Maankind vra vrae….. vreemde vrae

Kyk, hier in blogland is geen geheime nie. Hulle wil als weet, selfs vanuit jou slaapkamer!!!!! 😯

Maankind wil weet waarmee ek slaap! Wat bedoel sy? Met ‘n teddiebeer? Met pajamas aan? Met my man? !!! ‘n Mens praat mos nie uit jou slaapkamer uit nie! Gits!!

Lyk my sy wil weet of jy met lakens en komberse slaap. In my huis het ek eintlik weggedoen met bolakens en gebruik, of is veronderstel om te gebruik slegs ‘n onderlaken en ‘n duvet met ‘n mooi oortreksel. Veronderstel? Want as dit soms bedrywig raak en dit voel of ek ‘n gastehuis bedryf en ek nie mooi gaan kyk nie, het iemand my dalk verkeerd verstaan en dan kan dit gebeur dat jy op ‘n laken slaap, net onder ‘n kombers. Ekself verkies nog lakens, dankie. ‘n Bo-en onderlaken. En ‘n duvet, en ekstra komberse in die winter, en, as jy wil weet, ek slaap in jamies.

As jy by my kom kuier, kan jy verskillende dinge tref. Hou jy van ‘n lekker warm gansdors duvet en donskussings? Of kry jy hooikoors? ???????????????????????????????

O, wat van ‘n ouwêreldse lappieskombers op ‘n regte outydse koperkatel? ???????????????????????????????  Of wat van ‘n lekker warm Lesotho wolkombers? ??????????????????????????????? Of sommer net vir die lawwigheid, wat van ‘n deurmekaar, halfgehekelde kombers wat nêrens orde het of dieselfde lyk nie? ???????????????????????????????

Lekker slaap!!  Kom wys ‘n bietjie op julle blogs hoe lyk julle beddens? Hoe slaap julle? Bo of onder die komberse?

Toorts

9 thoughts on “Maankind vra vrae….. vreemde vrae

  1. Ooo, mooi prntjies. ‘n Mens kan sien julle slaap lekker met die mooi goed Wat my nou 1.36 vgm laat besef en het my onderlaken vanofggend afgetrek om te was, maar nog nie ‘n nuwe bolaken gaan soek nie…… dit bed moet nog gemaak word en ek wil nou gaan slaaap!

    Like

    1. Seegogga en Maankind. Julle 2 is regte naguile. Want ek het dit laaaat gisteraand opgesit en vanoggend toe my wekker lui, was julle al hier. Dis LEKKER!! Ek hou hiervan!

      Like

  2. Moet eers by huis kom om foto te neem. So van bed gepraat; het laasnag so met jou in my drome gespook 😯 Eers was dit ons en groen slange. Word in angs wakker… raak weer aan slaap, en toe is dit ek wat tevergeefs soek na ‘n koppie of glas om vir jou medisyne in te skink. Die glase is almal vuil, en die koppies gebreek 😦

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s