As die son sak in die weste…

… is lui-aard op sy beste. So lui die spreekwoord.

So dan is ek ‘n lui-aard. 😦 Ek wonder of die een wat dié spreekwoord uitgedink het, ‘n oggendmens is?)

Oor oggend- en aandmense het ek al baie gewonder. Want sien, ek is ‘n aandmens, met ‘n oggendmens getroud. My skoonpa kon nooit verstaan dat almal nie wakker en kiertsregop sit as hy opstaan nie. Dit het ook ‘n leeftyd geneem vir my eie man om te aanvaar dat ek daarvan hou om soggens nog ‘n bietjie “in te lê”, nie dat ek dink hy hét dit al aanvaar nie. Nee, dis eerder dat hy al geleer het om eerder sy mond stil te hou!

Deesdae staan ek nou soggens ‘n bietjie vroeër op, om ‘n spesifieke rede. Eina. Dis nou net ‘n halfuur wat ek in ‘n nag te min slaap. Wat ek nooit inhaal nie. Wat my knorrig maak. Want sien, as pappa gou in die middag ‘n vinnige slapie vang, help dit nie eers dat ek probeer om dieselfde te doen nie. Ek moes al opstaan, dan slaap ek nog nie eers nie! Dan praat ek nie eers van die telefoon wat in daardie tyd 2 keer lui en die voordeurklokkie ook nog nie!

Dis hoekom ek lief is om in die oggend na my blog en facebook te staar. Want ek is “op” vir wat dit werd is, maar wakker? Nog lank nie.

Kom 4 uur vanmiddag, dan raak hierdie lui-aard aktief!! En kan nog vir ‘n hele klompie ure goed werk…. So, wanneer pappa lus raak vir afskakel, werk ek op my beste. Net soos die spreekwoord sê.

Word ons werk aan die einde van die dag vergelyk, is ek nie altyd seker of die een wat laat begin het, soveel minder uitgerig het as die ander een nie. Maar regtig, dis ‘n sleg gewoonte. Ek dink dit moet baie makliker wees om ‘n oggendmens te wees.

Wat is jy? Oggendmens of aandmens? Of geen mens?

aandtoorts

541747_119667358230206_635653171_nDankie vir Dirkie wat hierdie vir my gestuur het, na aanleiding van hierdie blog. Sy maak my dag!!

21 thoughts on “As die son sak in die weste…

  1. Ek is ‘n oggendmens en my dag is heel omgedolwe as ek nie eerstehoenderknor aan die gang kom nie. Ek kry dit selfs al reg om nie meer oor naweke en vakansies die lieftallige vroutjie wakker te raas met my gewoel nie.

    Like

  2. Beslis ‘n aandmens. Opgewekte mense vroeg in die oggend moet ver van my af wegbly. Op varsity eerder geswot tot drie uur en dan gaan slaap as vieruur opstaan om te leer. Die spreekwoord sê “The early bird catches the worm”, maar wat van die early worm?

    Like

    1. Ja, ek sal ook eerder die NAG IN WERK, as more vroeg opstaan. Maar as ek iewers moet ry, sal ek eerder die DAG IN ry. maar eintlik sal ek verkies om LATER IN DIE OGGEND te vertrek.

      Like

  3. Registreer niks in die oggend nie….. dus geen opgewekte moresê, en glimlagte nie. Was aandmens…. hoe later hoe kwater 😆 maar ek begin nou bekommerd raak; was seweuur gisteraand al in die bed, kon my oë nie oophou nie. Geen mens? 😯

    Like

  4. Ek is oggendmens deur en deur. By tye vang my binneste ‘n wobble en dan oortref ek myself met aktiwiteite in die aande, maar genadiglik gebeur daardie nie te gereeld nie.

    Dit is die stilte van die oggend wat werk vir my.

    Like

  5. EK wil nog die man ontmoet wat sy vrou se slaappatroon aanvaar en nie bloot verduur nie. Man is al ure op, en ek maak reg vir muy eerste koffie. Hy is al moeg gesit van niks.

    Like

  6. As ek in die oggend wil laatslaap, oortuig ek myself ek is mos eintlik ‘n aandmens. En as ek saans te moeg is om my oge oop te hou, dink ek dis orraait, want ek is mos eintlik ‘n oggendmens. Ek het nie so ‘n definitiewe patroon nie. Seker is ek abnormaal. 🙂 Partykeer werk ek soggens heerlik en vinnig, ander kere weer tot laat in die nag.

    Like

  7. God se sin vir humor. Daar is nie ‘n paarjie op aarde wat ooreenstem op hierdie punt nie. My probleem is ek is ‘n aand en oggendmens.

    Like

  8. ha ha – lekker nou gelag vir hierdie post en almal se comments.

    ek ook glad onder omstandighede ‘n oggendmens nie. gelukkig werk ons nou vir onsself, so ons staan later op, werk net tonne beter vir my.

    my man bietjie meer van ‘n oggendmens, maar hy het aan die begin van ons bymekaarkoms baie mooi geleer om die perky happy happy in die oggend effens te curb … 😉

    Like

  9. Aandmens. As Bessie dit net wil onthou. Kan nie indink hoekom mens al 5vm op wil wees en teen 9am het jy nog niks uitgerig nie. As ek opstaan, is ek aan die gang.

    Like

  10. ek staan graag vroeg op, selfs op naweke. en nog meer so vir my katte – hulle hou graag van ontbyt in die bed! teen tien uur in die aand wil ek graag in die bed wees. genoeg slaap is so goed vir mens, maar sonskyn ook.

    Like

Lewer kommentaar op Korrelkop Kahuna Kanselleer antwoord