Ek wys Rodney om op die bed te gaan sit, en neem langs hom plaas. “You wanted to speak to me alone?” begin ek die gesprek. “Yes miss,” hy kyk nie op nie. Ek wag vir hom om te begin praat. “Miss….. can I tell you about this,” en met “this,” wys hy na die brandmerke op sy lyf. Ek knik my kop, “You can talk to me about anything that is bothering you Rodney.”
Ek was nie voorbereid op dit wat sou volg nie. Ek glo ook nie Rodney het beplan dat die harde damwal wat hy om hom gebou het, sou kraak; en dan breek om die opgekropte emosies, en seer van jare soos ‘n vloed oor ons vry te laat nie. Hy was klein, en het op die kombuisvloer sit en speel toe sy pa, ‘n polisieman ingekom het. Hy was baie kwaad oor iets, het ‘n pot kookwater van die stoof af gegryp, en oor Rodney uitgegooi. Hy is van sy ouers af weggeneem, en in ‘n tehuis gesit waar hy nou nog bly. Hy praat oor sy lewe in die tehuis, maar nie een keer is daar ‘n verwyt oor dit wat sy pa hom as klein kind aangedoen het nie. Net oneindige hartseer oor ‘n pa van leë beloftes. ‘n Man wat bel en sê hy kom hom vir die dag haal; sy opgewondenheid, sy afwagting waar hy voor die tehuis sit en wag, en hoe later dit word die besef dat sy pa nie gaan opdaag nie. Maar altyd, altyd die hoop dat hy die volgende keer sy belofte sal waarmaak….. en dat hy eendag huistoe kan gaan.
Die rou seer in die kind se stem breek my hart uitmekaar; ek het in ‘n maalkolk van hartseer beland, waarin ek self besig is om te verdrink. Ek sluk desperaat om die trane terug te hou. Die stortvloed woorde droog op, en dit raak stil tussen ons. “Rodney,” my stem is gesmoord. Ek trek hom teen my vas en hou hom teen my bors. “O God, O God, ons verdrink in hartseer,” kreet dit hierbinne my. My stem klink vreemd terwyl ek vir hom bid, dan laat ek hom gaan. Ek het nodig om alleen te wees. “Miss,” die kind se oë is nog vol trane, “Thank you for listening to me…. nobody listens to me.”
Op die trappe draai hy na my toe terug, en sit sy arms om my lyf. “You could not hide your tears from me Miss, I saw them; thank you for caring so much.” Met die woorde draai hy om en stap weg. My eie damwal breek, met ‘n snik draai ek om en begin die trappe uithardloop. ‘n Hand keer my voor; deur my trane sien ek dit is een van die ander helpers. “Kameel,” roep sy besorgd uit, en sit haar arms om my. Rou snikke ruk my liggaam, en net daar op haar skouer huil ek my hartseer uit oor ‘n stukkende wêreld en kinders soos Rodney.
Te min mense besef die krag van net luister. Regtig te luister en regtig om te gee. Al is daar nie antwoorde of oplossings. Net luister met hulle harte.
Jy is ‘n besondere mens Kameel
LikeLike
Dankie vlooi. Die meeste van die tyd is ons hande afgekap……. maar ore wat werklik luister vra ons hart.
LikeLike
Dankie Kameel
LikeLike
Eina. Jy is ‘n sterk mens Sally. Ek sou gekraak het en die kind sou my moes troos.
LikeLike
Olga ek het gekraak…. aan die binnekant was ek aan flarde geskeur. Weet nie of ek ooit in my lewe so hard geveg het om die vloed binne my te keer nie. Presies wat jy daar sê sou gebeur het…. Jy het ook ‘n hart vir kinders nê?
LikeLike
Gits, wat ‘n hartverskeurende storie. Ek wens elke kind in nood kon ‘n grootmens soos jy ken! Kan ons jou nie kloon nie?
LikeLike
Karen, jy het my Sondagoggend gemaak deur my tone te krul van lekkerkry oor die kloon storie 😆 Lanklaas dat iets my so getickle het!!!!
LikeLike
Hehehe, ek sê jou, daar is potensiaal. Maar ook komplikasies – jy moet maar vir Ken vra wat hy sal dink as daar 20 van jou is 😉 I.e.g. sal die wêreld ‘n beter plek wees!
LikeLike
Ek dink Ken sal hasepad kies en die twintig van ons 😆 sal sy stofwolk tot in Timbuktu sien!!!
LikeLike