5 voor 12

Olga se bloginskrywing het my nou aangevuur tot hierdie een. Dit gaan sleg met ons land. Ons weet dit almal. Ek dink nie ek het nodig om uit te brei oor hóé sleg dit gaan nie. Jy kan maar net die radio aansit, of die TV Nuus kyk (ergste van erg), koerant oopmaak.

Ons gemeente is deel van ‘n projek wat deur ‘n ander gemeente, wie ek lankal nie meer weet wie nie, geinisieer is. 5 voor 12 bid ons vir ons land. Elke dag. Net daar waar jy is. Jy stel jou selfoon om daagliks 5 voor 12 jou daaraan te herinner. En dan bid jy vir ons land, oor dít wat God nou op jou hart lê. Is dit vir ons veiligheid? Ons misdaad? Ons oumense? Ons boere? Siekes? Armoede? Rasse-haat?

Waarvoor kan ons alles bid? Daar is soveel moontlikhede. Wat natuurlik vir myself na aan die hart lê, is:

  • Dat die Christene in ons land sal begin opstaan vir dit waarin hulle glo, dat hulle dit sal begin uitleef.
  • Dat ons leiers van formaat sal kry, leiers na wie opgesien kan word, leiers wie optree soos leiers.
  • Dat mense weer erns sal maak met die Woord van God, en dat ons, wie glo, die Goeie Nuus met ander sal deel.
  • Dat ons kinders goeie onderrig sal kry, veilig sal wees, versorg sal wees.
  • Dat ons nie ons ou mense sal vergeet nie.

Word deel van hierdie projek asseblief. Ons land het bidders nodig. Is 5 voor 12 in die middag vir jou ‘n ongemaklike tyd? Kies dan ‘n ander tyd, maar raak betrokke om daagliks doelbewus vir ons land te bid. Gebeur dit dat jy hierdie tyd tussen mense is? Nooi hulle dan om saam te bid.  (Een middag was hier ‘n man wat my met die rekenaar moes help by my toe my foon piep. Ek sê toe: “My foon sê ons moet vir ons land bid. ” “Dan bid ons maar,” sê hy.

Wat sê jy? Gaan jy deel word van die projek? Stel jou foon!!

assebliefmanToorts

14 thoughts on “5 voor 12

  1. Jy is ‘n goeie mens.

    Daar was ‘n tyd toe ‘n week se 12 ure nie genoeg was vir al die skietgebede in ‘n halwe dag nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s