verblyf, kind grootmaak, en kruie

Deur die soekenjins aangestuur:

Skielik soek baie mense die afgelope week na verblyf. Verblyf in Struisbaai, Verblyf in Bredasdorp, oral in SA. In Struisbaai begin jy mos sommer by Seegogga, maar onthou julle my lys van oulike plekke in Suid-Afrika? Dit sal lekker wees as julle dit weer ‘n bietjie aanvul!!

Hoe droog ‘n mens basiliekruid? Ek weet nie? Weet jy dalk? Vertel vir ons, toe!!

Moeilike een: Wat maak jy as iemand jou kind boelie? Jy moet jou kind probeer beskerm, maar hoe? Moet jou kind die ander een ignoreer en hoop dat sy belangstelling sal kwyn? Leer jy jou kind hoe om ‘n goeie opstopper te gee?, onthou dis gewoonlik fataal!! Gaan praat jy met sy ouers? Of praat jyself met die kind self – sê vir hom dat jy bewus is daarvan dat hy ander boelie en dat hy moet ophou? Of gaan praat jy met die skoolhoof?

Hoekom ontstel drome ons so? Ek wonder nogals of dit nie die dinge wat jy onbewus vrees, na vore bring nie? Hoe kom jy “uit” die droom in die middel van die nag? Droom jy net aan en aan en aan? Dit help vir my om die lig aan te sit, op te staan, toilet toe te gaan en water te drink. Dan is ek gewoonlik wakker genoeg om die droom te breek. Deesdae vra ek ná ‘n ontstellende droom dat God nie weer vir my hierdie droom moet gee nie. Hy is SO getrou!!

“Maklike stappe vir ouerleidingIs daar so iets? Lees soveel erkende opvoedingsboeke wat jy kan. Luister na wat ouer mense wat al deur die kind-grootmaakmeul is, sê. Moenie bang wees vir jou kind nie. JY is die ouer. JY is die verantwoordelike een. MOENIE met die storie kom van “Ek is te sag” nie, deur jou kind net te laat gaan, maak jyself vir jou probleme groot!!! Maar die meeste van alles, hê jou kinders onvoorwaardelik lief, luister na hulle, Gee aandag aan hulle, wees daar vir hulle sodat jy vir hulle ‘n veilige vesting is, Leer vir hulle van die Here, WEES VIR HULLE ‘N VOORBEELD. Wees laf saam met hulle. Beskerm hulle. Help hulle. Speel met hulle. Moedig hulle aan.  Waarsku hulle. Berei hulle voor deur slegte dinge wat met ander gebeur het, te bespreek en te leer hoe om dalk anders op te tree…, Wees konsekwent. Wys vir hulle waar die grense is. Moenie toelaat dat hulle julle as ouers teen mekaar afspeel nie! WEES LIEF VIR HULLE, WYS dit!! Maar die meeste van als: Wees LIEF vir hulle ma/pa. MAAK JOU HUWELIK WERK! Dis die grootste geskenk wat jy jou kind kan gee!

mammatoorts

Advertisements

2 thoughts on “verblyf, kind grootmaak, en kruie

  1. Ek dink drome ontstel ons baie, want ons kan van baie ding probeer weghardloop, maar nooit van jouself nie.
    Ek dink die boelie ding is ‘n groot probleem in skole. Hoe om dit op te los is seker nog ‘n groter probleem. Ek glo egter nie dis iets wat ‘n ouer moet dink gaan sommer net weggaan nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s