie vir geld nie, wel vir gebede. Hulle huidige situasie is nie gunstig nie en die wêreld word ongenadig waar hulle is.
LikeLike
Net vandag iets treffends gelees. “Every person who has Christ in him is a missionary. And every person without Christ is a missionfield.”
So bly die Here het my nie sak en pak na die sendingveld toe geroep nie. Dit is nie ‘n bed van rose nie, en hulle het al die hulp nodig wat hulle kan kry.
LikeLike
Ons het elke jaar ‘n “Mission Sunday” wat basies meen die Sondag samel ons ‘n spesiale kollekte in vir die Sendelinge. Die “Bidding Prayers” word ook aan hulle gewei. Ja, hulle doen ondankbare werk en het meer as net ons gebede nodig.
LikeLike