Slaaptydstories…..

Maankind, en Toortsie het uit hulle slaapkamer uitgepraat.  Darem net oor lakens, en dekens en dies meer.  Toorts het ‘n paar mooi fotos opgesit, en gevra vir ‘n “kiekie” van ons beddens ook.  Lekker outydse woord “kiekie.”  Hy glip so nou en dan oor my tong, dan wil my kinders aapstuipe kry.

Ons bed, of beter nog slaapkamer het ‘n storie.  Deur die jare het ek stelselmatig elke vertrek in ons huis opgetof, of is dit nou uitgedos; maar ons slaapkamer het agterweë gebly.  Daar was nouwel nie meer ‘n “toolbox” met ‘n aangehakte gordyntjie om vir ‘n bedkassie nie; maar die kamer het maar sleg afgesteek teen die res van die huis.

Een middag lê die drie kleintjies – toe reeds in hoërskool – op ons bed en gesels.  Kenneth met sy vuil oorpak aan, kom plak homself tussen hulle neer.  Na ‘n rukkie se gesels vra hy, “Wanneer maak mamma eendag mamma se kamer mooi?”  “Die dag wanneer julle kinders van ons bed afklim, en ander geselsplek kry.”  “Dan is dit nooit,” laat hy ewe droog van hom hoor.

Ons trek stad toe.  Die kinders het die nes verlaat, en ek besluit dit is nou uiteindelik my beurt vir ‘n kamer waarvoor ek my nie hoef te skaam nie.  Maar ek het my met die klomp misgis, Ken insluitend.  Soos een man kom hulle in opstand teen ‘n bed waarop ek nie wil hê hulle moet lê nie.  Die bed word “Mamma se heilige bed,” gedoop.  Ek hou my horende doof; Heilig of te nie…. my beurt is my beurt

IMG_3793

13 thoughts on “Slaaptydstories…..

  1. Hoe lekker om wakker te word en by daai venster uit te kyk, Kameel. Ek sal mos gemesmeriseer word deur so ‘n venster by die wakkerword-slag 🙂

    Like

    1. Ek is al baie beter dankie seegogga. My man wou nie hê ek moet in my eie bed lê en herstel nie. My vir drie weke na ons jongste dogter toe gestuur 🙂 Nou weer terug by die huis, en oppad na volkome herstel.

      Like

  2. Jou heilige bed lyk pragtig, net soos jou kamer. Ja-nee, selfs elke hond kry sy dag. Natuurlik moet jy ook ‘n beurt vir ‘n mooi kamer kry.

    Like

  3. Dankie lekkerjeuk. Ek het die kamer al jare gelede reg gemaak, en hy lyk nog goed. Kan jou verseker as ek my huismense hulle sin gegee het was daardie deken by nou al gaar gekuier.

    Like

    1. Dankie Olga….. miskien is ‘heilige bed’ so ‘n stukkie sonde. Op die einde is dit tog maar net ‘n aardse ding. Sou ek my kamer weer oordoen sal ek meer leefbaar gaan…. ek het mos my beurt gehad.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s