Is Goeie Dade dan nie genoeg nie?

In die Ou Tesamentiese tyd het God van ons ‘n offer gevra as ons gesondig het. Hy het gesê dat die loon van die sonde die dood is. Die ou mense moes gedurig iets offer, gewoonlik was dit ‘n dier. Die bloed wat gevloei het, het dan as vergifnis gedien. Dan sou God besluit of Hy die offer aanvaar of nie.

Maar God het besef dat ons as mense net te sondig is. Sonder dat ons dit besef, sondig ons elke dag. Hy het besef dat ons dit net nie gaan maak nie. Ons sal nooit min genoeg sonde hê om ‘n plek in die hemel te kan kry nie. Om die ewige lewe te kan kry nie. Hy het besef dat Hy ‘n plan moes maak. En dis waar ons die liefdevolle, genadige God leer ken!

Want Hy stuur toe sy eie Seun, Jesus, God wat mens geword het om eers volwaardig mens te wees. Jesus word deur ‘n opdrag van God, deur die Heilige Gees, gebore uit ‘n maagd. Niemand het vir Maria swanger gemaak nie. Dit was ‘n opdrag van God.

Jesus het toe sy lewe op aarde geleef waarin hy ook in die laaste paar jaar wat Hy geleef het, sy volgelinge geleer het hoe om te leef.

Maar steeds het God ‘n offer gevra, want die mense was so vol sonde!! En toe offer Jesus Sy lewe op, in ons plek. Bloed het gevloei. Vir die heel laaste maal. Daarna het God nooit weer ‘n bloed-offer verwag nie. Want die Prys was Betaal.

Al wat ons moet doen, is om dit te aanvaar, dat Jesus vir MY gesterf het. Ons moet bely dat ons sonde doen, en Jesus vra om ons Verlosser te wees. Dit doen ons in die vorm van ‘n gebed: “My God, ek doen so baie sonde, so baie dinge wat verkeerd is. Ek wil dit nie meer doen nie. Vergewe asseblief vir my. Ek aanvaar, Jesus, dat U vir my gesterf het en dat ek, deur U te aanvaar, die Ewige lewe kan kry. Ek wil graag U kind wees. Amen”

En dan, as ons dit aanvaar dat Jesus vir ons gesterf het, WEET ons dat ons ‘n kind van God is. Die prys is betaal. Dan doen ons niks meer om ‘n plek in die hemel te verseker nie, ons het dit reeds. Maar uit dankbaarheid aan die Groot Offer wat Hy gebring het, doen ons goeie dinge. Die goeie dinge verseker nie vir ons ‘n plek in die hemel nie. Ons het dit reeds. Te min of te veel goeie dinge gaan ook nie ‘n verskil maak nie. Ons doen dit omdat God dit van ons verwag.

Maar EERS moet ons vir Jesus aanvaar. Sonder Hom kan ons goeie dade doen tot ons moedeloos is, dit gaan NIKS help nie.

En DIT is die GOEIE NUUS van Paasfees!! Die BESTE nuus wat bestaan!!

maakdaaikeuseToorts

One thought on “Is Goeie Dade dan nie genoeg nie?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s