verslag…

Die skaalskok van die Paasnaweek is iets van die verlede!!! Want al het ek ‘n bietjie vergeet van kyk wat ek eet gedurende die Paasnaweek, was daar mos darem weer gewone dae ook! Daggies wat ek my mooi gedra het! Ja!!! 🙂

En daar was weer n naweek ook. Naweke!!!! …… is lekker goed. 🙂 Kyk, Vrydagoggend het ek my mooi gedra by die verjaarsdag en die hele, heerlike, groot wortelmuffen geëet, én onthou dat dit 4 tel. Middagete, wat ek saam met my ma en dogter gaan uiteet het, was ek net so oulik en het ‘n gerookte hoenderslaai bestel, ook ongeveer 4 of 5 punte. Die Appelstrüdel wat my dogter gemaak het, kon ook eintlik werk, so 3 punte, as ek net een sny sou neem. (Hoe moet sy nou voel as sy al die moeite doen en haar ma eet nie eers saam  nie?) En toe, vir aandete, was daar skaapribbetjie in die oond gebraai….. Ja, ja, ek verstaan hier is mense wat nie vleis eet nie en nie weet wat hulle gemis het nie, maar ek weet hier is ‘n hele paar wat hier lees, wat presies weet waarvan ek praat, dat ek geblink het tot agter my ore, en dat die punte vir die dag, selfs al het ek gaan stap en ander dae nie al my punte gebruik het nie, net te min was!!!! Dis mos darem sonde as mens so iets laat verby gaan! Of hoe? Ek het darem die groentetjies ook mooi geëet, gehoor?

Saterdag was daar ‘n ooievaarstee…. en Sondag het my skoonsus ons genooi vir skaapboud… ons het vir die poeding gesorg….. en hulle….. 😉

Die skaal was al laer as wat dit vanoggend is, maar dis heelwat laer as wat dit ná die Paasnaweek was. Ek sal my sokkies moet optrek…….

Maar ek wil meer oor die verjaarsdag vertel. Die uitnodiging het gelui dat ons nie geskenke moet bring nie,  maar geld moet gee vir Canservive. Canservive is ‘n organisasie wat op bewusmaking van kanker fokus en ook baie kankerpasiënte ondersteun. ‘n Groep kanker-oorwinnaars (meestal vroue) gaan vanjaar weer met hulle motorfietse die land deurkruis en duisende mense daardeur bereik. Twee van my vriendinne is in hierdie groep. En hulle het natuurlik fondse nodig. Baie fondse. So, as jy dalk ook belangstel om hulle finansieel te ondersteun, los vir my ‘n boodskap hieronder en ek sal die nodige inligting vir jou aanstuur.

Nou ja, sterkte vir die week!! en die naweek!! Die belangrikste van als: Laat ons GENIET wat ons doen, die lekker tye koester.  In DANKBAARHEID. Ons vriende en familie waardeer en foto’s neem van saamweesgeleenthede. Soveel dinge kan in ‘n oogwink met ons gebeur. Mag God ons beskerm.

Toorts

1 thoughts on “verslag…

  1. Daardie blink tot agter die ore 😆 kan ek sien!!
    Ek het gisteraand besef dat ek nie dankbaar genoeg is oor hierdie liggaam wat my deur die jare gedien het nie. Elke liewe sel wat getrou hulle werk doen of gedoen het, het gesorg dat ek ‘n vol lewe kon lei. Dankie Here!! En dit is goed, en reg dat ons mooi na onsself kyk 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!